Welige wenkbroue

Ons is gaande oor bekendes soos Cara Delevingne en Jennifer Connelly se wenkbroue. Voller wenkbroue raam jou gesig en komplimenteer jou oë, sê Tamsin van der Spuy, stigter van Alila Professional Makeup.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tamsin deel haar top 5 wenkbrou-wenke met ons:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Belê in ’n goeie haartangetjie, wat sal verseker dat jy van daardie ongewenste fyner haartjies ontslae raak.

Stap 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebruik ’n wenkbrou-borseltjie en kam jou wenkbroue opwaarts en knip dan enige haartjies wat bo jou wenkbrou-lyn groei met ’n skêrtjie af.

Stap 3

Die beste manier om jou wenkbroue te vul, is met ’n mat poeier-oogskadu of wenkbrou-poeier. Dit sal vir jou die mees natuurlike voorkoms gee. Vir donkerder gelaatskleure gebruik kleure soos swart of mocha-bruin en vir ligter veltone gebruik sagte bruine of beige skakerings.

Druk die wenkbrou-borseltjie saggies in die oogskadu of wenkbrou-poeier, en vee saggies oor jou haartjies om die wenkbroue te vul. Kort, opwaartse bewegings werk die beste.

Stap 4

Gebruik nou ’n skoon maskara-borseltjie en kam deur jou wenkbroue om die kleur te versag sodat dit meer natuurlik lyk.

Stap 5

Jy kan selfs ’n klein bietjie haarsproei op die maskara-borseltjie sproei en deur jou wenkbroue kam om dit op hul plek te hou. Makliker nog – gebruik ’n wenkbrou-jel of mousse.

Onthou:
“Vir die beste resultate moet jy jou wenkbroue deur ’n professionele wenkbrou-kenner laat “shape.” Daarna is die instandhouding van jou wenbroue soveel makliker,” sê Tamsin.

Die Alila-span het vir een van die dames in die kantoor ’n vinnige “mini-makeover’ gegee en haar wenkbroue gevul, kyk net die verskil!

Voor

Na


Hier is ons gunsteling-wenkbrouprodukte

GOSH Eyebrow Pencil in Brown

Rimmel Brow This Way Sculpting Kit

Maybelline Brow Mascara

Eylure Brow Palette

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.