kategorieë: Dra dit soMode

10 mode-dinge wat jy voor 40 moet hê en weet

10 mode-dinge wat jy voor 40 moet hê en weet deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Die perfekte leerbaadjie

’n Egte leerbaadjie is nie goedkoop nie, maar iets wat jy baie jare lank sal gebruik.

#rrWenk: Kies ’n klassieke snit wat nie te veel ritssluiters en detail het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 ’n Goeie tas

Al reis jy nie noodwendig baie nie, weet ’n mens nooit wanneer ’n geleentheid gaan opduik om jou tasse te pak en die land of die wêreld te verken nie. Selfs as jy net vir ’n naweek wegbreek, wil jy nie swaar dra nie – dit is makliker om die tas te sleep. Boonop sal ’n tas met ’n sterk raamwerk alles binne-in beter beskerm.

3 Die beleggingstuk

’n Mens voel so lekker wanneer jy lank vir iets gespaar het en uiteindelik kan jy daardie begeerlike horlosie of kledingstuk gaan koop; iets wat jou gelukkig maak elke keer wanneer jy daarna kyk. En wie weet, dis dalk iets wat jou kinders ook eendag gaan dra …

4 Die klein swart nommertjie

Swart sal altyd jou nommereenkeuse vir enige geleentheid wees. Om Karl Lagerfeld aan te haal: “One is never over-dressed or under-dressed with a Little Black Dress.”

#rrWenk: Indien jy nie van rokke hou nie, sorg dat daar ’n netjiese swart broek en bloes in jou kas hang.

5 Onthou altyd hierdie aanhaling

“Modestukke kan jy koop, maar styl is iets wat jou eie is. Die sleutel tot ’n stylvolle voorkoms is nie te koop nie – dit is ’n geleidelike proses wat jare neem om te ontwikkel. Daar is geen kortpad of riglyne daarvoor nie. Jy moet jou self kan uitdruk maar die heel belangrikste is jou ingesteldheid en jou houding.” —Iris Apfel

6 Die beursie wat wérk

Dit is nou die tyd om in ’n goeie beursie te belê en nie meer bang te wees dat jy dit by ’n sosiale geleentheid sal verloor nie.

#rrWenk: ’n Netjiese beursie kan ook saans as ’n oulike palmsakkie dien.

7 ’n Soldatejas wat netjies pas

Ons is gaande oor ’n goeie soldatejas. Dit is perfek vir die tussen-seisoene wanneer dit nog nie koud genoeg vir ’n woljas of winter-parka is nie. Die soldatejas gee net daardie ekstra laag hitte sonder om te bonkig wees.  

8 Gepunte hakskoene

’n Klerekas is nie volledig sonder klassieke hakskoene nie. Dit is een van die veelsydigste items wat ’n mens kan besit omdat dit enige uitrusting afrond. Boonop sal dit nooit uit die mode gaan nie, dus is dit slim om in ’n duursame styl te belê.

You can never take too much care over the choice of your shoes. Too many women think that they are unimportant, but the real proof of an elegant woman is what is on her feet.” —Christian Dior

9 Maksirok met blommotief

Vir informeler geleenthede, soos ’n troue, koffie-afsprake, verjaarsdae en ’n babatee is ’n maksirok jou staatmaker.

#rrWenk: Blomme vrolik ’n voorkoms mooi op in die somer, maar kan ook saam met ’n leerbaadjie en stewels gedra word in die winter.

10 Voel soos ’n 10/10

Dit wat jy koop, hang van jou smaak, jou styl, persoonlikheid en leefstyl af. Dit kan wissel van ’n rok, ’n eenvoudige hemp of ’n paar wonderlike skoene. Waarop jy ook al besluit, maak seker hierdie item gee jou selfvertroue ’n hupstoot sodra jy dit aantrek.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.