kategorieë: Inspirasie

Wenke vir ’n flatervrye onthaal

Onthaalplanne

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mathilda Pansegrouw is ’n bobaasgasvrou en ons het by haar gaan hoor wat sy doen om haar gaste spesiaal te laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Vroue hou veral daarvan om hul dors te les wanneer hulle iewers opdaag. Bedien ’n ligte wyn met baie ys uit groot glase vir die eerste drankie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Brood bly ’n lekker vuller en gee jou langer tyd in die kombuis. Smeer ’n interessante brood met olyfolie en strooi growwe sout oor. Verhit tot deurwarm in die oond. Sit voor met ’n doopsousie van olyfolie en balsemiekasyn.

3. Kikker ’n gewone slaai op met ’n paar vars gekapte kruie of ’n hand vol liggies verbruinde neute. Verhit die slaaisous effens en dien dit op met ’n kraakvars koue slaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Kikker sop op met ’n skeppie vars room, gekapte vars kruie of gerasperde parmesaan. ’n Gewone bredie ondergaan ’n geurverandering met gekapte knoffel en fyn gerasperde lemoenskil. Sit voor op pasta of koeskoes pleks van rys.

5. Suid-Afrikaners hou van vure en vlamme. Dit beteken nie jy moet altyd braai nie, maar steek sommer ’n vuurtjie in die Weber aan. Anders moet jy sorg vir kerslig aan tafel, dit skep ’n gemoedelike atmosfeer en laat mense ontspan.

6. Poedings is nie ’n moet nie. Gepreserveerde groenvye of geglasuurde vrugte voorgesit saam met beleë cheddar of bloukaas is ’n makliker en smaakliker manier om ’n ete af te sluit.

Kombuiskunsies

Ina Paarman sê wat jou te doen staan as dinge in die kombuis skeef loop

1. Wat gemaak as jy te veel sout, peper of Kerrie by ’n gereg gevoeg het? Voeg ’n neutral bestanddeel, soos aartappels en room by ’n sop, of ’n kombinasie van jogurt en room by ’n stowegereg. Jogurt alleen werk nie so goed nie, maar die vetmolekules in die room doen die ding.

2. Lig ’n smaaklose bruinsous met ’n skeut suurlemoensap, ’n doppie sjerrie en ’n lekker klont botter wat aan die einde bygeklop word.

3. Wat gemaak met ’n vetterige laag bo-op ’n sop, sous of bredie? Dis maklik! Lê ’n dubbele laag absorberende kombuispapier op die sous. Druk liggies af en sien hoe suig die papier die vet op!

4. Jy het ’n feesmaal gekook, maar jou hande ruik na knoffel, uie of vis. Hou ’n buisie tandepasta in die kombuislaai en vryf ’n bietjie tandepasta tussen jou handpalms en spoel af. Dis ook heerlik verfrissend.

5. Was ’n yskas wat nie meer lekker ruik nie uit met warm seepwater waarby ’n eetlepel koeksoda gevoeg is. Sit daarna ’n klont steenkool of antrasiet êrens in die yskas. Onthou om sterk gegeurde kos soos pynappel en kaas te bedek voor dit verkoel word.

6. Wat doen jy met vars slaai en kruie wat verlep het? Spoel die slaai af in asynwater, skud droog, draai in kombuispapier toe en sit in ’n lugdigte bak of plastieksak en ’n week later is dit selfs nog beter. Verlepte slaai kan ook effens opgekikker word as jy dit in yswater met ’n stukkie steenkool laat staan.

Slim kombuisplanne

Onthaal word kinderspeletjies met Marty Klinzman se slim kombuisplanne. Sy is ’n bekende kosskrywer, redakteur, skrywer en medeskrywer van talle resepteboeke, sowel as kosstilis en consultant vir Kenwood.

1. Deur werkoppervlakke goed te benut, kan dit as werk- en eetplekke gebruik word, veral as jy daarvan hou om in die kombuis te kuier. Maak ’n sentrale eenheid effens hoër as gewone werkoppervlakke sodat jy nie hoef te buk wanneer jy werskaf nie. Die sentrale eenheid kan ook so ingerig word dat mense om die eenheid kan aansit.

2. Tweeplaat-gasbranders is ’n nuttige en goedkoop manier om die kookruimte in jou kombuis te vergroot. Die gasbottel pas gerieflik in enige kas en die gas gee vinnige hitte vir blitsvinnige resultate. Mikrogolfoonde kan ook die lewe baie makliker maak – veral om ’n kitssous warm te maak of om sjokolade te smelt.

3. Groepeer soortgelyke gereedskap bymekaar om onnodige lopery uit te skakel. Bêre die bakgereedskap, soos die voedselverwerker, skale, meel- en suikerhouers, siwwe en klitsers bymekaar. Dis ook slim om die ketel naby die koffie, tee en koppies te hou.

4. Kies ’n vloer wat maklik skoonmaak. As jy baie tyd in die kombuis deurbring, kan jy gerus daaraan dink om die vloer ’n sponsonderlaag te gee. Dit gee ekstra ondersteuning.

5. Maak seker daar is genoeg kragpunte in jou kombuis sodat jy jou gereedskap met gemak kan rondskuif na waar jy dit nodig het.

Wynmaniere

As die kombinasies van kos en wyn jou hoofpyn gee, hier is Vera Orffer van Douglas Green gee raad.

1. Daar is geen vaste reëls as dit kom by kos en wyn nie. Nes ’n komponis sy musiek skryf sodat hy ’n perfekte harmonie kan speel, is dit dieselfde harmonie waarna ons streef as ons ’n ete voorberei.

2. Ons moet weet hoe smake, geure, teksture en kleure bymekaar pas. Die geheim is om die geure en mondgevoel van die wyne te leer ken. Bêre die geure in jou geheuebank om keuses te vergemaklik.

3. Die wyn se geur en tekstuur – of dit grasagtig of ryp vrugtegeure het, droog of soet, sag of redelik tannien het, sal die karakter van die gereg beïnvloed.

4. As jy jou ete beplan, kies jy geregte wat bymekaar pas. Maar eintlik is wyn ook een van die geregte en moet reeds aan die begin bygereken word.

5. As daar wyn in die bottel oorbly, kan jy ’n bietjie olyfolie by die wyn gooi. Die olie sal bo-op dryf en dit teen oksidasie beskerm. Merk die bottel “kookwyn” en hou in die yskas.

6. Maak ysblokkies van die res van die wyn. Die blokkies kan in gemerkte sakkies gebêre word en vir kookdoeleindes ontdooi word.

Geheime vir suksesvolle gebak

Letitia Prinsloo, die hoof van die Institute of Culinary Arts op Stellenbosch, het vir ons haar beste raad vir suksevolle gebak gegee.

1. Bak uitgevoerde tertkorse in tertpanne altyd eers op ’n warm bakplaat om papperige korse te voorkom.

2. Gebruik eierwitte by kamertemperatuur as jy dit moet styf klop omdat daar minder oppervlakspanning is en jy sodoende groter volume kry.

3. Sorg dat alle bestanddele yskoud is wanneer jy deeg aanmaak sodat jy heerlike, bros deeg het wat nie te sag is nie.

4. Laat rus deeg altyd ’n rukkie voor jy dit uitrol of hanteer sodat dit nie met die bakslag krimp nie.

5. Gebruik karringmelk eerder as melk in muffins vir ’n sagter kors.

6. Bak koekies wat baie suiker bevat eerder op twee bakplate bo-op mekaar gestapel. Dit sal keer dat dit te vinnig aanbrand.

7. Sit koekies wat gevorm moet word vir ’n rukkie in die yskas voor dit gebak word. Dit sorg dat die botter nie uitbak nie.

8. Klop eierwitte in ’n glas- eerder as plastiekbak omdat plastiek soms vetterig is.

9. Moenie ’n koekpan voller as ²⁄³ met beslag maak nie – dit kan veroorsaak dat ’n punt in die middel van die koek bak.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.