Bestanddele
- 100 g (1 rolletjie) bokmelk- of fetakaas gekrummel
- 1 eier liggies geklop met ’n knypie sout
- 500 ml (2 k) kookolie vir diepbraai
- 2 hande vol kruieblaartjies en babablare soos roket- en slaaiblaartjies
- 1 rooi ui, fyn gekap
- ’n hand vol bessies soos frambose, moerbeie en bloubessies
- 16 stroke (velle) samoesa- of fillodeeg, in stroke gesny
Slaaisous
- 125 ml (½ k) frambose, ruweg gekap
- 5 ml (1 t) heuning
- 30 ml (2 e) framboosasyn
- 60 ml (4 e) olyfolie
- 3 cm vars gemmer, geskil en in fyn repies gesny
- knypie sout en gemaalde swartpeper
Metode
- Meng al die bestanddele in ’n bakkie. As die sous te suur is, kan jy nog ’n bietjie heuning byvoeg. Hou eenkant.
- Sny die samoesa- of fillodeeg in blokke van 10 cm x 10 cm en sit twee velle oorkruis bo-op mekaar. Hou die ander velle klam onder ’n lappie. Sit ’n teelepel vol van die kaas op die deeg. Smeer die kante met eier en draai die deeg sodat dit soos ’n bruinpapiersakkie lyk. Herhaal met die res.
- Maak intussen die olie warm – nie te warm nie (maar ook nie te koud nie!) anders sal die kaas uitsmelt. Toets of die temperatuur reg is deur ’n klein stukkie brood in die olie te braai. Die broodjie moet binne 30 sek. goudbruin braai.
- Diepbraai die bokmelkkaaspakkies in die olie tot goudbruin. Haal uit en dreineer op kombuispapier.
- Verdeel die blaartjies, gekapte ui en die bessies tussen 4 borde. Pak die bokmelk-kaaspakkies tussen die blaartjies en bessies. Gooi die slaaisous oor.
