kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Bridget van Mooimaak 2

Ons gesels met Bridget van Mooimaak 2  Inligting en foto’s verskaf deur kykNET en Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om meer uit te vind oor die behandelings wat Bridget ontvang het, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie en wat het jou gemotiveer om in te skryf?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rede vir my inskrywing was om my uiterlike te verbeter sodat mense nie meer dink ek is my kinders se ouma nie. By die skool wou leerders ook weet wanneer ek aftree want ek is (volgens hulle) al so oud!

Niemand het my gedruk nie. Ek het dit uit eie vrye wil gedoen. My man het eers agterna uitgevind dat ek vir Mooimaak ingeskryf het …

Beskryf die proses. Was die pyn die moeite werd?

Soms was dit pynlik maar nie so erg dat ek dit nie kon hanteer nie. Die emosionele pyn wat ek al ervaar het was véél erger, glo my. Soms het ek gewonder hoekom die dokter of terapeut sê dit gaan seer wees, want dan het ek geen pyn gevoel nie! Die dokters en terapeut was fantasties en hulle het alles gedoen om my gemaklik te maak en die pyn te verlig. Die meeste pyn wat ek ervaar het, was nadat die verdowingsmiddels uitgewerk het na die besoek aan die tandarts … daardie dag wil ek nie weer beleef nie. Andersins was die ander behandelings “child’s play.” Die pyn was gewis die moeite werd.

Sou jy dit weer doen?

Ek sal dit beslis weer doen! Ek het dit verskriklik baie geniet!

Wat dink jy sal jy uit hierdie transformasie kry?

Ek hoop om weer genoeg selfvertroue te kry om meermale met my dogters in die openbaar te verskyn sonder om bang te wees dat mense sal dink hulle is op ’n uitstappie met hul ouma. Ek weet mooi is nie net die uiterlike nie, maar dit breek jou as jy heeldag moet hoor hoe mense jou op jou uiterlike voorkoms takseer. Ek het ’n traak-my-nie-agtige houding aangeneem, mense seergemaak voordat hulle my kon seermaak, en ek wil deur die transformasie ontslae raak van daardie houding en weer die lieflike mens word wat ek voorheen was – veral innerlik.

Waarvan jou jy die meeste na jou transformasie?

Ek hou die meeste daarvan dat ek nou meer gemaklik is in my lyf en meer energie het! Ek bly nie meer moeg nie en raak nie sommer net aan die slaap nie. Ek kan nou met my ou laatlammetjie speel sonder om na ’n paar sekondes na my asem te hyg … Dis ongelooflik hoe energiek ek nou is na die vetrolletjies begin smelt het. Ek hoef ook nie meer “oumensklere” te dra nie. 😉

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit? Hoekom?

Almal wat altyd na my verwys as die kinders se ouma, en die leerders by die skool. Ek wil hulle ook bedank dat hulle my ’n “wakeup call” gegee het: As dit nie vir hulle kommentaar was nie, sou ek steeds met my ouma-voorkoms geloop het en aangegaan het op die pad na selfvernietiging met my ongesonde eetgewoontes.

Waarvoor sien jy nou kans waarvoor jy nie voorheen kans gesien het nie?

Voorheen wou ek nie na my kinders se skoolvergaderings gaan nie en het altyd my man gestuur. Nou sal ek dit bywoon en meer in die openbaar met my man en kinders verskyn.

Sou jy iemand aanraai om die proses aan te pak?

Beslis. Mooimaak transformeer nie net die uiterlike nie – dit het ek sommer vroeg besef.

Dit het my introspeksie laat doen en my gehelp om van sommige van my “demons” ontslae te raak en om ander obstacles te tackle. Voor Mooimaak het ek nooit  in die stad motor bestuur nie en nou ry ek alleen die hele stad vol!

Voor

Na

Bridget het baie gewig verloor.

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk en besoek die webblad vir herhalingstye.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.