Deur Vickie de Beer. Foto Charles Russell en Lee Schwagele
Vyeblaarkaas
Serves: Genoeg vir sowat 250g.
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 liter melk
- 2 druppeltjies vyemelk
- 1 vyeblaar
- 1 t (5 ml) vinkelsaad
- 1 t (5 ml) anyssaad
- 1 t (5 ml) sout
Instructions
- Druk 1-2 druppeltjies van die wit vyesap in die melk (die sap is vroeg soggens die maklikste verkrybaar).
- Verhit die melk in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Roer die mengsel tot dit begin kook en skif. Haal van die hitte af en geur met die speserye en sout. Laat die mengsel vir sowat 30 min. staan.
- Voer ’n sif met ’n nat kaasdoek uit en sit bo-oor ’n mengbak. Gooi die melkmengsel deur die kaasdoek en bind die doek met ’n toutjie toe. Laat hang deurnag in die yskas oor ’n bakkie waarin die wei kan drup.
- Sit die kaas met die vars oesbrood voor.
Catherine Schenck
Lees Meer
Chiffonkoek met nougatvulsel
01/11/2024
Olyf-en-ui-broodstokkies
28/10/2024