kategorieë: InspirasieJou lewe

Leef stadiger, leef meer

Leef stadiger, leef meer deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Marek Rucinski vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die probleem met die daaglikse rat race, skryf iemand op die Slow Movement-webwerf, is dat jy steeds net ’n rot is as jy wen. Ons is vasgevang in ’n eindelose gejaag na meer en beter. Ons word daagliks gebreinspoel dat ons meer en beter verdien, en daarom koop ons meer en beter, wat veroorsaak dat ons harder moet werk om vir alles te betaal.
Maar jy, as vrou en ma, wéét dat al die gejaag uiteindelik nie lei tot meer en beter nie, maar tot minder en slegter: minder tyd, slegter gesondheid, slegter verhoudings, minder gelukkige huwelike en gesinne. Al wat vermeerder, is stres en skuld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom afskaal?

Ons vroue werk deesdae dikwels meer ure vir ’n tweede inkomste as wat ons pa’s as broodwinners in die jare vyftig gewerk het.

Boonop het ons die slawe geword van die tegnologie wat alles eintlik vir ons moes kom vergemaklik. Ons voel skuldig as ons nie ons selfone antwoord nie. (Of, hemele behoed, dit afskakel.) Ons ander slawedrywer is ons rekenaar se e-posbus.

Die tyd waarin ons leef sê tyd = geld. Ons wil nie ’n sekonde mors nie en jaag ons sat tussen werk, kinders en huis. Die gevolg? Stres. En al meer stresverwante siektes soos diabetes en kanker. En meer ongelukke, selfmoorde en ’n groter finansiële las op ons mediese fondse.

Lees ook: Stres, ek kan nie meer nie!

Ons hier by rooi rose het besluit genoeg is genoeg. Ons sê jy mág soms niks doen nie sonder om skuldig te voel. En jy móét meer tyd maak vir ontspan en oefen en lekker eet en heerlik kuier.

Lééf ’n slag: proe weer wat jy eet, ruik die blomme, hoor die voëls, ruik die reën!

Maak die konneksie

Jy’s nie al een wat moeg is vir die rotren nie – bewegings (eintlik denkrigtings) soos die Slow Food Movement, die Slow Living Movement en Take Back Your Time raak al hoe gewilder.

As ons eerlik sou wees, sal ons almal erken dat ons ’n behoefte het aan ’n groter konneksie met dinge om ons. Ons kommunikeer met SMS’e en oor WhatsApp, wat beteken dat ons dikwels nie eers ons vriende en geliefdes se stem hoor nie. Ons stuur onpersoonlike e-posse. Wie onthou nog die vreugde van ’n brief in jou posbus? Die reuk van papier en dalk parfuum as jy dit oopvou? Ons het ook kontak verloor met ons hartsplekke en met ons kos. Eerder as om op ’n Sondag iewers heen te ry vir ’n piekniek, gaan ons vir ‘n passiewe, virtuele reis voor die TV.

Lees ook: Somertyd is piekniektyd

Kenners sê dit alles veroorsaak dat ons kontak verloor met ons tradisies en kultuur, iets wat ons gemeenskappe en moraliteit verswak omdat ons nie meer tyd het vir betrokkenheid by ’n kerk of liefdadigheidswerk nie.

Leef só rustiger

  1. Maak nóú die kopskuif, en jy sal vinnig besef dat rustiger leef jou eintlik meer laat leef as ooit tevore. Leef ’n slag bewustelik.
  2. Kry ’n nuwe motto.Multitasking is a moral weakness” lees ek op skertsende “Beginners Guide to Slowing Down” op die Internet. En ek stem ook heelhartig saam met die volgende aanhaling uit dieselfde gids: “As ’n ding die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om stadig te doen. As jy dit nie stadig kan doen nie, is dit nie die moeite werd om te doen nie.”
  3. Gooi weg jou horlosie! Hoe meer jy die horlosie dophou, hoe meer gespanne raak jy en hoe meer wil jy in jou dag inprop.
  4. Maak ’n tuin. Ruik ’n slag nat grond, voel die modder onder jou vingers. Plant groente en kruie vir jou eie gebruik en proe die verskil.
  5. Bak jou eie brood. En gebruik gerus ’n broodmasjien om jou lewe makliker te maak.
  6. Eet by ’n mooi gedekte tafel en maak etenstye kuiertye.
  7. Skakel af die TV, selfoon en rekenaar! Tegnologie moet jou lewe makliker maak, nie meer druk meebring nie.
  8. Skryf ’n outydse brief op regte papier.
  9. Kry jou prioriteite reg. Wat gaan jy op jou sterfbed onthou? Die vergadering, of jou kind se teleurstelling omdat jy sy rugbywedstryd gemis het?
  10. Werk korter ure. Ons het self ’n monster-ekonomie geskep wat dikteer dat ons al hoe langer werk om te betaal vir ’n nuwe motor elke drie jaar en ’n nuwe huis elke dekade. Koop minder, dan sal jy minder geld nodig hê en minder hoef te werk, wat meer tyd vir leef beteken.
  11. As jy kan, onderhandel om van die huis af te werk of fleksie-ure te werk sodat jy nie ure in die verkeer hoef te sit nie. Bestee die tyd wat jy wen op lééf.
  12. Leer om nee te sê en take te delegeer.
  13. Maak tyd vir ’n daaglikse teedrink-ritueel. Gooi weg die kitskoffie, koop ’n teepot en dek vir jouself ’n mooi teeskinkbord.
  14. Neem jou etenstyd by die werk, en gebruik dit om te stap, vir 20 minute te slaap of na rustige musiek te luister met jou oë toe.
  15. Onthou, die vakansie begin met die reis. Hou stil by besienswaardighede langs die pad en slaap iewers oor eerder as om oral heen te jaag.
  16. Lees ’n boek. Dit bring jou stresvlakke af, verhoog jou kreatiwiteit en sorg vir meer vermaak as om passief te sit en TV kyk.
  17. Haal 10 keer elke uur lekker diep asem. Jy sal meer suurstof in jou bloed kry en meer ontspanne en energiek voel.
  18. Sorg vir een dag per week waarop jy niks móét doen nie.
  19. Maak tyd vir ontspannende stokperdjies of sport. Joga, skilder, swem, stap, pottebakkery, tuinmaak, lees of brei is alles baie ontspannend.
  20. Bad of stort elke aand by kerslig met mooi musiek.

Lees ook:

Hoe om nou jou skoonheidskassie reg te pak, en wat om weg te gooi

10 dinge om nou te doen om jou klerekas reg te ruk

“Declutter” jou huis – en sommer jou lewe

Luiheid kan jou goed doen!

Die lekkerste blokraaisels wat jy nou moet aflaai

Dis hoekom jou kind meer tyd moet kry om te speel

10 eienskappe waaroor alle entrepreneurs moet beskik

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.