kategorieë: WenkeMode

Wees sonbril-slim

Wie kan net nie ’n mooi sonbril weerstaan nie, ten spyte daarvan dat jy reeds vier sonbrille êrens in jou kas laat rondlê? Baie sonbrille beskerm jou oë egter nie teen sonstrale nie. ’n Amerikaanse studie het bewys dat anders as jou vel wat haartjies bevat, is jou oë die enigste orgaan wat direk aan ultraviolet (UVA & UVB)- sonstrale blootgestel word. En dít kan tot katarakte, gedeeltelike of selfs permanente blindheid lei, omdat die oog se retina geen beskerming teen die son se strale het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Sonbril-modes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarom is sonbrille vandag nie net ’n bykomstigheid nie, maar ’n noodsaaklikheid. Daar is gelukkig so baie ontwerpe dat jy seker kan wees om jou pasmaatbril te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

6 wenke om in gedagte te hou tydens jou sonbrilsoektog

  • Die belangrikste is om in ’n sonbril te belê wat jou teen UVA- en UVB-strale beskerm. Die meeste sonbrille absorbeer reeds UVB-strale omdat die lens van glas of plastiek gemaak is, maar UVA-strale is gevaarliker en dit is belangrik dat jou sonbril jou oë teen albei moet beskerm.
  • Kies ’n bril wat gemaklik sit – nie te smal nie, maar wat ook nie afval wanneer jy vinnig kant toe kyk nie. ’n Sonbril word nie verniet jou tweede paar oë genoem nie, jy moet amper vergeet dat jy een dra.
  • Soek ’n sonbril wat die beste by jou leefstyl pas – as jy gedurig jou sonbril op jou kop ronddra, moet jy liefs nie een met aanskroef-neuskussings kies nie. Só sal jy vermy dat jou hare om die fyn skroefies bo-op jou kop koek. As jy hardhandig met jou bril werk, kies ’n sterk raam wat effens dikker is om alle aktiwiteite en hantering te weerstaan.
  • Die vel onder jou oog is ’n baie sensitiewe deel, daarom is dit belangrik om ’n bril te kies wat jou oogbanke beskerm, sonder om jou soos ’n vrugtevlieg te laat lyk.
  • As jy onseker is, kies eerder ’n klassieke, tydlose styl. ’n Vierkantige raam met ’n effense katoog is ’n gunsteling en pas by amper enige gesigvorm. Hou die raam eenvoudig om dit by enige uitrusting te dra.
  • Kies ’n sonbril wat by jou gesigvorm pas. As jy fyn gelaatstrekke het, is dit beter om ’n dunner raam met kleiner lense te kies.

Lees ook: Hoe om die perfekte sonbril te kies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.