kategorieë: Ons menseBekendes

Donnalee Roberts se top wenke

Wie is jou top plaaslike ontwerpers?

Vesselina Pentcheva
Mode-ontwerper. Haar werk is letterlik die mooiste mooi en haar liefde vir wat sy doen kan in elke detail van haar werk gesien en gevoel word. Ek het al die voorreg gehad om van haar lieflike rokke na baie geleenthede te dra en elke keer voel dit vir my of haar rokke net mooier en mooier word! www.vesselina.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Marion Rehwinkel
Juwelier. Marion se werk is kuns! Sy het al twee roosgoud ringe vir my gemaak wat my letterlik laat voel asof ek klein kunswerkies aan my vingers dra. Ek bewonder die sorg en detail wat in haar werk gaan, dis werklik besonders. www.marionrehwinkeljewellery.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Willem Boshoff (Burgundy Collective)
Willem is ’n fenominale entrepeneur en besigheidsman wat die mooiste leersakke en -bykomstighede ontwerp. Hy en sy wonderlike span mense van die maatskappy, Burgundy Collective, vervaardig leerprodukte wat van die hoogste kwaliteit en waarde spreek. www.burgundycollective.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is jou top skoonheidswenke?

• Ek gebruik Neostrata se produkte en te danke daaraan is my vel ten alle tye gevoed, gesond en gelukkig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Al is jy hoe moeg of al is dit hoe sleg om eers jou grimering af te haal voordat jy gaan slaap nadat jy ’n lang dag of aand gehad het , voel dit nog aakliger en is dit nog slegter vir jou vel (en jou gemoed), om met ou grimering wakker te word.

• Water, water, water! Dis moeder natuur se grootste geskenk aan ons, dit voed jou vel en liggaam én reinig jou wat so nodig is in vandag se dolle gejaag, stres, besoedeling en gifstowwe wat ons van alle kante af inkry. As ek voel dit raak te vervelig, hou ek daarvan om groot stukke pynappel in my water te gooi, dit geur die water heerlik.

• As aktrise hoop ek om my voorkoms nog baie te kan verander om verskeie karakters uniekheid te gee, maar ek dink dis baie belangriker om jou gesondheid op te skerp as jou voorkoms. Jy het net een liggaam waarin jy ’n leeftyd moet leef en hoe gesonder jy van binne is, hoe meer gaan jou voorkoms na buite straal.

KYK OOK: Agter-die-skerms foto’s by Donnalee se voorbladfotosessie vir rooi rose:

Wat is jou stylwenke?

• Dra dit waarin JY gemaklik en mooi voel, nie wat ’n Instagram feed sê is mode of mooi nie. Hoe gemakliker jy voel in iets, hoe stylvoller en mooier en met meet selfvertroue gaan jy dit dra. Jy kan die mooiste uitrusting in die hele wêreld aanhê, maar as jy nie gemaklik in jou eie vel voel nie, beteken dit niks.

• Vind ’n persoonlike styl wat jou liggaamsbou komplimenteer, sodat jy nie heeltyd jou klere moet op of af of reg trek nie.

• Die regte onderklere is baie belangrik, dit moet jou lyf komplimenteer en by jou uitrusting pas.

• Mooi versorgde naels, vel en hare is baie mooier as enige bykomstigheid. Ek is bevoorreg om by Veaudry International in Johannesburg en Tosca Salon in die Kaap my hare te laat doen. Dit is wonderlik dat die gesondheid en toestand van my hare altyd ’n prioriteit is.

• Moenie bang wees om met klein details te eksperimenteer nie, dit druk jou eie unieke stempel op jou styl af.

• Kies grimering wat jou beste eienskappe beklemtoon (veral ’n onderlaag wat 100% by jou velkleur pas). Ek gebruik Temptu SA se airbrush-grimering. Dit is wonderlik want dit het ’n ‘flawless finish‘ wat betekend dit bedek alles maar is so lig dat my vel steeds voel asof dit asemhaal.

• Parfuum is my gunstelingbykomstigheid en dis ook die lekkerste kompliment om te kry as iemand dink ek ruil lekker!

Watter woorde beskryf jou?

Ek weet nie noodwendig of hierdie woorde my beskryf nie, maar dis definitief eienskappe wat vir my baie belangrik is en waaraan ek daagliks werk.

• Dankbaar: ek is oneindig dankbaar om te kan droom en om gesond genoeg te kan wees om kliphard aan daardie drome te werk. Ek maak ’n punt daarvan om dankbaar te wees vir alles wat ’n mens so dikwels as vanselfsprekend aanvaar – om te kan sien, om te kan hoor, om vrylik te kan beweeg, om te kan lag. Ek is dankbaar vir al die guns wat al op my lewe neer gereën het, en ek is net so dankbaar vir al die swaarkrytye want dit het my gevorm, ek het daaruit geleer en gegroei en dit het my uitkyk ten opsigte van die mensdom en die lewe gevorm en my geleer om begrip te hê (al stem ’n mens nie altyd saam nie).

• Om Joyous te wees en om JOY in alles te vind. Nehemia 8:10 sê: “The Joy of the Lord is your Strength” … jy is tot alles in staat deur God wat jou krag gee.

• Hardwerkend: ek glo met my hele hart dat daar nie ’n ding bestaan soos: “’n droom wat TE groot is nie.” Dit hang van jou af hoe hard jy bereid is om te werk om daardie droom ’n realiteit te maak.

• Passievol: as jy nie passie vir die lewe en dit wat jy daagliks aanpak kan vind nie, gaan jou lewe ’n baie lang en vervelige reis word.

Wat is die 10 beste flieks wat jy al gekyk het?

Forest Gump, Life is Beautiful, Amélie, The Notebook, About Time, Fight Club, Dirty Dancing, Shawshank Redemption, Pad na jou Hart, Vir Altyd. Ons twee films is soos my kinders, daarom kon ek hulle nie uitlos nie. 🙂

Wat is die grootste mylpale wat jy al bereik het?

Dis die grootste voorreg om te kan werk en leer en groei in ’n industrie waaroor ek SO passievol is, en om deel te kan wees van ’n groep pioniers wat saam kliphard werk om hierdie industrie te laat groei. Dit inspireer en motiveer my daagliks om net nog harder te wil werk. Pad na jou Hart en Vir Altyd was twee van my grootste drome. Ek het nog nooit so hard gewerk soos met daardie twee projekte nie en daarom is dit ook die grootste mylpale wat ek al die voorreg gehad het om op ’n professionele vlak te kon bereik.

Wie dink jy sal ’n interessante groep mense wees om saam om ’n tafel mee te kuier?

My ma, my pa, Ivan (Botha), my Ouma Lenie, Moeder Theresa, Nelson Mandela, Robin Williams en Meryl Streep.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My herinneringe.

* Die Februarie 2017-uitgawe van rooi rose is vanaf Maandag, 16 Januarie 2017 op die rakke.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.