kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Wat is jou geldstyl?

1 Ek kry uit die bloute R250 000, my eerste impuls is om

a Vermy enige besluite tot ek minder oorweldig voel.
b Sit die geld dadelik in ’n afsonderlike rekening sodat dit nie “verdwyn” nie.
c Ondersoek maniere om die geld te belê sodat ek die beste opbrengs kry.
d Bestee dit aan goed wat ek wil hê en geskenke vir ander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 My primêre finansiële doelwit is

a Onduidelik vir my.
b Om genoeg geld te spaar sodat ek my nie oor my oudag hoef te bekommer nie.
c Om so gou moontlik, so veel moontlik te maak.
d Om genoeg te hê sodat ek kan koop net wat ek wil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Wat my begroting betref

a Ek het nie ’n begroting nie en sal nie weet waar om te begin nie. Ek hoop die geld na sal hulself omsien.
b Ek is trots dat ek my begroting nougeset volg.
c Ek bestee tyd daaraan om uit te werk hoe ek meer geld kan hê om te bestee en te spaar.
d Begroting? Nooit! Die woord laat my klaar rebels voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Wat besteding betref

a Ek hoop ek het genoeg geld vir onbeplande uitgawes.
b Ek spaar eerder my geld. Dit maak my senuweeagtig as ek dit uitgee.
c Ek hou daarvan om geld uit te gee, solank ek geld verdien en kan spaar sodat my geld kan groei.
d Dis vir my heerlik om geld uit te gee en ek bestee meer as wat ek verdien.

5 Spaar

a Ek weet ek behoort te spaar, maar ek kom net nie so ver nie.
b Dis vir my lekker om te spaar en dink gereeld hoe ek meer kan spaar.
c Dis vir my tweede natuur om te spaar. Ek spaar gereeld en konsekwent.
d Dis vir my moeilik om te spaar en dit pla my soms.

6 Kredietkaarte

a Ek is baie keer verras oor hoeveel ek skuld, veral as die bedrag vir laat betalings bygevoeg word.
b Ek vermy eerder kredietkaarte en verkies debietkaarte en kontant.
c Ek gee nie om om groot bedrae op my kredietkaart te sit nie solank ek dit vinnig afbetaal.
d Ek gebruik my kredietkaarte gereeld en betaal aan die einde van die maand meestal net die minimumbedrag.

7 In ’n noodgeval

a Ek weet nie of ek genoeg spaargeld het nie en hoop op die beste.
b Ek het genoeg gespaar vir byna alle noodgevalle, maar hoop dat ek dit nooit hoef te bestee nie.
c Ek het heelwat opsygesit vir noodgevalle, maar ek is nie seker dat dit genoeg is nie.
d Ek het nie genoeg geld oor om vir noodgevalle te spaar nie.

8 As ek iets wil koop wat buite my begroting is

a Begroting? Alles sal wel uitwerk.
b Ek sal hard moet dink voor ek myself toestemming sal gee om die geld uit te gee.
c As dit belangrik genoeg is, sal ek my portefeulje aanpas. Andersins sal ek daarvan vergeet.
d Ek sal dit koop, of ek dit kan bekostig of nie.

9 Ek sal in hierdie omstandighede om ’n lening aansoek doen

a Ek weet nie.
b Net in ’n ernstige noodgeval. Ek hoop nie ek hoef ooit geld te leen nie.
c Om in ’n onderneming te belê wat ’n goeie opbrengs verseker.
d Om met vakansie te gaan, of iets te koop.

10 Ek bekommer my oor geld

a Slegs wanneer ek ’n finansiële krisis het.
b Heeltyd. Dis die ding waaroor ek die meeste tob.
c Soms, maar ek doen alles om seker te maak dat ek genoeg het.
d Moet ek bekommerd wees? Nee wat, ek geniet net om dit te bestee.

11 As as ek dink aan beplanning vir my toekoms

a Ek kan net hoop dat die toekoms vir homself sal sorg.
b Ek voel redelik gerus omdat ek deur die jare gespaar het.
c Omdat ek beplan om oorge-noeg geld te hê, sal die toekoms waarskynlik reg wees.
d Ek is redelik bekommerd, want dit was baie moeilik om iets te spaar.

12 As ek R15 miljoen in ’n lotery wen, sal my eerste reaksie wees om

a Ek sal nie weet hoe om dit te hanteer nie.
b Verlig te voel dat ek nou finansieel veilig is.
c Aan maniere te dink hoe ek die geld verder kan laat groei en vir my plesier kan gebruik.
d Om histeries opgewonde te wees oor die vooruitsig dat ek van nou af alles kan koop wat my hart begeer.

13 Belasting

a Ek is altyd verstom oor hoeveel belasting ek moet betaal
b Ek spaar vroegtydig vir belasting en vul my vorms lank voor die tyd in.
c Ek is trots as ek met goeie beplanning minder belasting betaal, hoewel my inkomste gestyg het.
d Dis altyd ’n geskarrel om my vorms in te vul en genoeg geld te kry om dit te betaal.

14 My finansiële verslae

a Ek is nie sekere watter verslae ek moet hou nie.
b Ek hou my finansies noukeurig dop.
c Ek hou daarvan om deur my vorige state te gaan en te sien hoeveel geld ek het.
d Ek hou nou en dan ’n verslag.

Wat is jou uitslag?

Niemand het gewoonlik net een geldstyl nie. Hier is vier geldstyle wat jou ’n goeie idee sal gee van hoe jy en jou geliefde se ingesteldheid ten opsigte van geld verskil. Noudat jy duidelikheid oor jou eie styl het, kan jy ook sien hoe om dit te verbeter.

Meeste a’s: Kop in die sand

As jy nie verantwoordelikheid vir jou geldsake wil aanvaar nie, sal jy gedurig laat wees met betalings en op die laaste oomblik skarrel om jou belasting in te vul. Jy begroot ook nie, spaar nie eintlik nie, en hou geen finansiële rekord nie. Omdat jy nie aandag aan jou beleggings gee nie (as jy het), weet jy nooit hoeveel geld jy het, of hoeveel jy skuld nie.

Hoekom probeer jy jou geldsake ignoreer? Dalk voel jy ontoereikend en oorweldig geldsake jou. In ernstige gevalle voel mense selfs angstig en amper verlam as dit by hul geldsake kom. Die meeste ignoreerders voel dat hulle nie genoeg weet nie, en dat die ingewikkeldhede en detail van geldsake hulle intimideer.

Meeste b’s: Spaarder

Jy hou van geld spaar en jou gelddoelwitte kry voorrang. Jy het waarskynlik ’n begroting en jy hou daarvan om die begroting op te stel en gereeld aan te pas. Dis waarskynlik vir jou moeilik om geld op jouself en geliefdes uit te gee, asook vir weelderige of selfs praktiese items. Sulke aankope kan vir jou ligsinnig voorkom. Jy kan geld vir vakansies, vermaak en klere as onnodig beskou. As jy geld belê, dink jy nie aan beskikbaarheid nie, maar eerder aan sekuriteit vir jou oudag.

Meeste c’s: Opgaarder

Jy is op jou gelukkigste as jy groot hoeveelhede geld tot jou beskikking het om te spaar, bestee en belê. Jy voel “leeg” en sonder doel as jy nie besig is om iets met jou geld te doen nie. Jy is geneig om mense (en jou eie) se waarde en hul mag aan hul geld te meet. ’n Gebrek aan geld kan tot gevoelens van depressie en mislukking lei. Jy hou waarskynlik daarvan om jou eie besluite oor jou geld te neem, maar as jy gedurig bekommerd is oor jou geld, kan dit bevrydend wees om ’n betroubare adviseur aan te stel.

Meeste d’s: Spandeerder

Jy hou daarvan om jouself en ander te bederf. Die probleem is dat jy waarskynlik sukkel om te spaar en op die langtermynprioriteite in jou lewe te fokus. Jy beplan nie genoeg vir jou
toekoms en groot aankope nie. Jy bestee elke maand waar-skynlik die meeste van jou geld en het dalk selfs skuld. As jou inkomste nie genoeg is om jou uitgawes te dek nie, sal jy nuwe strategieë moet kry om meer geld te maak.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.