kategorieë: Skoonheid

Wees jouself. Wees beeldskoon.

“Ter viering van hierdie krag, het ons ‘n handjie vol pragtige, inspirerende vroue bymekaar gebring om by ons All Access Beauty-veldtog aan te sluit – ‘n bestemmingswinkel vir elke vrou se skoonheidsbehoeftes,” sê Terry Dale, die bemarkingshoof by Retailability. “Hierdie vroue verstaan die ware betekenis van skoonheid. Dit is nie net iets wat jy aan die buitekant dra nie; dit is ‘n gesindheid wat jou van binne bemagtig. Haar grimering waarsonder sy nie kan klaarkom nie, haar keuse van parfuum, en haar voedsame velsorgroetine is alles gereedskap wat sy gebruik om haar te help om hierdie gevoel van skoonheid te bereik, wat haar die selfvertroue gee wat sy nodig het, tesame met die voorkoms waarvoor sy lief is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Van onweerstaanbare parfuums tot doeltreffende, bekostigbare velsorg, die jongste grimeringneigings, en die warmste plaaslike en internasionale produkte wat op die rakke verskyn … All Access Beauty het iets vir elke vrou en elke veltipe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Celeste Khumalo is ‘n dubbele MBA-gegradueerde, ‘n gesogte binneversierder, aktrise en voorstander van natuurlike skoonheid. Haar gunstelingitem is haar maskara en sy erken dat sy haar parfuum kies op grond van die seisoen. Haar raad aan ander vroue is om skoonheidsprodukte te kies wat jou bemagtig en jou daardie gevoel van selfvertroue gee wat jy verdien. Dit is immers jou selfvertroue wat jou mooi maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Jessica van Heerden glo dat grimering gaan oor om dit wat jy reeds het, te benadruk en om nie jou natuurlike skoonheid te verberg nie. Sy glo vas daarin om jou ware self te wees en nie agter filters en vals stories weg te kruip nie. Sy gebruik met trots haar sosialemediaprofiel om presies dit te doen en hoop om haar volgelinge te inspireer om dieselfde te doen. Jessica sal nie die huis verlaat sonder haar Elizabeth Arden 8-uur room nie. Sy gebruik dit om haar naelvliese en lippe te bevogtig en sag te maak, en selfs op haar wenkbroue voordat sy grimering aanwend.

Skoonheid laat Candice Abrahams sterk voel. Sy glo dat skoonheid meer ‘n holistiese gevoel as ‘n voorkoms is; dit gaan daaroor om na jou geestesgesondheid om te sien en die tyd te neem om jouself aan te vul. Eers dan sal jou skoonheid na buite reflekteer. As voormalige Mev. SA en Mev. Wêreld 2016, is Candice altyd op hoogte van die jongste skoonheidsprodukte en gebruik haar platform om te help om diegene rondom haar op te voed en op te hef.

Hê pret! Dit is wat die sakevrou en entrepreneur Lisa Madibe glo jou sal voorberei vir ‘n pragtige lewe. Nooit sonder haar gunstelinglipglans nie, glo Lisa dat grimering bedoel is om jou skoonheid ’n hupstoot te gee. Dit is ‘n prettige hulpmiddel om jou te help om goed te lyk, sowel as om goed te voel. Sy maak seker dat haar vel en lippe altyd voorberei en gereed is vir grimering deur ‘n pasgemaakte velsorgregime vir haar unieke vel te gebruik. Wanneer dit by skoonheid kom, bly Lisa getrou aan wie sy is, en maak sy seker dat sy altyd produkte kies wat haar uniekheid verteenwoordig.

Skoonheid beteken dat jy jouself kan wees, en Lisanne Lazarus is hier daarvoor. Vir haar is dit die vryheid om uit te druk wie jy werklik is, sonder oordeel, sonder vrees en met baie selfvertroue. Lisanne se gunstelingdeel van haar grimeerroetine is haar lipsorg. Sy maak seker dat sy ‘n lipskrop en lipolies gebruik, en dan die item waarsonder sy nie kan leef nie, haar lipsalf, gevolg deur lipomlyner en lipstiffie.

Sterk, selfversekerd, pragtig en outentiek. Elegant, stylvol, dinamies, magtig, lewendig en vry. Dit is net ‘n paar van die woorde wat hierdie versameling sterk vroue gebruik om hulself te beskryf, en ons kon nie meer saamstem nie! Leer hulle en hul gunsteling skoonheidsprodukte en -truuks by @edgarsbeauty ken, en moenie die wonderlike aanbiedings en skoonheidsbenodigdhede by All Access Beauty by Edgars misloop nie. Net tot 4 September beskikbaar.

Besoek Edgars vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur
Tags: edgars

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.