Paul Roos Gimnasium bring ekstra flair na Garden Town 2022

Oktobermaand is alom bekend as een van die mooiste maande in Stellenbosch. Blomme bloei, die lug is kraakvars, die weer is matig en almal is opgewonde oor ‘n sonnige somer en feesseisoen wat wink. Dit is ook die maand waarin Visit Stellenbosch Garden Town aanbied – ‘n viering en tentoonstelling van die dorp en omliggende areas se mooiste publieke- en privaattuine. ‘n Ware fees vir die sintuie. Paul Roos Gimnasium het besluit om tot die feestelikhede by te dra deur ‘n spesiale program in aansluiting tot Garden Town aan te bied. Paul Roos Gimnasium en hul leerders is trotse lede van die wyer Stellenbosch gemeenskap en sien uit om sy hekke vir die gemeeenskap oop te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Besoekers kan uitsien om topklas wyne by die ‘Paul Roos Wine Emporium’ sowel as ander drankies by ‘Polla se Pitstop’ te geniet. Die AFGRI Stellenbosch Lentefees offer ook heerlike kosse deur plaaslike restaurante, deli-eienaars en populêre kostrokkies. Alle wyne by die Paul Roos Wine Emporium is vervaardig deur wynmakers vanuit die Paul Roos gemeenskap (oudleerders en ouers).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

PRG is net so opgewonde oor sy aksiebelaaide vermaaklikheidsprogram vir die jongspan. Die C2M Kiddies Garden (vir kinders onder die ouderdom van 12) spog met ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite, ‘n Lollos konsert, ’n boekhoek en kindervriendelike stalletjies met alles wat lekker is vir die jongspan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die skool werk ook saam met IS Art Gallery in die aanbieding van die ABSA-PRG Kunstuin en -koffiewinkel. Die werke van plaaslike beeldhouers, installasie- en landskapkunstenaars sal in die sorgvuldig saamgestelde spasie by Markötter Sportkompleks uitgestal en te koop aangebied word. Die Rupert Museum ondersteun Paul Roos met die aanbied van ‘n uitreikprojek wat op kunssinnige jeugdiges gemik is. Die kreatiewe werke van die jeug sal as dekor in die ABSA-PRG koffiewinkel geïnkorporeer word. ‘n Beperkte aantal kaartjies sal aan die publiek beskikbaar gestel word vir die offisiële onthulling van die ABSA-PRG Kunstuin op Vrydag, 21 Oktober. Besoekers aan die AFGRI Stellenbosch Lentefees sal eksklusiewe toegang tot die ABSA-PRG Kunstuin op Saterdag, 22 Oktober geniet. Die uitstalling en koffiewinkel is vanaf Sondag, 23 Oktober tot Sondag, 30 Oktober (vir die durasie van Garden Town) teen geen koste, oop vir die publiek.

In aanvulling tot die bogenoemde, bied PRG spesiale werkswinkels en praatjies tussen Vrydag, 21 Oktober en Saterdag, 29 Oktober aan. Titelborg AFGRI bied twee spesiale geleenthede op Vrydag, 28 Oktober en Saterdag, 29 Oktober aan. Op Vrydag kan Stellenbosse inwoners en besoekers uitsien na ‘Koppie Tee Fontein’ – ‘n oggend saam met musikant en TV-aanbieder Jak de Priester en eienaar van Carmién Rooibos tee, Carmen Niehaus. Op hierdie oggend gesels Jak en Carmen oor die gesondheidsvoordele van tee en deel Carmen resepte vir tee-geïnspireerde drankies en gebak. Jak de Priester sal ook by dié geleentheid optree. Op Saterdag, 29 Oktober bied AFGRI ‘n spesiale dag vir die familie aan. John Deere trekkers, voertuie en implimente sal ten toongestel word, en jongmense met ‘n belangstelling in beroepe binne die landbousektor kan kom gesels met kundiges rondom kwessies wat die toekoms van volhoubare landbou aanraak.

Jak de Priester
Carmen Niehaus

Ondersteunende borg C2M Chartered Accountants bied in samewerking met Paul Roos Gimnasium die volgende spoggeleenthede aan:

  • High Tea met Dr Darren Green: “Die groen lig tot multi-dimensionele welstand”.
  • Die kuns van Bonsai: ‘n Demonstrasie deur Boland Bonsai Kai, ‘n uitstalling en verkope deur Bonsai Tree.
  • “Pelgrimstogte, natuur en geestelike gesondheid”: ‘n Aand saam met reisigers en skrywers Erns Gründling en Lindie Stander.
  • “Fermentasie saam met Kombukarious Kombucha”: Hoe om kimchi te maak (die sessie sluit ‘n heerlike gin en Kombucha proesessie saam met Muti Gin in).
  • “Eko-drukwerk”: Die fassinerende praktyk van eko-drukwerk (van begin tot einde) – die ontwerp en maak van jou eie katoenserp saam met Natasha Minyon Sale

Dr Darren Green
Erns Grundling
Lindie Stander
Natasha Minyon Sale

Alle winste word aan die “Borg-‘n-Paul-Rooser” fonds geallokeer. Die fonds bied skoolfondsondersteuning aan behoeftige leerders. Op dié wyse verseker Paul Roos leerders se toegang tot top-gehalte opvoeding en die nodige voorbereiding tot lewe in die volwasse wêreld.

Alle kaartjies is vanaf 23 September op Quicket beskikbaar.

Diegene wat belangstel om hul produkte by die AFGRI Stellenbosch Lentefees te verkoop kan kontak maak met Luna Paige by media@paulroos.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

9 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

12 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

14 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

16 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 day Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.