kategorieë: Sukses en geld

Watter dryfvere laat jou vlieg?

Mense is ingewikkelde wesens, en luister jy na digters, liedjieskrywers en smoorverliefdes, is vroue die mees misterieuse wesens op die planeet. Die goeie nuus is dat die Pretoriase menslike hulpbronspesialiste Johan en Marianna van Niekerk se navorsing help om dié geheimenis te ontrafel. Hul boek The Female Curve plaas vroue volgens vyf dryfvere in vyf kategorieë. Die fassinerende is hul bevinding dat elke kategorie ook saamhang met ’n sekere mate van vroulikheid (soos die samelewing dit tradisioneel definieer); spesifieke persoonlikheidseienskappe, waardes en leefstyl; voorkoms en gedrag; die manier waarop geloof ervaar word, asook seksuele voorkeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Johan en Marianna beklemtoon dat hul model mense nie wil etiketteer nie. Elke mens het toegang tot al vyf dryfvere, maar een, twee of drie rig die meeste mense se lewe. Slegs sowat 30% van alle vroue toon een allesoorheersende dryfveer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Selfs binne een kategorie kan een vrou die “tipiese“ leefstyl, voorkoms of seksuele voorkeur weerspieël, terwyl ’n ander dit glad nie doen nie. Die Female Curve-model is ontwerp as ’n praktiese instrument wat in ’n werks- óf persoonlike konteks kan help om jouself en ander beter te verstaan en te aanvaar, maar dis buigbaar en allermins bedoel om voor-skriftelik te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vyf dryfvere

Die verskillende reliance factors word hier verduidelik ingevolge die manier waarop elke tipe vrou met ‘n werksonderhoud die beste indruk probeer maak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Sosiale dryfveer: maak op haar voorkoms en sosiale vaardighede staat
2. Rasionele dryfveer: wys hoe intelligent en welsprekend sy is
3. Emosionele dryfveer: benadruk haar unieke aard en hoe sy van die gemiddelde kandidaat verskil
4. Selfgerigte dryfveer: beklemtoon haar veelsydigheid, gewilligheid en bekwaamheid
5. Fisieke dryfveer: gebruik haar sterk teenwoordigheid en charisma om die werk te kry

Om te weet waar jy val, kan jy die kort aanlyntoets op www.thefemalecurve.com voltooi. Ons vyf bekendes het dit gedoen, en elkeen het haar kommentaar op die model gelewer. Hoewel van hulle sterk in meer as een kategorie toets, gebruik ons hulle om die vyf dryfvere bekend te stel. Hou in gedagte dat hierdie artikel slegs ‘n voorsmakie van die volledige boek kan gee!

1 Sosiale dryfveer: Patricia Lewis


Sosiaal 7, Rasioneel 7, Emosioneel 2, Selfgerig 0, Fisiek 4

“Omdat ek groot, blonde hare het en grimering en hoëhakskoene dra, lyk ek dalk na ’n sosiale vlinder, maar dis net die helfte van die prentjie. Ek bestuur my loopbaan al 25 jaar en ek is nog hier!“ sê Patricia. “’n Glamorous image – in lyn met kategorie een – word van ’n vermaaklikheidskunstenaar verwag, maar ek toets net so hoog in die rasionele kategorie. Ek is ’n sakevrou en werk geweldig hard agter die skerms. Daar is die Supersterre-reeks wat ek en my man geskep het en vervaardig, ons is in die eiendomsbedryf hier in Ballitobaai, en ek het pas my dieet-, dans- en oefen-DVD, Voooma, bekend gestel.“

Waar kry Patricia haar sakesin? “My ma was meer as twintig jaar lank ’n DA-raadslid in Johan-nesburg. Ek is ook ambisieus, en ek het die uithouvermoë van ’n Amerikaanse veghond! Ek het twee jaar lank met my gesondheid en ’n ekstra 10 kg gesukkel, in so ’n mate dat ek nie my gesig in die openbaar wou wys nie. Gelukkig kon ek dit afskud deur die metodes wat ek op Voooma wys. Nou is ek weer my ou onkeerbare self!“

Patricia toets redelik sterk in die fisieke kategorie, wat die sterkste met manlike eienskappe verbind word – die teenpool van die ultra-vroulike beeld van kategorie een.

“Ek hou daarvan om vroulik te wees, om ’n sagter kant te hê. Maar dit skakel nie ’n sterk karakter uit nie. Ek stel hoë standaarde aan ander en myself. Dis waarskynlik hoekom ek in die bedryf as ‘moeilik‘ bekend staan. As ek ’n man was, sou mense my seker as suksesvol pleks van veeleisend beskryf het!”

2 Rasionele dryfveer: Myrtle Grobler (Bothma)


Sosiaal 4, Rasioneel 8, Emosioneel 2, Selfgerig 4, Fisiek 2

“Interessant,” sê Myrtle Grobler, bekend as hekkiesatleet wat aan die 1992 Olimpiese Spele deelgeneem het, van haar toetsresultate. “Wanneer ek as bemarker of motiveringspreker optree, pas ek reg in die rasionele kategorie waar my hoogste telling lê. Maar is ek met sport besig, is die selfgerigte kategorie nommerpas. Die sosiale kategorie waarin ek taamlik sterk toets, maak ook sin – ek het ’n breë sosiale netwerk.“

Vroue in die rasionele kategorie grond hul eiewaarde op hul werksukses. Hulle is uitstekend met beplanning en organisasie, akademies gefokus en betroubaar. Tipiese loopbane sluit die onderwys en navorsing in. As bemarker, sportorganiseerder en –afrigter by Oos-Moot Hoërskool in Pretoria resoneer Myrtle met al hierdie eienskappe.

“Ek is groot op kop, positiewe denke en die soek van positiewe eienskappe. As jou fokus reg is, kan jy enige struikelblok oorkom. En ek is sterk in my geloof. Dit kom eerste.“

Myrtle trek aan volgens The Female Curve se rasionele kategorie: korporatief, maar tradisioneel en konserwatief.

“As ’n bloes cleavage wys, sit ek ’n lappie oor. My sportdrag daarenteen, is gemaklik, tipies kategorie vier. En ek is ’n nugter mens, ’n spanspeler en een vir die buitelewe, soos die selfgerigte kategorie beskryf. Met die Olimpiese Spele kom ons huishouding tot stilstand. Dan moet takeaways maar die ding doen!“

3 Emosionele dryfveer: Sarah Theron


Sosiaal 3, Rasioneel 2, Emosioneel 10, Selfgerig 4, Fisiek 1

Emosionele kategorie-vroue is anders. Sarah spot dat sy weet sy is “’n bietjie quirky, mense sê dit vir my”. Tipe drie-vroue is vry geeste, idealisties, trek soms eksentriek aan, en verdien tipies hul brood as kunstenaars, ontwerpers of op ander kreatiewe gebiede.

Is Sarah onprakties, soos wat The Female Curve sê? “O nee. ’n Enkelpersoon het nie altyd iemand om praktiese takies te verrig nie. Ek is meganies goed aangelê, maar is ietwat skrikkerig vir die boor.“

In tipe drie-vroue se emosionele ervaringswêreld speel mense ’n groot rol. “Vroeër was ek skamerig, maar ek is lief vir mense en persoonlike verhoudings staan vir my voorop – ook as ek sake doen.”

Sarah is, tipies kategorie drie, innoverend. “In my werk moet ek myself reinvent. Ek preek vir vroue dat jy gereeld bestekopname moet doen en nuut besluit wat jy wil hê. Bly in droomrat en as die struikelblokke kom, keer jy net terug na die spoor. Vroue is gebore om ’n verskil in die wêreld te maak!“

4 Selfgerigte dryfveer: Lindie Strydom


Sosiaal 1, Rasioneel 5, Emosioneel 5, Selfgerig 5, Fisiek 4

“Ek is prakties, realisties, verantwoordelik, berekend, maar met ’n kreatiewe streep wat van verskeidenheid en interessante nuwe dinge en avonture hou! Maar ek is vir seker meer ’n introvert.”

Hierdie mond vol is ’n raak opsomming van Lindie se kurwe wat ewe sterk in die rasionele, emosionele en selfgerigte (self-reliant) kategorieë lê, met die fisieke kategorie ’n kortkop agter. Sy het die verantwoordelike, analitiese aanslag van kategorie twee, die kreatiewe benadering van kategorie drie, die kalm diensgerigtheid van kategorie vier en die charismatiese teenwoordigheid van tipe vyf. Haar lewe as gesinsvrou, projekorganiseerder by Helpende Hand, aanbieder van die TV-program DKNT Gospel, motiveringspreker en (vroeër) aktrise in Egoli, bevestig haar veelsydigheid.

In The Female Curve word kategorie vier-vroue beskryf as “a running angel with a big heart and a highly developed sense of independence”. Lindie erken dat sy graag alles vir ander sou wou doen, en by tye ’n lone ranger is wat nie wil kla wanneer sy moeg is nie: “Dan waardeer ek my vriendinne wat vra hoe dit régtig gaan, en my aanmoedig om ook na myself om te sien.“
Volgens The Female Curve is vroue in kategorie twee en vier gemaklik met georganiseerde godsdiens, terwyl kategorie drie eerder spiritueel ingestel is. “Ek ‘hoor’ God die beste met my neus in Sy Woord.”

Die energieke, avontuurlustige kategorie 4-vroue se kleredrag is gemaklik en weerspieël hul liefde vir die buitelug. Hulle is tomboys en grimering is selde boaan die lys. Hier is Lindie geensins ’n tipiese voorbeeld nie – jammer as haar kleredrag op die hooffoto misleidend was!

5 Fisieke dryfveer: Karen Hultzer


Sosiaal 1, Rasioneel 3, Emosioneel 5, Selfgerig 5, Fisiek 6

Vroue in kategorie vyf het ’n magnetiese teenwoordigheid, ’n forse bou, is aktief en pak graag uitdagings. Al toets Karen ook sterk in die emosionele en selfgerigte kategorieë, is sy ’n goeie “verteenwoordiger“. Op skool het sy provinsiale kleure in vier sportsoorte verwerf, en sy het Suid-Afrika op die 2012 Olimpiese Spele in die boogskietafdeling verteenwoordig.

Hierdie vroue is weetgierig en gewoonlik baie suksesvol in die korporatiewe wêreld, of het hul eie ondernemings – soos Karen. “Ek is heeltemal te hardkoppig om vir ’n baas te werk!“

Waar die vroulikste vroue in kategorie een voorkom, word tradisioneel manlike eienskappe verder al sterker. In kategorie vyf is talle vroue, soos Karen, in ’n lesbiese verhouding. “Die vraag is natuurlik wie se definisie van vroulikheid jy gebruik. Dis wel waar dat my ma vergeefs probeer het om kleintyd vir my mooi rokkies aan te trek. Dit het boomklim net bemoeilik!”

Dis vir fisieke kategorie-vroue moeilik om in die samelewingstrukture in te pas. “Ek het byvoorbeeld nie geweet watter beroep om te volg nie – my basis van vaardighede was baie breed. Op die oomblik geniet ek dit om, afgesien van my landskapsonderneming, boogskutters af te rig.”

Karen is gek na vinnige motors, maar raak liries oor boogskiet. “Om stoksielalleen op die veld te staan en pyle skiet is suiwer vreugde. Dis ’n meditatiewe ruimte. Ek mik vir Rio in 2016!“

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.