kategorieë: InspirasieJou lewe

‘Vreemder as fiksie’: Van ongeluksvoël en kwadrupleeg tot gerekende kunstenaar

Patrick Botto van Kaapstad het as baba ’n brand oorleef, en later ’n aanval deur ’n swerm bye, ’n skietaanval én ’n motorongeluk. Hy het Maandagaand sy storie vertel in kykNET se Vreemder as fiksie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy spot self en sê hy is soos ’n kat met nege lewens, want daar is skynbaar niks wat hom finaal kan onderkry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jong polisieman is Patrick met ’n AK-47-aanvalsgeweer geskiet, maar dit het hom nie gekeer om as vingerafdrukdeskundige opgelei te word en aan verskeie sportsoorte deel te neem nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In 1993 het die noodlot nog ’n klip in Patrick se pad gerol toe hy in ’n motorongeluk in Pretoria was en sy nek gebreek het. Dit het hom ’n kwadrupleeg gelaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek het nooit besef op daai oomblik [toe die ongeluk gebeur het] dat dit so ’n groot impak op my lewe gaan hê nie,” vertel Patrick.

Patrick sê dat hy ná die ongeluk erg depressief was, maar op ’n dag besef het hy moet sy gesindheid verander.

“Ek moet ophou fokus op dinge wat ek nié kan doen nie en fokus op dit wat ek kán doen.”

Patrick het inderdaad daarna elke geleentheid aangegryp en is vandag ’n gerekende kunstenaar wat uitsonderlike skilderye met sy mond skilder.

“Aan die begin was dit net bietjie tydverdryf om uit die huis uit te kom, en ek het nie veel daarvan gemaak nie. Maar soos ek nou maar is, probeer ek alles wat ek doen na die beste van my vermoë doen,” vertel Partrick.

En vandag word van Patrick se skilderye by SCAVA (South Cape Association for Visual Arts) uitgestal. Hy is boonop ’n kranige veerpyltjie-speler.

Van die ander gaste in hierdie episode van hoop was Patrick se suster, Melody Farmer, sy oudkollega Raymond Ross, en René Scribante, voorsitter van SCAVA, wat al van Patrick se kuns uitgestal het. Kykers het ook Patrick se lewensmaat, Jodene Williams, en sy seun, Rayden, leer ken.

Die volledige episode is op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Vreemder as fiksie word op Maandae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Van regsstudent tot TV-aanklaer – Ronel Stander laat Samantha Stone vlamvat in Skemergrond

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Daardie onuitstaanbare mens by die werk, of ’n familielid wat altyd sy of haar sin…

16 hours Gelede

Keer verkoues so!

Het jy geweet jy kan met ’n pil wat by jou verkouefase pas jou verkoue…

18 hours Gelede

Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe

Lyk my agterstewe goed hierin? Maak vrede met jou sitvlak en fokus eerder op ’n…

19 hours Gelede

‘Die brug’ se Wilhrisca: “Ek het nutteloos gevoel. Asof ek nie vertrou word nie.”

kykNET se Die brug hou kykers op die punt van hul stoele met skokonthullings en onverwagse emosionele…

21 hours Gelede

Geurige tamatiesop met mozzarella

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Grondboontjiebotter-brood-en-botter-poeding

  Genoeg vir 6.   Bestanddele   10 snye witbrood 80 ml grondboontjiebotter 80 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.