kategorieë: Bekendes

Die naweek en Maandagoggend se grootste nuus

Die tennisster met 23 Grand Slam-titels, Serena Williams, het op 1 September geboorte geskenk aan haar eersteling. Serena en haar verloofde Alexis Ohanian (die mede-stigter van Reddit) het die geslag van die babatjie stilgehou, maar dit is die naweek onthul dat hulle ’n dogtertjie ryker is. Die baba se naam is nog nie onthul nie en daar is nog geen foto’s beskikbaar nie. Alhoewel Serena die res van die jaar op kraamverlof sal wees, hoop sy om teen volgende jaar weer aan toernooie deel te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy dalk Serena se Ooievaarstee in Augustus gemis? Die tema was 1950’s en haar vriendinne het met oorgawe by die voorkoms gehou.

Nog ’n tennisspeler wat hierdie naweek ’n dogtertjie ryker geword het, is Novak Djokovic. Sy vrou, Jelena, het geboorte aan hul tweede kind, Tara, geskenk. Hul oudste kind is ’n seuntjie genaamd Stefan. Alhoewel Djokovic nie op kraamverlof is nie, het hy hierdie jaar heelwat toernooie uitgesit as gevolg van ’n elmboogbesering, maar beoog om ook weer in 2018 deel te neem.

Verlede week was vol huldeblyke aan Prinses Diana wat 20 jaar gelede oorlede is na ’n noodlottige ongeluk in Parys op 31 Augustus 1997. Die koninklike gesin het aan verskeie gedenkseremonies en besoeke deelgeneem om Diana se lewe te vier en haar nalatenskap te bevorder.

Die Britse koninklike gesin het wel vrolike nuus om aan te kondig aangesien daar sopas onthul is dat Prinses Kate swanger is met haar en kroonprins William se derde kind.

’n Persverklaring is ook uitgereik wat noem dat alhoewel Kate gesond is, ly sy aan Hyperemesis Gravidarum (’n toestand tydens swangerskap wat soortgelyke maar meer ernstige simptome, komplikasies en gevolge toon as blote oggendnaarheid) en ontvang tans mediese aandag van die dokters by die Kensington Paleis. Sy het dieselfde toestand ondervind met haar vorige twee swangerskappe.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.