kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat jy moet weet oor homeopatie en depressie

Wat jy moet weet oor homeopatie en depressie deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/ temmuzcan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op ’n manier is depressie soos griep. Vroeër of later vang dit ons almal.

Gewoonlik trek ons die Prozac nader maar wat van homeopatie? Kan dit help? Régtig help?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dr. Tswaikie Pieterse is die enigste dokter in die land wat volledig as psigiater en as homeopaat geregistreer is.

Dit was ’n lang pad, vertel sy. “Ek het eers as dokter gekwalifiseer en gewerk; toe as homeopaat gekwalifiseer en gewerk, en toe aan Kovsies as psigiater gekwalifiseer en gewerk. Ek gebruik net so maklik gewone psigiatriese middels as homeopatiese middels.”

Met so ’n unieke opleiding en spektrum van ondervinding is sy vir seker die regte dokter om vyf reguit vrae hieroor te antwoord.

Lees ook: Kry so hulp vir depressie

1. Hoe werk homeopatie, in tien sinne?

“Ek wil net eers iets verduidelik omtrent homeopatie en gewone geneeskunde: hulle verskil hemelsbreed maar tog vul hulle mekaar uitstekend aan. Ek gebruik en vertrou albei in my praktyk. Vir my gaan dit oor die beste passing tussen die mens hier voor my en die middels tot my beskikking, wat van gewone konvensionele medikasie tot die geskikste remedie insluit. Vir toestande soos beroerte, delirium en epilepsie is gewone medikasie byna altyd die beste. Soms skryf ek ’n konvensionele medikasie saam met ’n homeopatiese remedie voor omdat homeopatie so goed saam met gewone medikasie werk.

“Terug by jou vraag: dit is onmoontlik om so ’n groot veld soos homeopatie in net ’n paar woorde op te som. Maar kan ek dit vir jou in vyftien sinne verduidelik?

“Geneeskunde is gegrond op logika: Ons soek die oorsaak, wat een van verskeie kan wees. Dan behandel ons dit met ’n ‘anti’-pil, soos ’n antidepressant of ’n antibiotika – iets wat daarteen werk.

“Homeopatie fokus daarop om sáám met jou liggaam te werk, volgens die beginsel van ‘dieselfde genees dieselfde’.

Die tweede vertrekpunt is dat elke persoon sy siekte op sy eie manier openbaar en probeer genees. So wys jou liggaam vir jou watter taktiek dit as die beste beskou om die probleem op te los. Homeopatie ondersteun hom daarmee. Daarom, as jou siekte jou oë laat traan, gebruik jy ’n remedie wat ook jou oë laat traan.

“Verder sien homeopatie die mens nie net as ’n fisieke liggaam nie maar as ’n veel-dimensionele wese wat ook ’n emosionele, intellektuele en spirituele dimensie het – saam word dit jou konstitusie genoem.

“Gesondheid gaan oor harmonie tussen al drie. Daarom behandel jy uit ’n homeopatiese oogpunt nie net die liggaam nie maar al die dimensies saam, soos dit in jou as individu presenteer.

Homeopatie vra nie net wát jy makeer nie maar ook wié jy is en hóé jy jou ongesteldheid ervaar. Jou wil om te genees tel ook. Dink daaraan as terapie designed for you.

“Die vierde beginsel is dat ons met energie werk, en nie met die konkrete bestanddele soos in medisyne nie. Medisyne soos ons dit uit ’n wetenskaplike oogpunt ken, is dubbel so sterk as dit twee keer meer van die aktiewe bestanddeel bevat. Homeopatiese remedies werk op die teenoorgestelde beginsel: die aktiewe bestanddeel (gewoonlik ’n plant of mineraal) word verdun deur dit in water op te skud. Die skudproses skep ’n potency, waarin die energie van die oorspronklike bestanddeel vasgevang word. Met elke skudproses/verdunning intensiveer die energie en raak die remedie ooreenkomstig sterker. Dit is hierdie energie wat aan jou oorgedra word as jy die remedie gebruik – en nie die bestanddeel self nie.”

2. Is dit nie maar net psigosomaties nie?

Die remedie is dus uiters verdun – en daarom klink hierdie teorie bra dun? Werk remedies nie maar net psigosomaties nie? Met ander woorde, jy glo dat jy gesond sal word en word dus gesond? Of dalk werk dit omdat jou liggaam homself ook kan herstel, met ’n bietjie tyd?

“Nee, juis nie. Babas en kleintjies is nie vatbaar vir suggestie, (die beginsel agter psigosomatiese genesing) en die plasebo-effek nie, maar reageer tog uitstekend en dikwels onmiddellik op remedies. Ons verstaan nie wetenskaplik hóé dit werk nie maar ons sién dat dit werk.”

3. Gestel ek kom met my depressie na jou toe: wat gebeur in jou spreekkamer?

“Ek neem ’n gewone mediese geskiedenis, soos enige psigiater, en sal wil weet watter simptome jy het, hoe lank jy al depressief voel, of iets gebeur het wat die depressie kon gesneller het, hoe jy slaap en eet, en sal uitvra oor stres in jou lewe. Ek vra uit na fisieke simptome, soos pyn, hartkloppings, tekens van angs soos bewerigheid en sweterigheid, drank- en dwelmgebruik, en oor kommerwekkende voorvalle wat jy beleef, soos floutes, vergeetagtigheid en so aan.

“Ek sal ook bykomende dinge vra, soos wat jou beter en slegter laat voel, watter kosvoorkeure jy het, en watter tyd van die dag vir jou die slegte en die beste is. Ek gaan ook na jou temperament oplet en wil spesifiek hoor van al daardie strange, rare and peculiar simptome wat jy openbaar, soos ’n skielike soutlus of koulikheid. Jy moet my vertel presies hóé jou depressie vir jou voel: is jy gejaag, heeltyd huilerig, moeg, kwaad, vol selfverwyt, oorweldig daardeur, angstig, gespanne, sonder hoop, rusteloos, sukkel jy om te konsentreer, en so aan. So identifiseer ek jou konstitusie en die soort depressie wat tipies daarmee saamgaan.

“En dan besluit ek, saam met jou, op die konvensionele roete, die homeopatiese roete of ’n kombinasieroete.”

4. Hoe lank duur dit voor ’n mens beter voel?

“Dit hang van so baie faktore af. As jy baie jare reeds op ’n anti-depressant is, of as jy jare lank onbehandel gebly het, is jou liggaam ‘gewoond’ daaraan en gekondisioneer om daarmee saam te werk. Dit kan jou dan baie lank neem om by ’n remedie aan te pas.

“Party mense reageer regtig baie gou – selfs binne dae, of ’n week of twee. Party mense genees. Ander het die remedie net van tyd tot tyd nodig, terwyl sommige dit permanent gebruik – net soos met gewone antidepressante.”

5. Kan jy jouself dokter?

Homeopatiese middels is immers sonder voorskrif beskikbaar?

“Jy kan probeer. Tog is dit ’n kuns en verg dit regtig taamlik baie ondervinding en kennis – en selfkennis, as jy jouself wil behandel – om tussen al die soorte remedies te kies. Daarby moet jy die potensie kies wat by die graad van jou depressie pas. Ek dink jy is veiliger in die hande van ’n goeie homeopaat.”

5 soorte depressie en ’n remedie vir elk

Gemaskerde depressie

Die hoofkenmerk van hierdie depressie is ’n onvermoë om uiting te gee aan jou depressie, soos om te huil. Jy bou ’n emosionele muur om jou en steek jou emosies weg. Daarom praat ons van ’n “gemaskerde” depressie. Dit is ’n chroniese, dikwels lewenslange depressie. Wanneer jy depressief of siek voel, onttrek jy en wil jy liewer uitgelos word. Jy is tipies ernstig. Baie keer gaan dit gepaard met ’n liefde of lus vir sout. Jy voel tipies bang en koud. Oorweeg nat mur.

Diep depressie met selfverwyt en skuldgevoel

Jy is tipies ’n waardige, konserwatiewe mens wat altyd die regte ding doen en lyk asof jy alles onder beheer het. Jy neem jou verantwoordelikhede en werk baie ernstig op. Jy is uiters krities op jouself, en as jy voel jy misluk, glo jy dit is jou skuld. Jy is vol selfverwyt. Die persepsie van mislukking maak jou geïrriteerd, kwaad en aggressief, wat mettertyd in ’n diep, swaar depressie met erge moegheid oorskakel. Niks verlig hierdie vreugdeloosheid nie. Jy koester moontlik selfmoordgedagtes maar sal dit nie sommer deel nie. Hierdie depressie tas dikwels die hart aan. Oorweeg aurum met.

Depressie met gevoelens van isolasie

Mense met hierdie soort depressie ervaar ’n aaklige, oorweldigende gevoel van isolasie en eensaamheid. Jy voel alleen in ’n onvriendelike wêreld – onveilig, onbelangrik en onbenullig. Jy voel tipies ontsettend moeg en so oorweldig dat jy nie die krag het om jouself te help nie. Selfs klein dingetjies is een te veel vir jou. Jy wil eintlik net tuis bly en opkrul, daar waar jy veilig voel. Oorweeg calcarea carb.

Depressie met sterk emosies

Mense met hierdie depressie gee tipies sterk emosionele uiting aan hul depressie. Jy huil, soms amper histeries, en/of het uitbarstings. Jy rou openlik en sal verwys na ’n verlange of hunkering. Mense met hierdie vorm van depressie is dikwels kunssinnig en/of diep romanties. Oorweeg ignatia.

Depressie met gevoelens van nie in beheer wees nie

Jy is ’n tipiese perfeksionis. Jy voel gejaag. Jy wil in beheer van jou lewe voel. Daarsonder raak jy depressief en angstig. Jy is ook ’n kommerkous wat die ergste verwag. Jy is oorspanne, met klomp klein kwellings oor jou gesondheid. Jy voel slegter wanneer dit koud is en beter sodra jy warm aangetrek is. Oorweeg argent nit.

Onthou

Raadpleeg altyd jou dokter voordat jy selfmedikeer.

Lees ook: Is jou ouer depressief?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.