As 18-jarige het sy nie geweet wat sy wil studeer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ek het gevoel dat almal in sulke wonderlike rigtings, soos dokters en rekenmeesters, ingaan. Ek wou nie enige van daardie dinge word nie, maar het ook geen idee gehad wat anders nie. Gelukkig het my liewe ma presies geweet wat ek moes doen en my toe grimering laat studeer,” sê sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Donique het op Mosselbaai grootgeword en kan onthou hoe haar voorskoolse onderwyseres haar ma eendag by die bank gaan sien het, net om haar vriendelik in te lig (of eerder te verplig) om haar kunstige dogter vir skilderklasse in te skryf. Daar het Donique vinnig besef dat sy nie diere wil verf nie, maar gesigte.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vandag is Donique Leonard ’n uiters suksesvolle grimeerkunstenaar, bekend vir haar romantiese, tydlose en stylvolle grimeerstyl, wat daagliks wanopvattings oor die beroep uitdaag en regstel.
“Ek het, soos baie mense, hierdie vooropgestelde idee gehad dat ’n grimeerkunstenaar nie goed genoeg gaan wees of genoeg geld gaan maak nie. Min het ek geweet hoe ’n belonende werk dit in alle opsigte is.”
As mede-bestuurder, leef sy en haar beste vriendin, Bianca Terblanche hul droom by hul eie grimeerskool, Flawless Make Up Academy in Johannesburg, uit.
“Ek maak mense mooi vir ’n lewe, het ’n aandeel in mense se spesiaalste geleenthede, soos matriekafskeide, verjaarsdae, troues, en babafotosessies, die lys is lank. Ek beheer my eie skedule en ek bemagtig ander om hul passie uit te leef.”
Karlien Meiring het meer oor die dinamiese persoonlikheid agter die grimeerkwas gaan uitvind.
Ek wil so graag vir elke vrou leer om die regte grimering vir háár te doen. Alles pas nie by almal nie (en dis oukei). Die grootste grimeringsfout is om nie jou grimering aan te pas soos wat jy ouer word nie. Meer grimering beteken nie altyd beter of mooier nie.
Jy wil herkenbaar wees vir jou aanstaande man en al jou gaste. Kies iets tydloos, klassiek en stylvol. Vertrou jou grimeerkunstenaar!
Foto: Carlos Frazao Photography
Ek het te veel gunstelinge!
Onderlaag – Ek is mal oor ’n mooi, bottergladde voorkoms vir jou vel – sag en natuurlik. My gunstelingprodukte is Dior Forever, Too Faced, Catrice Camouflage of Elizabeth Arden se Flawless Finish.
Maskara – Maybelline Colossal is heel bo-aan die maskaralysie!
Lipstiffie – MAC het vir my die mooiste natuurlike skakerings. Ek glo elke lipstiffie het ook ’n mooi glans nodig en daarvoor gebruik ek Fenty se Beauty Gloss.
Foto: Carlos Frazao Photography
Daar íś genoeg werk vir almal – deel werk en ondersteun jou mede-kunstenaars. Moenie dat wanopvattings oor die beroep en die bedryf in die pad van jou drome staan nie. Luister na waarvoor jou kliënte vra. Wat is haar droomprentjie van haarself?
Ek geniet nogal neigings. Ek hou daarvan om nuwe dinge te toets en die neiging dalk bietjie aan te pas met wat reeds vir my werk. Die een neiging wat dalk maar kan verdwyn, is die een waar mense soveel blosser op hul neus sit, dat dit lyk of hul ’n sinusaanval kry. ’n Rooi neus is nie vleiend op enigiemand nie …
Volg haar en Flawless Make Up Academy op Instagram!
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Reën-sangeres en aktrise Nolene Spinks
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.