kategorieë: VelsorgSkoonheid

Justine vier hul 50ste verjaardag: ’n Goue oomblik vir Suid-Afrika

Dis die era wat vroue van oordadige grimering om hul mans te beïndruk wegbeweeg het, en ’n duidelik voorkeur vir ’n natuurlike voorkoms en organiese produkte begin wys het. Teenverouderingsprodukte het ook in gewildheid gegroei. Die mark is met ’n wye verskeidenheid opsies vir vroue met verskillende veltipes en skoonheidsbehoeftes oorval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ten spyte van die geweldige opbloei van skoonheidsprodukte, was daar een jong beroepsvrou wat steeds nie die regte produkte vir haar behoeftes kon vind nie. Veronica Devine, ’n verkoopsbestuurder van ’n skoonheidsmaatskappy wat tot niet gegaan het, het gedroom daarvan om ’n skoonheids- en velsorgmaatskappy van stapel te stuur wat eg Suid-Afrikaanse produkte (van wêreldgehalte en steeds bekostigbaar) vervaardig. Haar visie, wat aanklank by die jare sewentig gevind het, was om vroue te bemagtig om groter finansiële onafhanklikheid en persoonlike ontwikkeling te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is in ’n naam?

Devine het hande gevat met Paul Symes, ’n beginselvaste skoonheidschemikus, en saam het hulle ’n maatskappy begin wat hierdie land met sy ongelooflike en gerespekteerde suksesverhaal trots gemaak het.

Symes wou die maatskappy “Veronica”, ter herdenking aan Devine as die stigter noem, maar sy het geweier. Sy het verkies dat die maatskappy eerder “Justine” genoem moet word – dit na die skrywer Lawrence Durrel se Alexandria-kwartet waarvan moderne liefde die hooftema is.

Justine het die afgelope 50 jaar ’n trots Suid-Afrikaanse skoonheidsfenomeen geword wat vir hul skoonheids- en velsorgskeppings vereer is. Justine het ’n respekteerde naam geraak, bekend daarvoor dat hulle vroue se lewe deur entrepreneursgeleenthede verander en gevorm het. Hulle het verder geliefd geword vir hul toewyding tot die stryd teen borskanker, en het plaaslike gemeenskappe so opgehef.

Justine se geskiedenis

Nadat Justine se weefselolie van stapel gestuur is, het hulle hul op die volgende groot skoonheidsuitdaging begin toespits. Dit was vir hulle belangrik om die mees vooraanstaande wetenskap te gebruik om uitstaande produkte van natuurlike bestanddele te maak. Dieselfde beginsels het hulle gebruik om A-firm, ’n bekende reeks teenverouderingsprodukte, te skep.

Vandag is Justine ‘n omvattende skoonheidsmaatskappy met ‘n portefeulje wat van skoonheidsorg, teenveroudering en grimering tot reukwater en skoonheidsmiddels insluit. Hul bekende handelsname soos Carpe Diem, Tabasheer en Fortigrain het groot aanhang geniet.

Vroue wat wen

Devine se filosofie was: “In besigheid moet almal wen.” Haar geweldig verbintenis tot die persoonlike ontwikkeling van vroue wat na finansiële onafhanklikheid reik, het tot Justine se unieke sakemodel aanleiding gegee. Die model lewer tot vandag toe goeie resultate.

In 2022 het Justine hul heel eerste kleinhandelswinkel, wat heeltemal deur konsultante bedryf is, in Polokwane se Mall of the North oopgemaak. Die nuwe winkel is deel van ’n nuwe reeks winkels wat Justine landswyd wil oopmaak in ’n poging om vroue met geleenthede te bemagtig om ten volle ekonomiese voordeel te trek uit die skoonheids-, persoonlike sorg en skoonheidsproduktemarkte.

Die winkel word deur Keku Legodi besit. Sy is ’n Justine-raadgewer wat sedert 1997 Justine-produkte verkoop. Aanvanklik was hierdie iets wat sy saam met haar voltydse werk gedoen het. Haar onderneming het sukses behaal sodat sy ’n Justine-raadgewer geword het en in 2011 by haar werk by die bank bedank het. Sy het nog nie vir een oomblik teruggekyk nie.

Wat beoog Justine vir die volgende 50 jaar?

As die grootste eg-Suid-Afrikaanse skoonheidsnaam sal Justine voortgaan om ’n sleutelrol in die ekonomie te speel deur  …

… vroue te bemagtig – 50 000 raadgewers sal Justine-produkte versprei.

… vroue in die wetenskappe te bevorder deur hulle deel van die ontwikkeling van Justine se produkte te maak.

… plaaslike werkgewers aan te stel. Justine word plaaslik deur kontrakteurs, wat slegs rou bestanddele gebruik, vervaardig.

… in die plaaslike gemeenskap te belê deur hul betrokkenheid by die Thuthukisa-stigting wat op vroeë kinderontwikkeling toegespits is.

Justine se storie en reis behoort gevier te word. Dit gaan daaroor om eg Suid-Afrikaans te wees terwyl dit vroue bemagtig en gemeenskappe ontwikkel deur die vermenging van wetenskap en natuur om in skoonheids- en velsorgbehoeftes van skoonheidsaanhangers om die land heen te voorsien.

Lees ook: Justine se slaapterapiereeks behoort deel van jou skoonheidsroetine uit te maak

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.