kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet deur Salomé Delport. Hoofoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou hart

Dit is nie ’n mite dat ons harte van manneharte verskil nie. Die verskille is inderdaad groot genoeg dat minder van ons reg gediagnoseer en korrek behandel word, en meer van ons weens hartoperasies sterf.

Die verskille begin by grootte: Ons harte weeg minder: 230 g – 290 g, teenoor 280 g – 340 g by mans. ’n Groot manshart is dus tot 50% groter as ’n klein vrouehart. Mans se hartslagare is sowat 10% groter as ons s’n, terwyl ons hartkleppe sagter en buigsamer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is selfs een hartsiekte wat net vroue tref: peripartum kardiomiopatie, ’n vorm van hartvergroting wat vroue in die laaste maand van swangerskap en die eerste ses maande ná die bevalling kan tref.

Lees ook: Wat jy moet weet oor swangerskappe bo 40

Selfs as dit by hartoperasies kom, sterf ons makliker as mans. Onlangse navorsing van die Emory Mediese Skool in Atlanta wys dat meer as drie (3,4%) uit elke honderd vroue binne ’n jaar ná ’n hartoperasie sterf, teenoor net een man (1,1%). ’n Duitse ondersoek onder mense bo vyftig wys dieselfde: 8,2% van vroue sterf ná ’n hartoperasie, teenoor 4,7% van mans. Dit kom neer op ’n sterftesyfer van twee tot drie keer meer. Al beteken dit dat net een of twee meer vroue sterf, sterf meer.

En daarom, sê dr. Jane Moses, kardioloog van die Universiteit Stellenbosch/Tygerberg-hospitaal, is dit hoog tyd dat ons vroue ons harte beter verstaan. “Vroue loop al dieselfde risiko’s as mans plús ’n paar ekstra risiko’s. Ons ken nie ons tekens van hartsiektes nie en gaan daarom nie betyds dokter toe nie.”

Hoe beter jy jou hart verstaan hoe makliker kan jy seker maak dinge verloop reg vir hom. (Of is dit haar?)

Lees ook: Hoe gereeld moet ek my bloeddruk meet?

Ons hartaanvalle kan anders lyk

“Vir ’n man is die simptome vir ’n hartaanval tipies ’n oorweldigende, drukkende, erge pyn in sy borskas. Dit kom skielik en hy weet dadelik iets ernstigs is fout.

“Hoewel dit vir baie vroue presies soos vir mans voel, is daar ’n beduidende aantal vroue wat ’n ‘pynlose’ hartaanval beleef. Jy sal eerder taamlik skielik moeg voel en kortasem wees, of erg begin sweet, met dalk net ligte pyn in jou kakebeen of dalk oor jou borskas.”

Dit is baie algemene simptome. Geen wonder nie baie van ons dink ons is “maar net” oormoeg of sweterig weens hitte of ’n menopousale gloed. Daarom dink ons ons sal beter voel as ons ’n bietjie gaan rus. Intussen is ons onbewus in die middel van ’n massiewe hartaanval, waaraan ons kan sterf as ons nie dadelik hulp kry nie.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

Hoe weet jy dis ’n hartaanval?

“Vra jouself af of die simptome skielik gekom het. Daarby sal jy weet iets is verkeerd. Vertrou jou aanvoeling. Moenie die simptome probeer regverdig nie. Gaan liewer dadelik dokter toe en laat ’n kenner daaroor besluit.”

Sal dit help as jy jou polsslag neem? Klop jou pols flouer terwyl jy so ’n hartaanval beleef?

“Nee, jou pols sal niks verklap wat ’n leek kan opspoor nie. Selfs ’n EKG sal maar net minimale veranderings wys.”

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Twee tipiese hartprobleme by vroue

Net soos jy dosyne soorte kankers kry, is die term “hartsiekte” ’n versamelnaam vir ’n aantal harttoestande. Twee van hierdie toestande is moeiliker om te diagnoseer – en albei kom meer algemeen by vroue voor.

Die eerste een word mikrovaskulêre hartsiekte of mikro-angiopatie genoem.

Dr. Moses verduidelik dat die klassieke hartaanval deur ’n groot blokkasie in die hartslagare veroorsaak word.

“Ons kan dit maklik met ’n EKG optel. Ons sien hierdie groot blokkasies baie meer dikwels by mans, en inderdaad ook by die meeste vroue met ’n hartprobleem. Maar by vroue met mikro-angiopatie soek ons verniet daarna – en dit is waarom ons die hartaanval kan miskyk. Hierdie vroue het eerder skade aan die kleiner are rondom die hart – vandaar die naam. ‘Mikro’ beteken klein, ‘vaskulêre’ dui op die are van die hart, ‘angio’ dui op aartjies en ‘patie’ op siekte.

“Dit ontwikkel veral as jou bloeddruk en bloedsuiker jare lank hoog bly. Dit lyk asof die binnekant van die aarwande beskadig is sodat te min suurstofryke bloed na die hartspier gedra word. Sonder suurstof beskadig die hartspier en so verswak dit. Daarom ervaar hierdie vroue eerder hartversaking as ’n intense hartaanval, met simptome soos erge moegheid. Daarby kan dokters nie veel hieraan doen nie. Waar ons by mense met ’n groot blokkasie in die kroonslagaar ’n stent kan insit, kan ons nie die hele netwerk van kleiner are herstel nie. Al wat jy kan doen, is om jou risiko’s vir diabetes en hoë bloeddruk baie goed onder beheer te hou.”

Lees ook: 3 eiermites wat jy nie moet glo nie

Ons vroue se tweede tipiese hartkwaal is wat genoem word gebroke hartsindroom.

Ja, dit bestaan en ons is meer vatbaar hiervoor as mans. Die mediese naam daarvoor is stres-geïnduseerde kardiomiopatie.

Vermoedelik veroorsaak adrenalien, die hormoon wat in groot hoeveelhede uitgeskei word wanneer ons onder stres is, akute skade aan die hartspier, eerder as dat ’n duidelik opspoorbare blokkasie en hartaanval veroorsaak.

Die groot risiko aan hierdie harttoestand is verkeerde diagnose. Tipies sal jy ná ’n baie ontstellende gebeurtenis, soos ’n egskeiding, dood van ’n geliefde, of ’n erg stresvolle ervaring by die werk, of weens geweld, dokter toe gaan met erge pyn oor die borskas en/of die gevoel dat iets ernstig skort en jy regtig baie sleg voel. Die ooglopende diagnose is angs, stres of depressie, waaraan jy waarskynlik ook ly. ’n Harttoestand word te dikwels nie oorweeg nie – en nie behandel nie.

“As jy ná ’n baie stresvolle gebeurtenis erge pyn op die bors het, of erg kortasem is, vra vir ’n hartondersoek, want jy kan meer hê as depressie of angs.

“Die goeie nuus is dat dit omkeerbaar is. By die meeste van ons herstel die hart meestal vanself wanneer ons ons emosionele ewewig herwin.”

Lees ook: Hoekom jy sonskyn en vitamien D nodig het

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Ons leefstylrisiko’s lyk anders

Buiten dat ons hartsiektes anders presenteer, doen ons ander dinge as mans, wat ons risiko’s om ander redes opstoot as wat vir mans geld, soos:

Lees ook: Is diabetes dalk jou voorland?

Mans gebruik nie die Pil nie

Die Pil en die plakker verhoog ons risiko op hoër bloeddruk, bloedklonte en beroerte. Gelukkig begin die risiko eers ná tien jaar styg. ’n Dekade of so op die Pil is heeltemal veilig. Ons het in elk geval veiliger opsies, want voorbehoeding soos die intra-uteriene toestelle en die O-ring wat hormone lokaal en direk in die baarmoeder aflewer, het byna geen uitwerking op jou hart nie.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor voorbehoedmiddels

Ons rook meer

Ons het nie statistiek oor hoeveel Suid-Afrikaanse vroue rook nie maar aangesien mondkankers nou net so gereeld onder wit en bruin vroue as onder mans in ons land voorkom, lei ons af dat ewe veel mans en vroue rook – ’n sterk toename van twintig, dertig jaar gelede toe baie minder vroue as mans gerook het.

“Rook verswak jou hartare én stoot jou bloeddruk op, en verhoog jou kans op hartsiektes werklik baie.”

Lees ook: Druk nou daai sigaret dood

Rook en die Pil saam is veral gevaarlik

“Navorsing wys dat die kombinasie van die twee baie gevaarliker is as enige een alleen. Die risiko is so groot dat dit wyd aanbeveel word dat vroue bo 35 wat rook maar liewer die Pil moet los.”

Ons kry chemo vir borskanker

“Een van die newe-effekte van sekere chemoterapieë vir borskanker is ’n hoër risiko op hartversaking. Gelukkig verdwyn die risiko op verdere verswakking ná die terapie gestaak is maar by ’n aantal vroue is die hartspier permanent aangetas.”

Ons vergeet ons beskermende estrogeen daal

Voor die menopouse is ons danksy ons estrogeen beter as mans teen hartsiektes beskerm. Namate ons estrogeen ná veertig afneem en heeltemal verdwyn ná vyftig, sestig, verloor ons al hierdie beskerming. Die ding is dat ons dit gewoond is en dus vergeet dat ons ná sestig dieselfde risiko’s as mans loop.

Ons is oorgewig

“In ons land is 70% van vroue van oorgewig tot vetsugtig, terwyl net 39% van mans oorgewig is. Jare se bevolkingsopnames wys dat mense wat oorgewig is meer geneig is om ’n hartaanval te kry.”

Lees ook: Waarvoor wag jy? Dis tyd om weer fiks te raak!

Ken jy jou syfers?

As jy hierdie ses onder beheer het, vaar jy uitstekend

  • Jou bloeddruk is 120/80 of laer
  • Jou LDL, HDL en totale cholesterol is onder 5, bo 1,2 en onder 3
  • Jou tri-gliseriede is onder 1,7
  • Jou bloedsuiker is onder 5,5.
  • Wat as hulle te hoog is? Die oplossings is eenvoudig: die regte kos, ’n halfuur se oefening elke dag en medikasie as dit nie werk nie.

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Tekens vir vroue

Die sleutelteken is “skielik”.

Gaan na ’n noodeenheid as jy binne ure:

  • Oneindig moeg is
  • Kortasem is
  • Duiselig voel
  • Sweet
  • Pyn in jou kakebeen of oor jou borskas het

Hoë bloeddruk, bloedsuiker gevaarliker vir jou

’n Vrou met hoë bloeddruk se kans op ’n hartaanval is groter as vir ’n man met hoë bloeddruk.

Jou kans op ’n hartaanval as jy ’n diabeet is, of lank hoë bloedsuiker het, is vier tot vyf keer groter as ’n man s’n.

Lees ook: Die 10 beste dieetkosse vir jou

Bron: American Heart Association

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.