kategorieë: DieetGesondheid

Wat jy nou moet weet oor suikerplaasvervangers

Wat jy nou moet weet oor suikerplaasvervangers  deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat jy nou moet weet oor suikerplaasvervangers

Banting en soortgelyke diëte is vir suikertande ’n bitter pil.

Maar dankie tog  vir soet-sonder-sonde suikerplaasvervangers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar nou sê ’n Israeliese navorser, dr. Jotham Suez en sy span van die Weissman-instituut in Israel, hulle is te goed om waar te wees.

Die span het die dermflora van 400 mense ondersoek wat daagliks suikervervangers gebruik om vas te stel wat suikerplaasvervangers aan die mikroflora in jou dermkanaal doen.

Lees ook: Dis hoekom jy nou dadelik suiker moet sny

Die resultaat?

Drie verrassings:

1. Jou dermflora is anders

Mense op suikerplaasvervangers het ’n ander samestelling van dermflora as mense wat dit nie gebruik nie.

2. En só lyk die samestelling

Nóg verrassender: dié samestelling is identies aan dié van mense wat baie oorgewig is.

Gebruikers het ook hoër vastende bloedglukosevlakke gehad en groter glukose-intoleransie. Met ander woorde hul bloedsuikervlakke dui op vroeë diabetes.

Lees ook: 41 ander woorde vir suiker waarvan jy nou moet weet

3. En só lyk bloedsuikervlakke

3 In hul volgende ondersoek het hulle sewe mense wat nooit suikerplaasvervangers gebruik nie, op ’n week lange dieet met ’n hoë persentasie suikerplaasvervangers gesit.

Ná net vier dae het vier van die mense se bloedglukosevlakke gestyg pleks van gedaal en was die samestelling van hul dermflora reeds soos dié van oorgewig mense en diabete.

Suez verduidelik in Nature dat jou dermflora in twee groepe verdeel kan word: die bakteroidete en firmiekiete. Oorgewig mense het tipies meer firmikiete en minder bakteroidete as skraal mense. Firmikiete verander die manier waarop jou liggaam energie verbrand en help vermoedelik oorgewig aan.

In ooreenstemming met die teorie dat oorgewig en firmikitiese dermflora mekaar aanhelp, glo die span suikerplaasvervangers het presies dieselfde uitwerking op die dermflora as suiker en dra net soos suiker tot die oorgewig-epidemie by.

Wat beteken dit vir jou?

As diabetes en/of oorgewig in jou gene loop, is dit wys om jou suikertand te trek en suiker én suikerplaasvervangers te beperk tot daar meer klaarheid is.

Lees ook: 10 terme wat almal moet keen oor diabetes, insulienweerstandigheid en bloedsuiker

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.