kategorieë: Ons menseBekendes

Vrouemaand: rooi rose-voorbladsterre vertel wat dié maand vir hulle beteken

Bekendes soos Therese Bam, Marlee van der Merwe, Marijke Coetser en Leah vertel wat Vrouedag vir hulle beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Therese Bam, aktrise en TV-aanbieder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Ek voel al jare nie lus om Vrouedag of -maand te vier nie, want ek voel dat die vroue in ons land te erg verniel word daarvoor. Ek gebruik dus eerder die geleentheid om iets vir vroue in nood te probeer doen. Vanjaar vat ek weer hande met Huis Jabes (www.huisjabes.co.za) in ’n veldtog waar ons mense probeer aanmoedig om eerder ’n donasie (ter ere van ’n vrou wat vir hulle spesiaal is) te maak aan slagoffers van gesinsgeweld, as om dit te mors op blomme of sjokolade omdat jy voel jy moet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Dis terselfdertyd vir my ’n trots en moeilik om eerlik te wees. My hart is regtig seer oor hoe vroue en meisies steeds moet sukkel vir ’n plek in die son. Vir regte. Vir gelykheid. Wat my trots maak is om te besef wat dit verg om ’n vrou te wees noudat ek ’n ma is. Hoe belangrik ons plek in die samelewing is. Watter verantwoordelikheid ons het om die vroue om ons met liefde en respek te hanteer, en indien dit jou geval, groot te maak. Dis nie ’n klein taak nie. Dis ’n voorreg om ’n vrou te wees – met al die swaar wat daarmee gepaard gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Marijke Coetser, aktrise

Vrouedag vir my beteken dat vroue mekaar moet vier, moet ondersteun, moet komplimenteer. Jaloesie is ’n lelike ding, en wanneer ons as vroue die mooi in mekaar raaksien, beskerm dit nie net ons eie harte nie, maar ons skuif ons fokus na die mooi en positiewe uitkyk van ander vroue.

Ek is trots om ’n sterk, onafhanklike vrou te wees, wat ander vroue wil motiveer om hul drome na te jaag en hard te werk daarvoor! Ek is trots om ’n vrou en ma te wees, en wil ’n voorbeeld wees vir my dogter, om in haarself te glo, selfvertroue te hê en ander vroue te inspireer.

Marlee van der Merwe, aktrise

Ek is so trots om ’n vrou te wees en super dankbaar vir al die pionierswerk wat vroue vir geslagte voor my wêreldwyd gedoen het sodat ons as moderne vroue vandag meer vry en meer gelyk in die samelewing kan staan.  My gunsteling-aanhaling “… whatever you give a woman, she will make greater. If you give her a sperm, she will give you a baby. If you give her a house, she will give you a home. If you give her groceries, she will give you a meal. If you give her a smile, she will give you her heart. She multiplies and enlarges what is given to her……” – William Golding, Britse skrywer en digter.

Leah, sanger en TV-aanbieder

Ek verbind Vrouedag met bemagtiging en bewusmaking. Ek dink ons vroue is baie sterker as wat ons dink en ons moet onsself meer erkenning gee. Dis wel belangrik dat almal saamstaan teen GBV en daagliks herinner word dat geweld teen vroue ’n realiteit is.

Vroue moet gekoester en gevier word, mekaar ondersteun en opbou. Kan jy jouself aan ’n wêreld sonder vroue voorstel?!

Ek is trots daarop om ’n vrou te wees omdat ek dink ons het al keer op keer bewys dat ons nie onderskat moet word nie.

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.