kategorieë: InspirasieJou lewe

10 dinge wat jy vanjaar kan doen om gelukkiger te wees

10 dinge wat jy vanjaar kan doen om gelukkiger te wees saamgestel deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak vanjaar hierdie 10 klein aanpassings en wees gelukkiger! Ons gee raad oor slegte vriendskappe, hoe om jouself lief te kry en klein dinge wat jy kan doen om meer bewustelik te lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 30 maklike dinge wat jy kan doen om vanjaar jou lewe te verbeter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Vat dit rustiger!

Die jaar kan in ’n dolle gejaag ontaard. Maak vanjaar ’n punt daarvan om doelbewus stadiger en meer bewustelik te leef. Begin met klein stappies en skaal af, en doen moeite om aan konneksies en verhoudings te werk. Klik hier om te sien watter slim wenke ons het hoe jy maklik dié denkwyse kan omhels.

Lees ook: Begin elke dag reg met hierdie 5 maklike stappe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Jy mag NEE sê

Meeste vroue vind dit maklik om nee te sê  – en wanneer ons nee sê, voel ons skuldig daaroor! Maak vanjaar jou jaar van nee sê – sonder om sleg te voel. Hier is ’n goeie wegspringplek om jou te help hoe om nee te leer sê.

Onthou: Nee is ’n volsin – jy hoef nie te verduidelik of redes te gee nie.

Lees ook: Maak kreatiwiteit deel van jou lewe en wees gelukkiger

3. Leer hoe om meer selfgeldend te wees.

Om gaaf, oulik en die minste te wees, kom teen ’n duur prys. Mense word ten koste van hulself misbruik omdat hulle so toegewyd en diensbaar is. Maar die ding is, jy hóéf nie die vloerlap te wees nie! Word vanjaar selfgeldend en voel sommer baie beter oor jouself en jou verhoudings met ander. Klik hier om te sien hoe jy dit kan doen.

Lees ook: Die dans van mag: hoe ons die “victim triangle” in verhoudings skep en onderhou – en hoe ons dit kan stopsit

Lees ook: 4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees

4. Leef groener

Maak vanjaar ’n doelwit om meer eko-vriendelik te lewe. Jy kan herwin, omgewingsvriendelike produkte koop, of ’n paar zero waste-gewoontes aan te leer. Hier is 10 maklike dinge wat jy sommer nou kan begin doen om groener te lewe.

Lees ook: Slim wenke vir herwinning in jou huis

5. Hou op om so hard te probeer

Soms ontglip geluk jou omdat jy dit jou doelwit maak. Leer vanjaar hoe om anders na geluk te kyk en kry sommer meer daarvan as wat jy verwag het! Loer hier om te sien hoekom dit goed vir jou is om nie so hard te probeer nie.

Lees ook: Wil jy nou regtig ’n supervrou wees? Dis hoekom hierdie denkpatroon sleg is vir jou

Lees ook: Leer hoe om vrede met vrees te maak

6. Sê totsiens vir ongesonde vriendskappe en verhoudings

Daar is twee dinge om vanjaar aan te werk: Om ontslae te raak van emosionele bagasie, en om ongesonde verhoudings stop te sit. Loer hier en vind uit hoe jy dit kan doen:

Raak so ontslae van jou emosionele bagasie – en voel sommer dadelik ligter.

Wat jy nou dadelik oor ongesonde vriendskappe kan doen

Loer ook hier om te sien hou jy beter verhoudings kan kweek.

7. Hou meer van jouself

Dink jy jy is oulik, of is dit elke dag ’n gesukkel om te onthou waarom jy nou juis so spesiaal is? Ons het gaan uitvind hoekom ons nie van onsself hou nie, en wat ons kan doen om weer lief te raak vir onsself.

Lees ook: Nie goed genoeg nie? Hier is dinge wat jy kan doen oor gevoelens van minderwaardigheid

8. Voel gelukkiger en gemakliker in jou lyf

Leer vanjaar hoe om jou lyf lief te kry – rekmerke, plooie, vetrolletjies, dun beentjies en al. Klik hier vir raad

9. Praat daaroor

Dis moeilik om oor moeilike onderwerpe te praat met ons verhoudingsmaats – maar in die lang termyn is dit beter vir almal. Loer hier om uit te vind hoe jy beter met jou lewensmaat kan kommunikeer.

’n Ander ding waarmee ons sukkel, is om oor seks te praat. Loer hier om te sien hoe jy beter oor seks kan praat

Lees ook: Jy mag kwaad word – hier is konstruktiewe maniere om jou woede te hanteer.

10. Wees laf en leef lekkerder en langer

Eet goed, skink daai glas wyn, word kwaad en lag lekker – en leef langer! Hier is ses maklike dinge wat jy vanjaar maar mag doen om gelukkiger te wees en langer te lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.