kategorieë: TrendsMode

Wat het ons gedink? 10 trends wat ons laat kopkrap

Wat het ons gedink? 10 trends wat ons laat kopkrap deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Platform-plakkies

Ons enkels bewe skoon net deur daaraan te dink. Platform-plakkies het in die negentigerjare kop uitgesteek. Sommige noem dit die somer-Spice Girl-skoene, maar min van ons kan daardie kenmerkende klap-klap-geluid van ’n plakkie verdra en met hierdie styl is die geluid drie keer harder!

Lees ook: Watter Spice Girl is jy?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ugg-stewels

Britney Spears het dit graag saam met kortbroekies gedra en Paris Hilton saam met haar fluweelsweetpak, maar kan jy die koue gevoel onthou as daardie snoesige skoen in ’n waterplas beland? Ugg-stewels was ’n groot treffer op sy tyd, maar vandag moet hierdie styl liefs by pajama-drag bly.

Lees ook: 7 items wat jy nou moet koop

Piepklein sonbrille

Hierdie sonbrilletjie-styl het onlangs weer sy verskyning gemaak, maar dit was gelukkig van korte duur. Die modewêreld lê vandag meer klem op funksioneel as vorige jare – ’n piepklein sonbril sal dalk jou irisse beskerm, maar die sensitiewe vel onder jou oog bly steeds in gevaar. Ons stel voor dat jy in ’n bril belê wat by jou gesigvorm pas en jou oë ordentlik teen bloulig sowel as sonlig beskerm.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

Plastiekstewels

Die Kardashian-Jenner familie het grotendeels hierdie skoen aan die publiek bekendgestel. Wat hulle nie gewys het nie, is hoedat die stewel na ’n paar tree begin opwasem nie. Plastiek laat geen ruimte vir ventilasie nie en liggaamshitte word vinnig teen die rante gekondenseer wat ongemak en blase veroorsaak. Dan begin ons wonder of Kim Kardashian nie dalk ’n paar ekstra plakkies in haar handsak wegsteek vir as die kamera afgeskakel word nie.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond


Sweetpakke met hakke

Ons probeer steeds agter die kap van die byl kom oor hoe hierdie trend ontstaan het, maar hakskoene is selfs vandag nog ’n gewilde skoen om saam met ’n gemaklike sweetpak te dra. Hoewel die mode jou vrye teuels gee om styl volgens jou persoonlikheid en smaak aan te pas, is ’n stylvolle tekkie meer gepas saam met jou sweetpak, én ook baie gemakliker!

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans – ons wys jou hoe


Buis-toppies

Ons praat van daardie toppies wat lyk of ’n lap om jou geknoop is. Bekendes soos Jennifer Aniston en Eva Longoria het dit laat lyk of dit werk saam met ’n baadjie en denim, maar die waarheid is dat hierdie styl geen ondersteuning bied nie. Boonop is ’n horisontale neklyn in die meeste gevalle nie vleiend nie. ’n Dun bloesie met ’n V-neklyn is ’n beter keuse vir jou figuur en laat jou postuur ook beter vertoon.

Lees ook: Lyk ryk met minder geld – ons deel ’n paar geheime


Koekeloertoutjies (die whale tail)

Was jy ook skuldig aan die koekeloer-toutjietrend? Toemaar, jy was verseker nie die enigste een nie! Hoewel ons baie verlig is dat dit nie meer algemeen is om jou g-string by jou broek te laat uitsteek nie, kan dit sorg vir snaakse lank-lank-gelede-grappies.

Lees ook: Die eenstuk – ’n item vir elke seisoen

Uitspattige valle en pofskouers

Statige, skerp skouerkussings is weer terug op die modeplanke, maar wie kan ooit daardie rokke met die opgepofde moue en spaanse valle van jou matriekafskeid vergeet. Vandag beskou ons nie die opgepofde styl meer as elegant soos die Renaissance invloed van destyds nie. Talle televisiereekse soos Hunter met aktrise Stepfanie Kramer (Dee Dee McCall) was daardie tyd ’n groot invloed met hul skerphoekige baadjies en ’n oorgrootte bloes.

Lees ook: Ons is nou gaande oor hierdie oefenklere

Rubber armbande

Rubberbandjies het aanvanklik as dun plastiekbandjies bestaan, ook bekend as “zombiebande”, maar later het hierdie trend in alle style en groottes ontwikkel – hoe meer jy om jou pols kon opstapel, hoe beter. Die trend het veral in 2000 vlamgevat toe Avril Lavigne-treffers op elke CD-speler gespeel het. Sommige arms was selfs kunstig versier met spesifieke kleurkombinasies of patrone.

Lees ook: 6 Marie Kondo-pakwenke wat jy nou moet probeer

Hakskoentekkies

Tekkies is al ’n geruime tyd nie meer beperk tot atletiekdrag nie. Deesdae dra ons dit saam met rokke, denims en selfs pakke. Kort voor lank het die tekkie-trend die perke van die modewêreld getoets deur ’n hakskoen-tekkie bekend te stel – ’n styl soos ’n sport-tekkie, maar wat met ’n effense wighak gelig is. Sommige het hierdie styl die beste van twee wêrelde gedoop, maar ander het ’n bietjie kopgekrap oor hoe om dit te dra. Hoewel hierdie skoen sy oomblik in die kollig geniet het, stel ons voor dat jy eerder by die een (wighakskoen) óf die ander (tekkie) hou.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.