Wees ’n geduldige bestuurder

Deur Anet Schoeman. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die skuldgevoel as jy ’n voetganger raakry bly vir altyd by jou. Selfs al was dit nie jou fout nie. Kinders is spesifiek weerloos omdat hulle maklik die afstand en spoed van ’n voertuig misreken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika het ’n skokkende hoë padongeluksyfer en met die bekendmaking van 2017 se syfers is dit duidelik dat dit boonop toeneem. In 2013 was die padsterftes 11 844 en verlede jaar was dit 14 050. Oor die laaste dekade het 135 000 mense op ons paaie gesterf en die grootse persentasie hiervan is voetgangers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Studie in die VSA toon dat dat kinders onder 14 jaar dit moeiliker vind om ’n pad veilig te kruis omdat hul waarnemingsoordeel en fyn motoriese beheer nog ontwikkel.

Dit maak dat kinders onrealisties is oor die hoeveelheid tyd wat dit duur om veilig die pad oor te steek tussen voertuie. Dit vererger boonop in swak lig. Wees dus uiters bedag as jy kinders langs die pad sien en probeer van hul liggaamstaal aflei wat hul gaan doen doen vóór dit gebeur. Ry stadiger; jy het aansienlik meer afstand nodig om te rem as jy vinnig ry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ry ekstra stadig as jy verby ’n bus of taxi ry. Kinders mag skielik voor die taxi uitspring. Parkeerareas is net so ’n risiko met kinders wat sonder waarskuwing agter ’n voertuig uithardloop terwyl die ma met pakkies of ’n stootwa sukkel.

Wees geduldig met fietsryers

Kinders op fietse kan onvoorspelbaar wees. As hul staande fietsry wieg hulle maklik van kant tot kant wat meer ruimte benodig en hul teen jou kantspieel kan laat kap. Fietsryers draai ook maklik effens oor die pad as hul agter hul kyk. Maak dus seker dat jy oorgenoeg spasie bied. Wees geduldig – die paar minute wat jy op jou reis spaar deur verby fietsryers te skuur kan lewenslange gevolge inhou.

Wees geduldig met vragmotors

Dis frustrerend om agter ’n stadige trok te sit. Dis ook gewoonlik wanneer bestuurders ongeduldig raak en onverskillige dinge aanvang. Die gemiddelde trok weeg 56 ton: Jy wil nie in ’n tweestryd betrokke raak nie. Tog toon statistiek dat meer as die helfte van dodelike ongelukke wat vragmotors insluit deur motorbestuurders  veroorsaak word.

  • Hoe swaarder die voertuig, hoe langer is die remafstand. Moenie verby ’n vragmotor rits en dan triomfantlik voor hom inswaai voor die robot nie. Daar mag dalk nie genoeg afstand wees sodat hy betyds kan stop nie. Jy gaan tweede kom.
  • Trokke het direk agter en langs die trok blindekolle. Somige het ekstra spieëltjies om hiervoor te vergoed, maar baie gaan jou nie sien as jy minder as 10 meter agter die vragmotor is nie. Maak dus seker dat jy die trokbestuurder in sy spieëltjie kan sien, dan weet jy hy kan jou ook sien.
  • Tydens nat weer moet jy ekstra versigtig wees. Beide voertuie gaan  minder stabiel wees. ’n Nat pad veroorsaak ook ’n sproeireën van die trok se bande. Skakel dus jou ruitveërs aan vóór jy begin vebygaan.
  • Moenie te naby agter ’n vragmotor stop nie. Hulle rol soms ’n entjie terug voor hul wegtrek en kan ook klippe opskop.
  • Gee jouself genoeg tyd om verby te gaan. Veral as die trok segmente het. Baie lewens is ook al verloor deur bestuurders wat die spoed van ’n aankomende voertuig onderskat het. Dis ook nie altyd maklik om ’n trok se grootte in die nag te bepaal nie.
  • Trokke het soms meer as een laan nodig om te draai. Neem dit in ag.
  • ’n Trok kan beheer verloor en dwars oor die pad draai (jack knife). Wees bedag sodat jy ruimte het om uit die pad te swaai.
  • Wees wakker en dink wat jy doen. ’n Ongeluk kan so maklik verhoed word.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: wellbeing

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

17 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.