kategorieë: DieetGesondheid

Kom vas saam met rooi rose!

Kom vas saam met rooi rose! deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 1 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom vas saam met rooi rose!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons vas-as-leefstyl projek

“Skryf vir ons ’n artikel oor vas,” vra my kollegas.

Dit is al twee, drie jaar groot op die web en sosiale media. Al meer mense – van die randgemeenskappe met hul rare idees tot ernstige navorsers en almal tussen in – sê dit is supergesond. Duidelik is dit ’n sterk tendens. Dit kan net help om meer te weet.

Vas is supergesond!

Dus begin ek oplees en rondvra en uitvind. Soos ek verder ingraaf in alles omtrent vasdiëte raak ek al meer oortuig dat dit meriete het. Sommer baie meriete. Soveel meriete dat ek self behoort te vas …

Vas is maklik … lyk dit

Dit klink maklik genoeg. Niks te dink nie. Jy kies, meet, tel of weeg niks nie. Geen groen, oranje en rooilyste nie. Geen kosskaaltjies nie. En niks boekhou van hoeveel koolhidrate of kilojoules jy ingeneem het nie.

Al knoop is dat jy niks moet eet nie. Dit is die ding wat my vang …

Vas klink soos oneindige hongerly, net soos elke ander dieet. Regtig? Op hierdie stadium van my lewe?

Dit klink asof dit jou verleenthede kan laat oorkom, soos grommende maaggeluide – nie die regte ding as jy in ’n formele vergadering sit of klante spreek nie. En wat van floutes of ten minste duiseligheid weens lae bloedsuiker? Sal mens durf bestuur op ons paaie waar jy op en wakker moet wees – veral om spoedboetes te vermy?

Die tegniese gedeelte van wat jy mag en nie mag nie kan dalk eenvoudig wees maar die konsep klink nie lekker nie.

Wat trek mense om te vas?

Wáárom doen mense dit? Wil hulle gewig verloor of gesonder leef? Hoekom dan nie maar net die gewone gebalanseerde, koolhidraat-gebaseerde dieet volg, soos wat die geregistreerd dieetkundiges normaal weg voorstel? En waarom is die bekeerlinge so entoesiasties? Wat lok hulle? Bring vasting een of ander euforie of spesiale beloning? Ek sal moet ondersoek instel. Dus begin ek vas en dagboek hou. (Wat joernaliste ook nie alles ter wille van die pen aanpak nie …)

En nou oor na jou

Maar ek soek vastende maters, hoor! Laat weet as jy gaan saamvas? Maak die idee van vas jou bang? Hoekom wil jy vas? Wil jy gewig verloor? Of doen jy dit om gesondheidsredes? Of om ander redes? Vertel: Ons kan bymekaar leer.

Groete … met ’n glas suiwer, gesonde water in die hand. Salomé

Nota

As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.