kategorieë: HareGrimeringSkoonheid

Jy kan nou Game of Thrones hare en grimering kry!

Jy kan nou Game of Thrones hare en grimering kry! deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Rexfeatures / Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vlegseltjies

Daenerys Targaryen se vlegselstjies maak ons lus om ons hare te laat groei. Dis is eintlik so eenvoudig, dog treffend. En nee, jy is nooit te oud vir vlegsels nie! Jy kan dit selfs met bob-lengte hare doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 11 interessante feite oor Game of Thrones wat jy dalk nie geweet het nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Psst! Ek was so ’n rukkie gelede by ’n kostuumpartytjie. Raai wie was ek? Dankie tog vir ’n haarstilis vriendin wat die pruik vir my geleen en gevleg het (my hare is eintlik in ’n blonde bob-styl).

Ons het met haarstilis Cheryl Parker gesels om uit te vind wat die geheim tot hierdie voorkoms is.

“Enigiets wat jou hare taaier maak, soos mousse of seesout-sproei werk goed as jy vlegsels maak, veral as jou hare sy-glad is,” sê Cheryl.

Probeer gerus hierdie produkte:

’n Beperkte uitgawe Game of Thrones-grimeerreeks!

Kyk net hierdie grimering en kwaste geïnspireer deur gunstelingplekke en die sterk vroue van Westeros. Urban Decay se Game of Thrones-versameling is slegs vir ’n beperkte tyd beskikbaar en aanhangers moet maar gou spring. Die internet is behoorlik aan die gons hieroor!

Hierdie voorkomste is natuurlik deur die huise van Game of Thrones geïnspireer. Wil jy smeul in metaalskakerings soos Huis Lannister; treffend wees in juweelskakerings soos Huis Targaryen of ysig in blou wees soos die White Walkers?

Lees ook: Game of Thrones 101: Alles wat jy moet weet voordat #GoT se 8ste seisoen begin

Ons gunsteling is hierdie oog-palet! Die detail in die 3D-verpakking!!! Daar is 20 verskillende skakerings en die palet is in vier dele opgedeel. Elke deel stel ’n verskillende GoT-huis voor. Huis Targaryen het skitterende juweelkleure; Huis Lannister’n mengsel van mat en glinsterende metaalskakerings; Huis Stark het rokerige mat-skakerings en White Walkers yskoue glinsterende skakerings.

The Urban Decay Game of Thrones Eyeshadow Palette (R1 250)

Daar is ’n verskeidenheid oogpotlode om van te kies. Kyk net die name!

En die grimeerborsels! Dit lyk kompleet soos Aray Stark en Jon Snow se swaarde.

Gebruik die Aray Stark Needle Flat Eyeshadow Brush (R400 ) vir presiese aanwending.

Wend aan en meng met Jon Snow Longclaw Eyeshadow Brush (R 400).

Urban Decay Game of Thrones Mother of Dragons Highlighting Palette

Die Mother of Dragons Highlighting Palette (R600) het drie skakerings waarmee jy kan beklemtoon; Dragon (die skitterende pienk skakering), Viserian (die natuurlike goue skakering) en Rhaegal (die metaal brons skakering). Gebruik dit apart of meng dit alles saam.

Urban Decay Game of Thrones Lip & Cheek Stain

Die Lip & Cheek Stain (R500) is die perfekte Targaryen skakering. Gebruik een tot twee druppels en meng dit op jou wange of lippe vir ’n deursigtige rooi vlek.

Urban Decay Game of Thrones Vice Lipsticks

Vier beperkte skakerings Urban Decay Game of Thrones Vice Lipsticks (R300) is beskikbaar.

Kry dit hier:

Urban Decay-produkte is aanlyn beskikbaar vanaf 15 April 2019 en in alle Urban Decay-winkels vanaf 2 Mei 2019.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.