kategorieë: DekorLeefstyl

Organiese materiale in jou huis

Organiese materiale in jou huis deur Elandrè Swart. Foto’s: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe om organiese materiale in jou huis  te inkorporeer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hout

Houtmeubels en -aksente is ’n maklike manier om organiese materiale in jou huis in te bring. Tafels is die ideale meubels waarmee onafgewerkte hout ingebring kan word, aangesien dit in feitlik in elke denkbare styl beskikbaar is. As jy nie wil hê dat hout die middelpunt van die kamer moet wees nie, kan kleiner houtaksente tot die ruimte toegevoeg word om ’n natuurlike gevoel te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tekstiele

Wol, katoen en linne is alles natuurlike vesels wat ’n gevoel van warmte by jou dekor sal voeg. ’n Ooglopende manier om natuurlike materiaal in te sluit is deur die bekleding van jou meubels. Moenie vergeet van matte, oorgooidekens en kussings nie. Hierdie aksentstukke laat jou toe om nie net organiese materiale in te bring nie, maar om met kleur, patroon en tekstuur in die ruimte te speel.

Stene

Marmer en ander natuurlike klipoppervlaktes is ’n gesofistikeerde manier om natuurlike materiale by jou dekor te voeg. Hetsy met ’n hoë glans of ’n mat gevoel, sal die koel, gladde tekstuur van marmer en klip ’n lekker balans bring teenoor die warm tekstuur van hout en tekstiele.

Plante

Die maklikste manier om die natuur by jou dekor in te bring is deur letterlik met binnenshuise plante te eksperimenteer. Binnenshuise plante is ook ’n organiese manier om kleur tot ’n kamer toe te voeg en ook terselfdertyd suurstofvlakke te verhoog. Plante met geure soos laventel en jasmyn, asook alwyne skep ’n kalmerende effek vir jou huis.

Hernubare produkte

Hoewel hierdie afdeling nou nie juis organies is nie, is dit beter vir die omgewing. Met volhoubaarheid wat al hoe meer belangrik word, is die gebruik van hernubare natuurlike materiale vir jou huis nie net ’n aangename estetiese keuse nie, maar ook ’n omgewingsbewuste een. Daar is al hoe meer innovasies wat vandag plaasvind met ekovriendelike produkte. Van teëls gemaak van glas en plastiek tot kurkproppe wat omskep word in verskeidenheid van produkte soos plekmatjies, muurbedekkings en selfs vloere. Kyk na jou plaaslike mark vir produkte wat organies en volhoubaar omskep is.

Lees ook: Maak die meeste van klein leefspasies

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.