kategorieë: Grimering

10 grimeerwenke vir ’n jonger voorkoms

1. Verbloemer is ’n moet

’n Moet-hê produk vir jou smuktas is beslis ’n verbloemer, om daardie ongewenste donker kringe onder jou oë te versag. Elsa Kruger, skoonheidskrywer vir verskeie publikasies asook van www.mooipraatjies.com gee raad: “Bobbi Brown sê nie verniet verbloemer (concealer) is die geheim van die heelal nie. Leer hoe om jare van jou gesig af weg te toor met die regte verbloemer onder jou oë en op ander merkies op jou vel. As jy nie weet hoe nie, gaan vir ’n gratis les by ’n Bobbi Brown-toonbank.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk: Moenie net verbloemer onder jou oë gebruik nie – wend dit aan die binne- en buitehoeke van jou oë, die buitekante van jou neus en aan die kante van jou mond. Siedaar, ’n varser jy!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Stadig met die poeier

Wanneer jy aan ’n jeugdige gelaat dink, dink jy aan ’n vel met ’n gesonde glans. Poeier doen die teenoorgestelde en laat jou vel afgemat voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elsa sê: Poeier laat jou oud, en jou vel dof en tam lyk, dit beklemtoon ook jou lyne en plooie. ’n Sagte gloed op jou vel is jeugdig en soos wat ’n mens ouer word, skei jou vel minder olie af, dus sal jou gesig nie sommer blink as jy die poeier laat links lê nie. Klad eerder enige blinkheid by jou neus, voorkop en ken (die T-sone) met ‘skin blotting pads’.

3. Sê JA vir glansende onderlaag

Namate ons ouer word, verloor ons vel daardie soepelheid en glans soos selhernuwing verminder wat ook veroorsaak dat ons velle gewoonlik droër is en minder olie afskei. Vermy eerder ’n swaar en mat onderlaag wat maklik tussen fyn lyne op jou vel gaan sit en plooie meer sigbaar maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies ’n lig-reflekterende onderlaag, sê haar- en grimeerkunstenaar Cheryl Parker, wat jou vel verhelder en daardie douagtige glans gee. Hierdie tipe onderlaag is ook gewoonlik meer hidrerend en laat nie die vel droog en trekkerig voel nie.

4. Blosser is jou beste vriend

Blosser is beslis die vinnigste manier om jou voorkoms op te helder wanneer jy vaal en uitgewas voel. Kies ’n roomblosser wat jy sommer ook as ’n lipstiffie kan gebruik – die roomblosser se tekstuur gee ’n deursigtige glans aan jou wange wat meer natuurlik lyk, stel Cheryl voor.

Elsa herinner: gebruik jou blosser op die regte manier, die doel is om jou gesig se kontoere te verander, daarom moet jou blosser hoër op teen die wang geplaas word, en nie direk langs jou mond nie!

#rooirosewenk: Hou hierdie veelsydige blosser in jou handsak en swiep liggies met jou vingers oor jou voorkop, wange en lippe vir ’n gesonde gloed.

5. ’n Basislagie is belangrik

Gebruik ’n voorbereidingslagie/basislagie (primer) om jou vel voor te berei. Hierdie lagie vul jou fyner plooie en laat ook vergrote porieë meer egalig lyk. Boonop maak die voorbereidingslagie die aanwending van jou onderlaag makliker en laat jou grimering ook langer hou.

Daar is verskeie tipes voorbereidingslagies beskikbaar. Kies een wat vir jou sal werk, stel grimeerkunstenaar Ryno Mulder voor. Daar is olievry, of dié wat glans verleen, selfs vir diegene wat sukkel met rooiheid is daar groen skakerings wat rooiheid teenwerk.

6. Sê NEE vir blink grimering

Enigiets wat beskryf word as frosty, glitter, glimmer of shimmer beklemtoon elke plooi, vergrote poriëe, crêpe-agtige ooglede en lyne, waarsku Elsa. Sê vaarwel aan blink (glitter) en frosty grimering en naellak na 40. Kies eerder ’n mat oogskadu en met roomteksture, dit is meer vleiend vir ouer ooglede.

7. Hou oogomlyner bo

Blameer dit op die tagtigerjare, maar oogomlyner wat net op die onderste ooglid aangewend word, is ’n trend wat eerder moet waai, sê  Ryno. Hierdie voorkoms trek jou oë afwaarts en beklemtoon die donker kringe en plooie onder jou oë. Oogomlyner en maskara op die onderste ooglede en wimpers kan ook makliker afsmeer wat verder byvoeg aan daardie ongewenste donker kringe.

Grimeerkunstenaar Cheryl stem saam, gebruik eerder oogomlyner net op die boonste ooglid en probeer die ‘katoogomlyner’ tegniek aan die buitehoek van jou oë met ’n vloeibare oogomlyner wat verder jou oë sal lig.

8. Vul jou wenkbroue

Deur die jare word ons wenkbroue al hoe minder en boonop dalk grys ook. Jou wenkbroue lyk ligter en dunner en so verloor jou gesig definisie. Voller wenkbroue skep ’n raam vir jou gesig en ‘lig’ jou oë.

Kies ’n mat-wenkbroupoeier twee skakerings ligter as jou haarkleur vir ’n naturlike voorkoms. Gebruik ’n skuinsborseltjie en vul enige gaatjies in jou wenkbroue – kort opwaartse hale werk die beste. Kam dan die haartjies netjies in plek met ’n wenkbrouborseltjie.

#rooirosewenk: Laat tint jou wenkbroue en wimpers as jy nie altyd tyd het om jou wenkbroue te vul nie.

9. Natuurlike lippe

Vermy eerder donker of bruin lipstiffies wat jou lippe laat dunner lyk, ons lippe word al hoe dunner soos ons ouer word, kies eerder ’n natuurlike skakering.

Om jou perfekte natuurlike skakering te vind, trek jou mond pruim terwyl jy vir jouself in die spieël kyk. Die kleur aan die binnekant van jou lip (’n paar skakerings donkerder as jou buite lipkleur) sal die vleiendste natuurlike skakering vir jou wees, stel Cheryl voor.

10. Leer hoe om te beklemtoon

Beklemtoner is ’n ouer vel se grootste vriend. “Behendige beklemtoner (highlighter) op jou wangbene, neusbrug, voorkop en kakebeenlyn gee ’n jeugdige glans en trek die oog na jou beste gelaatstrekke toe,” sê Elsa.

Lees ook: Grimeerwenke vir brildraers

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.