kategorieë: WenkeMode

Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Rol dit op

Soms het jou uitrusting net ’n bietjie vel nodig. Opgerolde moue kan jou voorkoms verbeter.

  • Baie langmouhemde het ’n binneknoop en lissie sodat jy  jou opgerolde moue kan vasmaak.
  • Dieselfde geld jeans. Om jou pype net ’n sentimeter bo jou enkel te rol, kan die wêreld se verskil maak. Maak seker jy rol dit nie te hoog op nie – dit moet net bo jou enkelknop eindig vir daardie slanker voorkoms.

Lees ook: Lyk ryk met min geld: ons wys jou hoe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Steek dit in

Op die noot van some, is ingesteekte hemde volgende op die lys. Die styl hang ook af van watter hemp en uitrusting jy aanhet.

  • As jy ’n knopieshemp heeltemal insteek, skep dit ’n meer “ernstige” voorkoms as net jeans en ’n T-hemp.
  • Wanneer jy jou hemde insteek, gee dit vorm aan jou middel en kan dikwels jou onderlyf langer laat lyk.
  • As jy nie een is vir insteek-hemde nie, probeer om net een gedeelte van ’n lospassende bloes in te steek – eerder aan die kant of voor sodat dit diagonaal hang.

Lees ook: Lyk vleiend in lospassende klere

3 Maak oop jou ore

Dramatiese oorringe laat koppe draai.

  • Bind jou hare op en voeg ’n paar bonkige, kleurryke oorversierings by. Dit is ’n wenner en kikker ’n eenvoudige voorkoms sonder moeite op.
  • Hou die res van jou bykomstighede minimalisties en dra die oorringe verkieslik met ’n oop, skoon neklyn.

Lees ook: 10 modedinge waarvan elke vrou moet weet voordat sy 40 word

4 Gordel vas!

In die tyd waar almal jou aanmoedig om laag-op-laag te stapel, kan ’n mens maklik so vormloos soos ’n koeldrankblikkie lyk. Heil die gordel!

  • Belê in ’n klassieke leergordel wat by die kleurpalet van jou klerekas inpas.
  • ’n Veilige breedte is 3-5 cm, anders kan dit lyk of jou gordel wegkwyn, of jou uitrusting oordonder.
  • Niks keer jou om tog te eksperimenteer nie! Gordels word deesdae oor baadjies, jasse en truie gedra om vorm te skep.

Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

5 Die Wonderserpie

Klein serpies is ’n nuwe gunsteling en hier om te bly.

  • Bind dit om jou nek, jou hare, jou pols of selfs jou handsak.
  • Dit is verbasend watter groot verskil die klein item aan jou voorkoms kan maak. Speel met kleure en patrone, want die doel van die tegniek is om aandag te trek!

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur vlei

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.