kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Neels van Jaarsveld – oor sy nuwe leefstylprogram, Op reis met my beste vriend

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Akteur Neels van Jaarsveld sit vir die eerste keer die hoed van vervaardiger op met die nuwe kykNET leefstylprogram Op reis met my beste vriend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Saam met sy miniatuur spikkel-worshond, Lulu, wat amper net so bekend soos hy is en selfs haar eie Instagramblad, @honnelulu het, kuier hy by vriende in die vermaaklikheidsbedryf – én hul troeteldiere. Daar word onder meer gekyk na dierevriendelike-restaurante, -akkomodasie en -aktiwiteite, liefdadigheidsorganisasies wat op diere fokus en selfs ’n kunstenaar wat troeteldiere skets en roomys wat spesiaal vir honde ontwerp is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is die eerste keer wat Neels as vervaardiger by ’n reeks betrokke is met sy produksiemaatskappy, Met Eish, wat aan die stuur van sake is. Die konsep van die program is deur Hildewald Groenewald bedink. Neels is ook die reeks se regisseur, en die hoofborg is Regal Pet Health.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die bekendes wat in Op reis met my beste vriend te sien is, is die sangeres Leah en haar twee jack russells, Miggie en Lila, wat ’n paar nuwe toertjies leer, die akteur Theodore Jantjies en sy boerboel Duke wat na ’n dierevriendelik-restaurant gaan, die aktrise Reandi Grey en haar goue apporteerhonde, Benji en Nina, wat onder meer ’n gidshond beter leer ken en Francois Jacobs en Nykie Pretorius en hul Staffordshire-terriërs wat besoek aflê by ’n pandjieswinkel wat dierevriendelik is.

Dis egter nie net bekendes en hul honde wat deel van die reeks is nie. Eloïse Cupido en haar katte, Phantom en Coco Belle, besoek ’n dieresiener en kuier by ’n aannemingsentrum vir katte. Die akteur Wilhelm van der Walt en sy katte, Seymour en Freddie, word deur ’n dierekundige besoek.

Karlien Meiring het meer oor hierdie nuwe leefstylprogram by Neels gaan uitvind.

Wat het jou geïnspireer om betrokke te raak by ’n geselsprogram wat op troeteldiere gefokus is?

Ek is mal oor diere en troeteldiere. Ek vind hulle inspirerend en fassinerend. Hildewald Groenewald het die idee aan my voorgelê en dit het dadelik my aandag getrek.

Watter impak hoop jy sal die program op die troeteldierbedryf en troeteldiereienaars maak?

Die reeks gaan beslis die kyker op ’n opvoedkundige, emosionele, humoristiese en onvergeetlike reis neem. Ek hoop die program sal mense inspireer en inlig oor die fantastiese instansies, wonderlike mense en diere en liefdadigheidsheidorganisasies in ons land. Ook dat troeteldiere ongelooflik spesiaal is.

Elke dag wat ons die program geskiet het, was ’n belewenis – die mense, die diere, die plekke. Die passie, opwinding en toewyding van almal betrokke was baie inspirerend.

Hoe balanseer jy jou besige skedule met die versorging van jou miniatuur spikkel-worshond, Lulu?

Ek is gelukkig dat Ma Lydia na haar kan kyk as ek moet werk. Hulle is beslis beste vriende!

Watter raad sal jy aan iemand gee wat dit oorweeg om vir die eerste keer ’n troeteldier te kry?

Ek glo troeteldiere help mense ongelooflik baie. Om onvoorwaardelike liefde, lojaliteit, opgewondenheid en positiewe energie daagliks te ervaar, help beslis met jou geestelike en fisieke gesondheid.

Dis ongelooflik opwindend en wonderlik om ’n troeteldier te kry. ’n Mens moet maar net in ag neem dat spasie, kinders, en begroting moontlik ’n rol speel in die besluit, maar ek sal dit sterk aanbeveel.

Is daar kwessies wat verband hou met troeteldiere of dierewelsyn waaroor jy veral passievol is?

Ek ondersteun enige instansie wat hulp en ondersteuning aan diere bied. Ek is ook ’n ambassadeur vir die Cape Leopard Trust.

Op reis met my beste vriend wys Saterdae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ChatGPT, die kunsmatige intelligensie-taalmodel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.