Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?

Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? Deur Salomé Delport. Hooffoto: Fascinadora/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 2 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kom vas saam met rooi rose

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?

Maandag, voor die vas begin

Daar is verskillende soorte vas

Jou sou dink vas is eenvoudig: Jy eet of jy eet nie.

Niks is groen, oranje of rooi nie. Daar is geen lyste van enige aard nie. Jy hoef nie te weet wat is stysels en wat is groente … of wat ’n styselgroente is nie. Dit maak nie saak nie.

Jy hoef niks te tel nie want daar is niks om te tel nie – nie kilojoules of koolhidrate of Gi’s of enige iets anders nie. Daar is nie resepte en eksotiese items wat jy moet aanhou, soos quinoa, chia-saad of krulkool. Jy gaan mos niks voorberei nie.

Maar toe nie.

Die eerste vraag waarmee mens gekonfronteer word is: watter van al die soorte vas is die beste vir jou?

So lyk die keuses:

Die 16/8 vas

Jy vas elke dag sestien uur lank en eet die ander agt uur vrylik. Party mense neem dit verder en vas tot soveel as twintig uur, en eet net in die vensterperiode van vier ure.
As jy die 16/8 kies gaan jy vir alle prakteise doeleindes of ontbyt uitsny of aandete uitsny.
As jy soos ’n koning ontbyt wil eet, kies jy jou ontbyttyd – sê maar 08h00. Jy kan dan tot 16h00 eet soos jy wil, maar niks daarna nie.
As jy aandete saam met jou gesin vir niks ter wêreld mis nie, vas jy van ná aandete vir sestien uur. As jy tipies rondom 19h00 vir aandete aansit, breek jy jou vas met ’n ontbyt teen 11h00 die volgende oggend. Jou eetvenster is dus van elf tot sewe.
Dit klink maklik … of ten minste taamlik doenbaar.

Die alternatiewe dag-vas

Jy vas elke tweede dag. Een dag kos, een dag vas …
Sjoe, dit klink erger vir my. En ook minder sosiaal. Gaan dit werk as jy ’n gesin het en moet kos voorsit?
Jy word honger wakker, hou heeldag uit en gaan slaap honger?

Die 5/2 vas

Dié een behels selfs meer toewyding, dink ek. Of dalk nie, want jy mag ietsie drink en/of eet.
In effek is jy twee dae van die week op ’n streng dieet van 2 100 kJ per dag, terwyl jy die res van die tyd normaalweg eet.
Anders as met ’n gewone dieet, dieet jy net twee dae, wat dit baie makliker maak. Voor jou wilskrag op is, is jou dieetdae ook verby.

Jy kan

  • twee aaneenlopende dae vas, byvoorbeeld elke Maandag en Dinsdag, en die res van die week gewoonweg eet, of
  • enige twee nie-aaneenlopende dae kies, soos Maandag en Donderdag. Of Dinsdag en Sondag – watter twee dae per week jou ook al die beste pas

Op die 5/2 vas eet jy elke dag. Dit klink aanloklik as jy lief is vir die kospotte. Maar dit is “dieetkos” met duidelike voorskrifte oor wat jy op jou vasdae mag eet. Die 5/2 vasdieet is beslis ’n meer gekompliseerd storie as om sommer net ’n ete of wat oor te slaan.

Die 5/2 twee-twee opsie

Hierdie variasie van die 5/2 vas is ook gewild. Dit behels dat jy twee keer per week 14h00 van een dag tot 14h00 die volgende dag vas. Jy vas dus 24 uur lank vir drie agtereenvolgende etes oor twee dae. Dit werk so:

  • Dag 1 jy eet soos gewoonlik
  • Dag 2 Jy eet ontbyt en middagete voor 14h00, en slaan aandete oor.
  • Dag 3 Jy slaan ontbyt en middagete oor maar eet aandete.
  • Dag 4 Jy eet soos gewoonlik
  • Dag 5 Soos op Dag 2, eet jy ontbyt en middagete maar slaan aandete oor.
  • Dag 6 Soos op Dag 3, slaan jy ontbyt en middagete oor maar eet aandete.
  • Dag 7 Jy eet soos gewoonlik

So rek jy jou vas oor vier dae van die week uit – en wen jy dalk selfs dubbeld voordele?

Ander variasies en soorte vas

Daar is nog ’n horde variasies:

Die een-week vas
Party mense vas elke jaar of twee keer per jaar vir ’n week. Party vas elke kwartaal; party vas na die winter, na die somer of na die kersvakansie. Die “week” kan hul werksweek wees, of ’n langnaweek van Vrydag to Maandag of net ’n naweek lank wees.

Die meeste drink tydens hierdie taamlik lang tyd van vas wel swart tee of vrugtesap of eet Bulgaarse joghurt. As jy dit kies moet jy in elke geval vloeistof drink, sodat jy nie dehidreer nie.

Die Sondag-vas
Geloofsgroepe soos die Mormone vas die eerste Sondag van elke maand. Hulle slaan twee opeenvolgende etes oor, en eet dus óf nie ontbyt nie óf nie aandete nie. Die idee is dat hulle die geld wat hulle sou gespandeer op die kos wat Sondae eers die tafels en later die mae laat kreun gebruik om vir die armes te skenk.
Die Mormone het inderdaad die moderne vas-bal aan die rol gesit.
Hulle tel as van die gesondste groepe mense in die VSA. Waarom, wou veral navorsers weet? Hulle eet immers alles, en hulle is nie rietskraal of baie fiks nie. Al wat anders is, is dat hulle vleis beperk en een Sondag per maand vas.
Aangesien vas al verskil tussen hulle en die deursnit Amerikaner is, het navorsers begin ermoed die vasdieet moet om een of ander rede gesond wees vir ons – en kyk waar is ons nou.

Die sonop-tot-sononder vas
Party mense doen dit gereeld. Ander leef so. Hulle eet ontbyt voor werk, voor sonop, en eet eers weer die aand na werk, na die son onder is. Dit kan dalk moeilik wees met ons lang somerdae, hoewel dit goed kan werk die res van die jaar.
Party mense vas so vir ’n maand op ’n keer, soos Moslems wat elke jaar vier weke lank van sonop tot sononder vas.

Die voedselgroep-vas
Party mense vas van ’n sekere soort kos – amper soos Banters wat koolhidrate sover as moontlik sny. Jy kan dit oorweeg om wit stysels uit te sny. Of wat van suiker of wyn of koffie?

Die keuses en style en soorte vas is oneindig!

Watter vasstyl om te kies? Ek dink die 16/8 patroon gaan die beste werk – vir my altans.
Ek pes ’n vroeë ontbyt. Dit is die een ete wat ek met gemak oorslaan. Daarby gaan dit my huismense goed pas. Ons eet gewoonlik saans rondom sewe uur. Ek gaan dus ontbyt uitstel tot elfuur die volgende dag. My huismense gaan nie eers agterkom ek vas nie.

Oor na jou!

Die ander opsies is dalk vir jou makliker of geriefliker – of lekkerder. Laat weet as jy saamvas. Laat weet veral watter een van die soorte vas jy gekies het? Hoe werk dit vir jou? Het jy na ’n paar dae na ’n ander vaspatroon oorgeslaan? Maar dalk wil jy op ’n ander manier vas as ek.

Groete! (Met ‘n koppie swart, onversoete, flou maar lekker warm chaitee in die hand) Salomé

Nota
As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.