kategorieë: Reis

Watwou Soedan

Ligging
Atmosfeer
Verblyf
Tariewe
Etes
Pluspunte
Besienswaardighede
Inkopies
Onthou jou…
Ons stel voor
Sit op die grens
Gevaarlik?
Uit ’n rolprent
Piramides
Verdwaal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ligging

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Noordoos Afrika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Atmosfeer

Avontuurlik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verblyf

Hotel en/of tente

Tariewe

Hotelkamers wissel tussen R50pp en R300pp in klein dorpies maar kos meer in die hoofstad, Khartoem

Etes

Buite Khartoem kos tradisionele kos tussen R5 en R20 per ete. Ongelukkig is daar nie veel anders beskikbaar nie. In Khartoem kan mens alles kry, van Steers teen R30 vir ’n hamburger tot vyfster restaurante

Pluspunte

Goedkoop in vergelyking met ander Afrika-lande

Besienswaardighede

Die Wit- en Blou-Nyl kom in Khartoem bymekaar
Die Nubiese piramides by Meroë naby Atbara
‘n Kameelrit in die woestyn
Eeu-oue stad in Dongola
Verskeie geskiedkundige monumente en opgrawings
Die Sahara-woestyn
Sien ook http://www.kermatravel.com/ENGplaces.htm

Inkopies

Khartoem het ontwerperswinkels maar buite die stad sal jy sukkel om inkopies te doen.

Onthou jou …

Amerikaanse dollars. In die hoofstad kan jy jou kredietkaart gebruik maar dit is moeilik om geld by die OTM’s te trek en byna onmoontlik om jou kredietkaart buite Khartoem te gebruik.

Ons stel voor

Om in Soedan te reis is maklik as jy ‘n huurkar het. Publieke vervoer is beskikbaar en spotgoedkoop, maar baie ongemaklik. Beplan jou reis vooraf, die land is nie baie toeganklik nie en daar is vele beperkinge.Weens streng Moslem-wette is alle drank onwettig. Tog is dit steeds soms beskikbaar; wees versigtig, respekteer die land se geloof en kies eerder om nie te drink nie. Onthou, dit is ‘n woestynstreek en in die somer sal temperature draai by 46°C – as hitte nie vir jou is nie, gaan liefs in die winter.

Noord-Soedan is nie nou juis bo-aan die meeste mense se ‘bucket list’ nie. As jy jouself moet afvra waar dit is of wat daar is, sal die meeste mense seker min of meer dieselfde antwoord gee: “Êrens in Afrika. Ek is seker daar is niks meer as oorlog en hongersnood nie”. ‘n Antwoord wat, as mens die media dophou, veronderstel is om korrek te wees. Tog kan dit nie meer verkeerd wees nie. As deel van ons wittebrood het ek en my man Soedan aangedurf en alhoewel ons ‘n paar keer gedink het ons gaan soos Moses en sy mense in die Sahara-woestyn verdwaal, het ons ná 14 dae uitgestap met niks anders as verwondering vir dié land en sy woestynmense nie.

Sit op die grens

Op dag een het ons gesit. Met nêrens om heen te gaan nie, het ons op die grens van Ethiopië en Soedan in niemandsland gewag. Ethiopië het ons klaar vaarwel geroep en die owerhede was nie bereid om ons terug te neem nie. Soedan het voor ons gelê maar húl owerhede was verskeurd oor wat om met ons te maak omdat ons nie die regte papiere en vorms gehad het nie. Uur na warm uur het ons gehoop. “In sha’Allah”, sê hulle. As God wil.

Soedan, het ons sommer dadelik uitgevind, is glad nie soos ander Afrika-lande nie. Die rigiede amptenare leef nie net volgens die Koran nie, hul werk daarvolgens en die Koran verkondig eerlikheid en reëls – reëls wat nie een van hulle maklik sal verbreek nie. Ons teenwoordigheid het hierdie spesifieke Woensdag baie moeilik gemaak vir die grensamptenare. Ons is reisigers, besoekers, en volgens die Moslem-geloof moet jy jou besoekers oppas; kos en skuiling gee, welkom laat voel. Tog moet jy by die reëls bly, eerlik optree en die wet toepas. Ons vodde ou fietsie sonder enige dokumentasie het hulle in die pekel geplaas. Hulle kon ons eenvoudig nie toelaat om verder te reis nie, tog moes en wou hulle so graag. Met daai moedeloosheid is ons aansoek om die land binne te gaan, aangestuur van een amptenaar na die volgende hoër amptenaar, vir agt ure lank. Tot een van hulle eindelik genoeg gehad het en ‘n wettige manier gaan soek en gevind het om ons in die land toe te laat. Die eerste dag was ‘n lang dag vir almal betrokke, maar met breë glimlagte – nie net ons s’n nie – het ons Soedan binnegery.

Gevaarlik?

Om Soedan as geheel te beskryf, is onmoontlik. Ons is almal bewus van al die geweld en oorlog in die westerlike Darfoer-streek en die skeiding en eeu-oue oorlog tussend die Moslem-Noorde en Christen-Suide wat onlangs ook die jongste land in die wêreld tot gevolg gehad het (Suid-Soedan). Dié twee lande kom steeds nie oor die weg nie en om te reis van die een na die ander word nie aanbeveel nie. Die ooste van waar ons ingekom het, is droog en warm maar niks in vergelyking met die noordelike Sahara-strook nie. En in die middel is Khartoem – ‘n blink metaal-oase wat uit die dorre landskap styg en alles bied wat mens ooit kan nodig kry. Splinternuwe glasgeboue en hotelle, wegneemetes, duur restaurante en selfs katolieke kerke versteek agter die groot moskees. ‘n Wêreldstad in die middel van ‘n woestynlandskap. Khartoem is ook waar die twee magtige Nylriviere bymekaarkom voor dié geskiedkundige watermassa sy laaste paar honderd kilometer Kaïro toe aanpak.

Maar hoekom wil mens Soedan toe? Vir ons was dit ‘n deurgang tussen Ethiopië en Egipte. Ons het geen keuse gehad nie. Die oorlog op die grens tussen Soedan en Suid-Soedan het familie en vriende by die huis in rep en roer gehad. Baie webblaaie en publikasies sal jou selfs afraai om Soedan toe te gaan. Tog, twee weke later het dié deurgangspad ons gunstelingland tussen Suid-Afrika en Egipte geword. Ja, dit is nie die tipe plek waarheen jy gaan om skemerkelkies te drink of pakketreise te onderneem nie, en jy moet ‘n sak vol moed en deursettingsvermoë saamdra, maar dit is ‘n plek van verskille, ‘n uitdagende bestemming waarheen jy reis om dinge te sien en te beleef wat jy nooit gedink het jy sou nie. ‘n Geskiedenisreis, ‘n mensereis en ‘n unieke reis.

Uit ‘n rolprent

Van die grens af het ons die Blou-Nyl gevolg deur die droë landskap met klein dorpies hier en daar. Dorpies wat soos lenteblomme uit niks uit opspring en verligting op die lang pad bring. Dorpies wat totaal en al uit modder gebou is. Daar is nie baie van hierdie dorpies nie maar dit was op die derde dag buite een van hulle, Wad Medani, toe ons dit sien. Langs die oewers van die magtige Nyl op pad Khartoem toe wag ‘n speelpark. Verlate soos baie ander dinge in die uitspattige hitte van die Soedannese somer. Vir een pond skakel ‘n lang, maer Moslem-man met blink tande wat deur sy groot glimlag beklemtoon word die masjiene vir ons aan. En daar sit ons, stoksielalleen op ‘n mallemeule wat hoog bo die Nyl en die woestyn draai. Soos iets uit ‘n droom of ‘n rolprent. Die wittebroodpaartjie op die malste mallemeule.Die Nyl onder ons maak ‘n dik donkerbruin strook deur die sand van die woestyn terwyl die teerpad Khartoem toe langs hom loop soos twee slange wat bymekaar bly.

Piramides

Op die agtste dag het ons ‘n oase van ‘n ander soort bereik. Net langs die splinternuwe snelweg noord van Khartoem lê die Nubiese piramides by Meroë – ‘n ongerepte monument beskerm deur die woestyn (en ‘n gebrek aan belangstelling in die land). Die piramides lê in die Nubiese streek van die eens Egiptiese Nylvallei wat nou in Soedan is. Anders as die piramides in Egipte is dit minder bekend, goedkoper en vermy jy die massas toeriste. Ons het selfs aan die voet van die piramides uitgekamp!

Verdwaal

Op die negende dag het ons verdwaal. Op die verkeerde snelweg geklim, weg van die Nyl af en in die middel van die Sahara geëindig, met geen pad en geen idee waarheen om te gaan nie. Op die negende dag is ons ook van voor af stomgeslaan deur Soedan se mense. Ons, die verlore reisigers vasgevang in hul woestyn, is deur hulle op die hande gedra tot by die grens met Egipte. Kos, water en medisyne is gratis vir ons gegee. Hulp, raad, oorlewingswenke. Enigiets wat ons kon help was ons s’n omdat ons hul gaste was. Woorde soos ‘gevaar’ en ‘oorlog’ word gemaklik gebruik in dieselfde sin as ‘Soedan’ maar as jy in die land is, ontdek jy ‘n nasie wat in ‘n dorre, verlate landskap oorleef op respek en eerlikheid. Gewone mense wat nie oorlog soek nie en nie gevaarlik is nie.

Op die veertiende dag is ons in Egipte in en het ons dadelik begin verlang na die orde en eerlikheid van Soedan. Ja, sy somersdae van 46° was uitputtend en sy woestyn sal mens insluk as jy nie versigtig is nie. Maar vir 14 dae het ons alles waaraan ons gewoond is, agtergelaat en met verwondering deur Soedan se geskiedenis en leefwyse gestap.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.