Wat jy moet weet oor osteoartritis in troeteldiere

Hoewel osteoartritis en gewrigsprobleme grotendeels as ’n probleem by ouer diere beskou word, is daar ʼn geraamde 20% van honde wat jonger as een jaar oud is, wat ook aan gewrigsprobleme ly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eienaars sien in die algemeen nie die tekens van gewrigsprobleme raak totdat daar reeds permanente skade is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Honde sukkel gewoonlik met hul heupe, elmboë, knieë, polsbeentjie en die kraakbeenskyf tussen twee aangrensende werwels. Katte sukkel gewoonlik met die gewrigte in hul elmboë, heupe en kraakbeenskyf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Risikofaktore vir die ontwikkeling van osteoartritis in honde en katte sluit in:

Ouderdom

ʼn Beraamde 65% in honde tussen vyf en tien jaar oud word geraak en meer as 61% van katte wat ouer as ses jaar is.

Ras

Met ʼn voorkoms van tot 77,1%volbloedhonde teenoor 22,7% in kruisings.

Ras

Geskatte rasvoorkoms (%)

Goue apporteerhond (Golden retriever)

7.74

Labrador

6.13

Rottweiler

5.43

Duitse Herdershond

4.93

Skotse skaaphond

4.52

Engelse Springer-spanjoel

3.36

Springer-spanjoel

3.26

Bokser

2.89

Kruisings

2.60

Westelike Hoogland-terriër

2.54

Kavalier King Charles-spanjoel

2.42

Staffordshire-bulterriër

2.22

Yorkshire-terriër

1.23

Sniphond (cocker spaniel)

0.54

Jack Russell

0.39

Die fisieke grootte van ʼn hond kan ook veroorsaak dat meer druk op gewrigte geplaas word. Klein- en middelslaggrootte honde is egter meer geneig tot knieskyfontwrigting.

Vetsug plaas ekstra druk op die gewrigte.

Ander risikofaktore sluit in trauma, gewrigsoperasies, intense oefening tydens die ontwikkelingsfase (in honde jonger as 18 maande), en speletjies waar die hond skielik van rigting moet verander.

Eienaars moet let op die volgende tekens van moontlike osteoartritis in hul troeteldiere (honde en katte):

Styfheid van gewrigte of sukkel om op te staan, veral sodra die dier wakker word.

Afname in aktiwiteit – hulle speel minder of slaap meer.

Sukkel om in of uit die motor te klim of trappe op of af te klim.

Sukkel om te spring of maak kleiner spronge.

Styfheid ná hulle gestap of gespeel het.

Loop mank of beleef ongemak en pyn wanneer hulle lê of beweeg.

ʼn Verandering in toiletgewoontes.

Katte kan hul pyn maklik wegsteek en die katvoogde kan soms nie dadelik die simptome raaksien nie.

Gesonde gewrig

Gewrig met osteoartritis

Met enige gewrigsprobleem is dit noodsaaklik dat ingryping so vinnig as moontlik gebeur. Daar is klinies bewys dat hoëgehalteaanvullings wat chondro-beskermers soos glukosamien, chondroïtiensulfaat en gehidroliseerde kollageen bevat, die vordering van osteoartritis kan verlangsaam, help om kraakbeen te herbou en pyn te verlig. In die algemeen hou veeartse en veeartswinkels produkte wat aan mediese standaarde voldoen, aan.

Vra jou veearts vir raad oor behandeling of verwysing na ʼn dierefisioterapeut vir rehabilitasie.

Besoek www.ascendisvet.com vir meer inligting.

Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.