kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat verklap jou ringvinger oor jou?

Wat verklap jou ringvinger? deur Salomé Delport. Hooffoto: Corryne Wooten vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou vingerlengtes kan allerlei dinge verklap, soos hoe maklik jy kwaad word, of jy aan koop op die Internet verslaaf sal raak, en of jy gek is na Facebook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit kan selfs voorspel of jy oor ‘n talent vir syfers en sport beskik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk na jou ring- en wysvingers …

Kyk net wat wys navorsing oor die lengte van hierdie twee vingers!

Jy is ‘n mense-mens

Kyk weer na jou ring- en wysvinger. As jou wysvinger langer is as jou ringvinger is sosiale interaksie vir jou baie belangrik. Jy is empaties, wys talle ondersoeke.

Koershou is jou talent

Mense met ‘n langer ringvinger hou beter koers as mense met ‘n korter ringvinger, wys ‘n ondersoek onder 41 vroue- en 41 manstudente van UCLA.

Baie meer mans as vroue het ‘n langer ringvinger. Dus? Mans is meer koersvas as vroue. (Ons gee toe dis soms waar … maar nie altyd nie!)

Jy is logies en georganiseerd

‘n Langer ringvinger beteken beslis dat jou kop meer logies werk. Onder 174 Japanse studente is bevind dat dié met langer ringvingers ‘n hoër sistemiese kwosiënt het (meer geneig is om logies en onemosioneel te dink en werk) terwyl dié met ‘n langer wysvinger ‘n hoër empatiese kwosiënt het (meegevoel vir ander oorheers logika van keuses).

Jy kan sê mense met langer ringvingers is van Mars, terwyl mense met ringvingers wat net so lank of korter is as hul wysvingers van Venus af is.

Jy is slimmer – en as jy ‘n vrou is, is tale én wiskunde jou ding

‘n Artikel in die Britse Journal of Psychology het gewys seuns én dogters met langer ringvingers het gemiddeld beter SAT-punte gekry vir syferaanleg as dié met korter ringvingers, terwyl die dogters met langer ringvingers ook in verbale afdeling beter gevaar het.

Jy het ‘n goue vinger

As jy ‘n langer ringvinger het, is die kans goed dat jy beter verdien en/of ‘n meer senior posisie het as jou vriendinne met korter ringvingers. So wys een ondersoek waarin mans en vroue van 29 lande vergelyk is.

In die lande waar meer vroue langer ringvingers gehad het, soos Noorweë en Swede, was daar baie meer vroulike parlementariërs en werkende vroue as in lande waar vroue kort ringvingers het. Die lande in die ondersoek het al die Europese lande ingesluit, ook die VSA, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Brasilië.

Mans is ‘n tweede Brad Pitt

Mans met langer ringvingers as wysvingers laat glo ook ons harte vinniger klop, want ‘n lang ringvinger is sowaar ook ‘n maatstaf van manlike aantreklikheid. ‘n Langer ringvinger impliseer dat ‘n man tydens swangerskap aan meer testosteroon blootgestel was en dus ‘n hoekiger, manliker gesig én ‘n langer ringvinger het.

Meer in dieselfde lyn: ‘n ondersoek wat in die tydskrif Andrology verskyn het, het onder ‘n groep van 144 mans bevind dat mans met ‘n langer ringvinger ook ‘n langer penis het.

En vroue hou van hulle

Is hierdie langvingermans gaaf? Blykbaar – of ten minste maak hulle hul belangstelling in vroue duideliker. In nog ‘n ondersoek onder studente waar vroue moes aandui of hulle interaksie met mans aangenaam of moeilik was, het dit geblyk dat mans met ‘n langer ringvinger tot 30% meer kere uitgereik het na vroue en kontak probeer maak het. Vroue het hulle dus as gaaf ervaar.

Hulle is vrugbaar ook

Jou Adonis met die lang ringvinger is nie net aantrekliker en meer geneë teenoor jou nie: hy is ook meer vrugbaar, wat jou kans groter maak om swanger te raak. In die BBC  Internetondersoek onder 153 000 mense is gevind dat mans met ‘n korter ringvinger kleiner gesinne het en/of probleme met vrugbaarheid het, terwyl vroue met ‘n korter ringvinger meer kinders het en/of nie vrugbaarheidsprobleme het nie.

Selfs met sport vaar die lang ringvingers beter

Ondersoeke wys dat die toppresteerders in van rugby tot sokker, langafstandwedlope, roei, basketbal en selfs ski meer dikwels ‘n langer ringvinger het. Dr. John Manning, wat hierdie aspek ondersoek het, beveel selfs aan dat mense vir sportspanne gekies moet word op grond van die lengte van hul ringvingers.

Maar …

Soos die grappie sê, het elke goue rand ‘n donker wolkie – kanker, om een te noem. In ‘n metavergelyking van 19 ondersoeke het gewys dat ‘n langer ringvinger gekoppel word aan prostaatkanker, dermkankers en breinkanker, terwyl ‘n korter ringvinger gekoppel word aan borskanker en servikale displasie. Mense met ‘n langer ringvinger het ook borskanker en breinkanker op ‘n vroeër ouderdom ontwikkel.

Gelukkig het die mense met langer ringvingers ook ‘n groter kans om goed te reageer op hormoongebaseerde kankerbehandeling, soos testosteroonblokkers vir prostaatkanker en estrogeenblokkers by borskanker.

Menstruasie kom later

Die puberteit van dogters met langer ringvingers begin later en hulle ontwikkel ook meer geleidelik. Dit beteken nie dat hulle mínder vrugbaar sal wees nie.

Internetmisbruik is ‘n risiko

Heeldag op facebook? Koop jy jou bankrot op die Internet? Dis dalk nie jou ál jou vingers wat té flink oor die sleutelbord hardloop nie – net jou wysvinger se skuld.

‘n Ondersoek van die Universiteit van Ulm in Duitsland wys vroue met ‘n korter ringvinger is gek na sosiale interaksie – wat facebook hulle bied. Mans met ‘n langer ringvinger is meer geneig om “verslaaf” te raak aan die meer opwindende donker kant van die Internet – dobbel, pornografie en speletjies.

Moenie sukkel met mense met ‘n lang ringvinger nie!

Aangesien ‘n langer ringvinger aan meer testosteroon gekoppel word, sal so ‘n maat ook meer aggressief wees? Waarskynlik, wys die ondersoeke. Dit geld vroue met langer ringvingers ook. In een ondersoek waar vroue telefonies uitgelok is, het dié met langer ringvingers gouer hul humeur verloor.

Leierskap nié outomaties ingesluit nie

Beteken aggressie ook sterker leierseienskappe? Nee, blykbaar nie. Al word ‘n langer ringvinger aan meer aggressiewe gedrag gekoppel, hou dit nie verband met sosiale dominansie nie. Dit maak sin, want in ons ontwikkelde gemeenskap tel brute krag nie meer soveel soos goeie oordeel en die vermoeë om strategies te dink nie.

Hoe verklaar jy dit?

Daar is ‘n baie eenvoudige verduideliking vir al hierdie bevindings: blootstelling aan testosteroon tydens swangerskap.

Wetenskaplikes het al van die 1800’s af aangeteken dat mans en vroue se hande tipies verskil ten opsigte van die lengte van hul wys- en ringvingers. By mans is die wysvinger tipies korter as die ringvinger, terwyl die wysvinger by vroue langer is of dieselfde lengte as die ringvinger het. Kortom, mans het lang  ringvingers en vroue het langer wysvingers, of ring- en wysvingers wat ewe lank is.

In 1998 het dr. John Manning, ‘n Britse evolusiebioloog, vasgestel dat mans met langer ringvingers ook hoër bloedvlakke van testosteroon en laer estrogeenvlakke het. Gou het hulle gesien dat dit selfs babas geld, waaruit afgelei is dat die lengte van die ringvinger aandui aan hoeveel testosteroon en estrogeen ‘n baba tydens swangerskap blootgestel is. Navorsing het later bewys dat testosteroon verantwoordelik is vir beengroei en spierontwikkeling. Daarom is mans langer en sterker as vroue – en het hulle tipies ‘n langer ringvinger.

Aangesien dit onmoontlik is om op groot skaal te meet aan hoeveel testosteroon ‘n baba in die baarmoeder blootgestel is, het die lengte van jou ringvinger ‘n baie goeie plaasvervangende indikator daarvan geword.

Al bogenoemde bevindings bevestig dat testosteroon nie net ‘n biologiese effek het nie – meer spiere, groter krag en ‘n groter skelet – maar dat dit ook die ontwikkeling van die brein en selfs ons psigiese ontwikkeling en sosiale strukture baie wyer beïnvloed as wat ons verwag het.

En tog is jou ringvinger se lengte nie profeties nie. Talle doodnormale mense wat slim, ryk, mooi en gesond is, het kort ringvingers. Die rede? ‘n Hele aantal faktore kan daarop inspeel, soos vroeë geboorte, of jou ma gerook het, of ondergewig was terwyl sy swanger was, en of jou ma met die hulp van vrugbaarheidsbehandeling swanger geraak het.

En wat van nurture? Dit tel geweldig baie, sê die navorsers agter elke ondersoek. Gedrag soos dobbelverslaafdheid, sportprestasie en liefde vir sosiale interaksie het ook te doen met die voorbeeld en etiese kodes waarmee jy grootgeword het.

Loer hier vir nog goeie raad

Lees ook: Leer hoe om selfgeldend te wees

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.