kategorieë: WenkeMode

Watter modes bly of gly in 2017?

Modetendense wat bly

Skilderdoek-tema

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die modewêreld kan net nie genoeg kry van dramatiese motiewe nie. In 2016 was tropiese blom- en blaarmotiewe groot op die loopplanke en hierdie jaar selfs meer met ’n verskeidenheid van groottes, kleure en vorms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gedrukte T-hemp

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel die klassieke wit T-hemp steeds ’n moet-hê item is, kan jy dit in 2017 met ’n helder drukpatroon opkikker. Enigiets van handelsname tot kunsmotiewe laat hierdie T-hemp saam met enige uitrusting aandag trek.

Lae hakke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Spykerhakke het reeds in 2016 ’n tree terug gegee en hierdie jaar is daar geen twyfel nie dat die lae spykerhak (“kitten heel”) die loopplanke (en strate) gaan platloop. Die effense hakkie gee jou bene steeds ’n slanke voorkoms, maar is gemaklik genoeg dat jy heeldag op jou beste lyk.

Blinkers

Blinkers het al in 2014 teruggekeer en in 2017 word hierdie tendens net nóg meer beklemtoon. Die aktrise, Ruth Negga, het met haar Louis Vuitton-rok tydens die Golden Globes presies gewys hoe om die blink kant bo te hou. As jy egter veilig wil speel, wissel die blinkers met ’n klassieke eenkleur-item.

Modetendense wat gly

Kamisool

Die kamisool het verlede jaar die strate oorgeneem, maar in 2017 moet hierdie item liefs in die slaapkamer bly. Hoewel die kamisool ’n moeitelose, tog elegante voorkoms skep met sagte satyn en kant-afrondings, is die ongewone en kleurryke tendense in 2017 gewild.

Skinny jeans

Almal van ons het ’n paar klassieke, noupassende denims wat ons op daardie besluitelose dae kan aantrek, maar “klassiek” word vir eers eenkant toe geskuif. Kêrelsnit-jeans, klokpype en geskeurde detail is wat jy in jou 2017-klerekas kan hang.

Bypassende items

Het jy ’n broek of bloes wat jy op die ingewing van die oomblik gekoop het en nou soos ’n wit olifant in jou klerekas hang? Stof daardie item af, want in 2017 gaan alles oor kleure, teksture en snitte, wat juis nié pas nie.

Eenvoud

Hoe meer drama, hoe beter. Eenkleurige items en afgeskaalde bykomstighede bly in 2016 agter. Belde is weer bonkig en oorbelle moet die koppe laat draai.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.