kategorieë: Blogs

Wenke vir jou eie besigheid!

Hier is dus ‘n paar stukkies raad uit my mandjie.

Kom ek begin deur te sê: alle besighede het bemarking nodig. Almal. Teensy jy ‘n ooreenkoms met die plaaslike mafia het, dan doen hulle jou bemarking (as jy dit bemarking wil noem?) vir jou. Mense kan immers nie van jou gebruik maak, indien hulle nie van jou weet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klein besighede is geneig om enige vorm van bemarking te staak die oomblik as die rieme bietjie styf trek om sodoende geld te bespaar. Wat ‘n groot fout! Jy moet juis dan extra bemark om jou produk of diens te verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek glo persoonlik in arm man bemarking vir meeste middelslag tot klein ondernemings. Arm man bemarking is waar jy die minimum fondse bestee aan bemarking, maar eerder baie tyd investeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie metode is perfek vir nuwe besighede wat nog sukkel met hulle kontantvloei. Daar heers ‘n algemene wanpersepsie dat slegs pamflette, radio en televisie advertensies beskou word as bemarking. Of om ‘n potjie gholf te borg vir ryk mense wat self daarvoor kan betaal. Dit is glad nie waar nie, met baie tyd en moeite kan jy dieselfde, indien nie beter resultate kry.

Eerstens moet jy seker maak jou handelsmerk is reg. Selfs die bakkery op die hoek het ‘n unieke element. Dink mooi, wat laat jou uitstaan teen soortgelyke besighede. Is dit jou diens, kwaliteit of produk self? Neem daardie eienskap en bou jou handelsmerk daarom. Dink bietjie hieroor en skiet idees rond. Meeste besighede se grootste fout is dat hulle onseker is waarom hulle beter is as ander besighede. Indien jy onseker is kan jy nie kliënte oortuig om van jou diens gebruik te maak nie. Indien jy egter seker is moet jy dit nie as ‘n geheim hou nie- deel dit met werknemers en maak seker hulle kan die boodskap aan kliënte oordra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lyk asseblief professioneel. Moenie ‘n logo gebruik wat jy uit word se clipart gesteel het nie- daar is ‘n rede hoekom dit verniet is. Laat ‘n professionele korporatiewe pakket saamstel deur ‘n grafiese ontwerper. Dit is beslis die geld werd. Jou korporatiewe beeld is die fondasie vir al jou bemarkingsaktiwiteite en die Bybel se moenie ‘n huis op sand bou nie…

Gebruik die internet as jou vriend, nie vyand. 54% van alle verbruikers soek dienste/produkte of restaurant op die internet voordat hulle ‘n besluit neem. Wees dus teenwoordig op die internet. Maak gebruik van sosiale media vir interaksie en kry jou besigheid gelys op die regte platforms. Onthou baie van hierdie platforms is verniet, dit kos net tyd.

Maak ook seker jy het ‘n goeie webblad. ‘n Webblad is soos die aanlyn kind van jou fisiese besigheid. Dit moet dieselfde beeld en interaksie weergee as wat jy persoonlik by jou besigheid sal doen.

Is die bogenoemde in plek? Nou begin die pret. Begin verhoudinge bou met mense in dieselfde besigheidsarea wat aanvullende dienste of produkte bied. Julle kan mekaar help en sodoende mekaar se kliënte databasisse vergroot. Byvoorbeeld: ‘n Modelagentskap en haarkapper is ‘n wenkombinasie!

Wanneer dit by pamflette kom wees kreatief. Deel eerder ‘n geskenkbewys uit met 10% af. Dan weet jy mense gaan dit nie net weggooi nie. Ons almal hou van ietsie pasella- al is dit ‘n pen! Drukwerk is bitter duur en mens wil seker wees dit bereik jou teikenmark. Die bogenoemde is egter al waarvoor ek plek het in hierdie klein mandjie van my. Dit is tyd dat ek my kappie opsit en verder die die woud huppel.

Indien ek jou egter met meer vrae as antwoorde gelaat het of jou honger gelos het vir nog is jy welkom om my webblad te besoek www.madnessmedia.co.za, ons het ‘n oulike bemarkingsblog op die webblad. Alternatiewelik kan jy my e-pos met enige vrae: michelle@madnessmedia.co.za.

Tot volgende keer,
Michelle

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.