kategorieë: OuerskapJou lewe

Voordat jy met ’n gesin begin …

Om ’n gesin te begin is een van die grootste besluite in jou lewe – en een wat nie sommer liggies geneem moet word nie. Hier is ’n paar punte waaraan jy moet dink voor jy met ’n gesin wil begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy sal nooit finansieel gereed wees nie

Moenie wag tot jy finansieel sterk staan nie. Kinders is duur en jy sal nooit genoeg geld gespaar hê om al die uitgawes te dek wat saam met  kinders kom nie. Solank jy met ’n beginfonds wegspring, sal die geld kom; jy sal altyd ’n plan maak en alles sal uitwerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die regte redes

Waarom wil julle jul gesin uitbrei – en is dit om die regte redes? Hier is ’n paar verkeerde redes: druk van jou (skoon)ouers; groepsdruk omdat al jul vriende reeds babas het; julle wil kinders kry om ’n probleem in jul verhouding reg te stel … Dink daaroor na en vra jou af vir wie julle ’n gesin begin, en hoekom? Onthou, kinders is ’n lewenslange verantwoordelikheid, en julle moet doodseker wees dat julle om die regte redes met ‘n gesin begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak seker julle het ’n gesonde verhouding

Om kinders groot te maak is nie kinderspeletjies nie. Dis moeilike en harde werk en verg baie opofferings. Die kanse is groot dat jou verhouding met jou wederhelfte op die agtergrond geskuif gaan word en dat die verhouding in die begin sal swaarkry. Voordat julle enigsins aan kinders dink, moet julle seker wees dat jul verhouding sterk genoeg is. Vra julle af of jul verhouding (minstens) 18 jaar van ouerskap kan oorleef.

Wees op dieselfde blaadjie

Jul verhouding moenie net sterk genoeg wees nie, maar julle moet ook saamstem oor die manier waarop julle ouerskap wil aanpak, en hoe julle die kind(ers) wil grootmaak. Dit klink dalk vanselfsprekend, maar baie paartjies het nie gesprekke voor die tyd oor hoe hulle glo kinders grootgemaak moet word nie. Vra jouself en jou maat vrae soos dié: hoe sal ons ons kind straf vir stoutigheid? Watter skool moet die kind bywoon? Glo ons in “tough love”, of wil ons ’n meer sensitiewe kind grootmaak? Mag ons kind suiker eet?

Lees ook: Swanger bo 40

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.