Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak het. Ingrid Jonker is só ’n figuur—’n digter wie se poësie, liefde en pyn haar nie net ’n literêre ikoon gemaak het nie, maar ook ’n simbool van menslike kompleksiteit. In die produksie Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu gee bekroonde aktrise Lizelle Pike nuwe gestalte aan dié ikoniese digter.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ingrid Jonker was baie meer as net haar woorde… Uiteindelik, na soveel dekades, gaan ons almal haar as ‘n vrou in emosionele, woordelike en menslike oorgawe leer ken: die manie en die magic,” sê Lizelle oor dié rol.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Lizelle is ’n bekende naam in die Suid-Afrikaanse teater- en filmwêreld. Ná haar dramastudies aan die Universiteit van Pretoria het sy gehore bekoor met haar vertolkings in produksies soos Equus en Agent Snoet en die Hondelewe, en in films soos Pretville en Musiek vir die Agtergrond, waarvoor sy ’n Silwerskerm-toekenning ontvang het. In 2013 het sy egter ’n moedige besluit geneem om vir ’n ruk uit die kollig te tree.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ons familie is die afgelope paar jaar deur ‘n diep dal van doodskaduwee,” vertel sy oor haar terugkeer wat sy as ‘n “nodige ontvlugting” beskou. “Ek het nodig gehad om my hartseer en rou op ’n gesonde manier te verwerk. Die teaterverhoog bied dit vir my! Dis lewensgewend, en elke keer wat ek die geleentheid kry om Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu op te tree, brand nog ’n laag seer, skoon.”
In haar regisseursdebuut neem Nadia Beukes die leisels saam met Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse in die aangrypende produksie, wat die hartroerende liefdesbriewe tussen die ikoniese Ingrid Jonker en André P. Brink na die verhoog bring. Die teks en nuwe musikale toonsettings is die werk van die bekroonde digter en skrywer Jak J. Brits. Die musikale landskap van die produksie word deur Chanie Jonker gevorm, wat as musikale regisseur en pianis optree.
Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is geïnspireer deur die gepubliseerde versameling briewe Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink (Penguin Random House).
Lizelle vertel vir Karlien Meiring meer oor wat hierdie rol vir haar beteken.
My aanvanklike vertrekpunt was om Ingrid se woorde in die teks te gebruik as padkaart en rigtingaanwyser om haar emosionele landskap te leer verstaan. Sy was so rou-eerlik en opreg oor alles wat sy ervaar en gedink het en dit het dit eintlik baie maklik gemaak om in haar kop en skoene te klim. Dit, en ook volkome myself oor te laat aan die repitisie-proses en die insig van my regisseurs.
Haar menswees – sy was ‘n dogter wat gesmag het na ‘n pa se aanvaarding en liefde; ‘n enkelma wat vir haar kind probeer sorg het, ‘n minnares wat graag liefde wou gee en ontvang, ‘n depressielyer wat graag in die lig wou bly en ‘n digter wie haar woorde wou laat saakmaak. Sy is almal van ons.
Eerstens, dat al is daar donker en “swart honde” wat jou agtervolg; haar boodskap wat sy nalaat is — kies die lig, bly in die lig; hou aan kabouters in die agtertuin soek. Sy het in die see ingeloop, maar ons hoef nie! En tweedens, dat mense vir dae, selfs weke later sal bly kou aan die nuwe toonsettings van haar gedigte in Rook en Oker wat Chanie Jonker, ons pianis en musiek regisseur, met soveel oorgawe vasvang.
Liewe lawwe Ingrid, kyk hoe mooi en blywend is jou erfenis! Dit is 60 jaar en generasies later en jy sit steeds woorde in ons monde! Dankie vir wat jy steeds aan ons siele doen en vir wat jy vir ons taal en digkuns beteken het. Jy is steeds ‘n brandende vlam in die sneeu. Ons is lief vir jou!
Ek het onlangs die geleentheid gekry om Frieda van den Heever te sien optree by ‘n huiskonsert in Johannesburg en ek was so aangedaan deur haar woorde en haar storie dat ek tans haar album, Spoorloos oor en oor op my foon en in my motor luister.
Ingrid: Vlam in die Sneeu se vertonings:
Lees ook: La Dolce Vita roep: Stanley Tucci oor sy nuwe Nat Geo-reisreeks
Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…
Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…
Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…
In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…
Deur Thinus Ferreira In ’n wêreld waarin ons almal se gejaag skynbaar onophoudelik is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.