Oogomlyner bo en onder by die Chanel vertoning.
Die internet het omtrent gegons oor Chanel se jongste Lente/Somer 2016 Haute Couture-vertoning in Parys. Daar word verwys na Chanel se “doll house”-vertoning omdat die modelle popmooi gelyk het en ook uit ’n lewensgrote pophuis geklim het! Dramatiese oogomlyner bo en ander die oë is gebruik. Hierdie voorkoms is vreeslik mooi, maar dalk ’n bietjie gewaagd vir die meeste van ons.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Fotograaf: Kristina Stojiljkovic; grimering: Cheryl Parker, model: Emma van Outlaws.
Hierdie voorkoms is dalk meer drabaar vir die van ons wat nie in pophuise bly en op loopplanke loop nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Op hierdie foto het ons ’n moderne kat-oog voorkoms geskep deur oogomlyner bo en onder die oog te gebruik. As jy ’n stabiele hand het en goed is met vloeibare oogomlyner, kan jy dit gebruik. Anders is ’n oogpotlood ’n veiliger opsie. Begin by die binnehoek van jou boonste ooglid en trek die lyn uitwaarts en doen dieselfde met die onderste lid. Laat die twee lyne by die buitehoeke ontmoet.
• Kyk altyd af wanneer jy jou boonste omlyner aanwend.
• Rus jou hand op ’n stabiele oppervlak.
• As jou vel nie baie ferm rondom jou oogarea is nie, lig jou wenkbrou effens met jou ander hand se vingers om die lyn stywer te trek.
• As jy ’n fout gemaak het, wag tot dit droog is, doop ’n oorstokkie in grimeerverwyderaar en begin weer.
• Moet nooit vloeibare omlyner gebruik as jy haastig is nie!
• As jy ’n kat-oog voorkoms wil skep en haastig is, kies eerder ’n potlood en smeer (smudge) dit ’n bietjie sodat dit lyk asof jy dit met opset gedoen het.
’n Mooi en natuurlike pasmaat vir die voorkoms. Vir ’n meer dramaties voorkoms kan jy effens helderder gaan, maar ons verkies natuurlike pienk skakerings.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.