Maak 12 klein muffins
Bestanddele
- 375 ml (1½ k) bruismeel
- 5 ml (1 t) fyn kaneel
- knypie sout
- 125 ml (½ k) hawermout
- 180 ml (¾ k) sagte bruinsuiker
- 3 ml (½ t) koeksoda
- 160 ml (2⁄3 k) karringmelk
- 1 eier, liggies geklits
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 90 ml (1⁄3 k + 2 t) sonneblomolie
- 310 ml (1¼ k) pruime, gekap
- 100 g (1 pakkie) gepelde amandels, gekap
- 250 ml (1 k) bloubessies
- vars aarbeie om mee voor te sit
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n 12 x 125 ml- (½ k) muffinpan met muffinhouers uit.
- Sif die meel, kaneel en sout. Meng die hawermout en suiker by.
- Meng die koeksoda en karringmelk en roer die eier, vanielje en olie by. Meng die mengsel by die droë bestanddele in en voeg die pruime, amandels en bessies by.
- Vul die muffinhouers tot ¾ vol en bak vir 20-25 min. of tot goudbruin en ’n toetspen skoon uitkom.
- Sit voor met aarbeie.

