kategorieë: GrimeringSkoonheid

Grimeerwenke vir jou troudag

Grimeerwenke vir jou troudag deur Corné Greeff. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Grimeerwenke vir die bruid

Voor jy “ja” sê, moet jy ook eers “ja” sê vir die regte grimeerkunstenaar en die regte grimeerprodukte. Jy wil tog mooi lyk op jou troue en op jul troufoto’s. Hier is ‘n paar nuttige grimeerwenke vir jou troudag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar dinge wat jy moet weet.

Lees ook: Berei so voor vir jou troudag

Kies so die regte grimeerkunstenaar

  • Kies ’n grimeerkunstenaar wat jy vertrou en by wie jy gemaklik voel. Jy wil seker maak dat jy op hierdie spesiale dag op jou mooiste lyk en voel.
  • Doen navorsing, kyk na resensies en na sy/haar webtuiste en maak seker jy hou van die grimeerkunstenaar se styl. Jy wil ook seker maak die grimeerkunstenaar is professioneel.
  • Die troudag kan emosioneel wees vir die bruid, en dis belangrik om iemand te gebruik wat jou gemaklik laat voel.

Maak betyds ’n afspraak

Grimeerkunstenaar en haarstilis Cheryl Parker raai bruide aan om betyds ’n afspraak te maak by die grimeerkunstenaar wat jy graag vir jou troue wil gebruik.

Gaan vir ’n toetslopie

  • Gaan ’n maand voor die tyd vir ’n toetslopie by die grimeerkunstenaar.
  • Dit is ook ’n goeie idee om voorbeelde saam te neem sodat hy/sy presies weet wat jy in gedagte het.

Koop die lipstiffie en poeier

Cheryl stel voor dat bruide die lipstiffie en poeier koop wat die grimeerkunstenaar gaan gebruik. Gee dit vir die strooimeisie of jou ma sodat jy kan seker maak jou lippe en vel lyk heeldag mooi.

Lees ook: Lentelippe: Hoe om warm pienk lipstiffie te dra

Wees gemaklik met hoe jy lyk

Waak teen oordaad. Jy moet steeds soos jouself lyk op jou troudag, en as jy oor die algemeen nie baie grimering dra nie, gaan jy ongemaklik voel met baie grimering.

As jy met die toetslopie nie van die grimering hou nie, gesels met die grimeerkunstenaar en maak seker julle kry ‘n styl waarvan jy hou.

Beligting

Beligting is baie belangrik. Maak seker die lokaal waar jy gereed maak, is goed belig. Natuurlike lig is altyd beter en sal die grimeerkunstenaar help om jou grimering egalig aan te wend en foute te vermy.

Lees ook: ’n Fotograaf se wenke vir jou troudag

Sonskerm

Onthou om sonskerm aan te smeer voor jy gegrimeer  word, veral as jy buite gaan trou en die foto’s buite geneem word. Jy wil nie hê jou gesig moet rooi brand nie.

Onthou hierdie as jy self jou grimering doen

Wanneer jy ’n gas of strooimeisie is, of jou eie grimering vir jou troue wil doen, is dit belangrik dat jy die volgende in gedagte hou:

Lees ook: Trou mooi vir minder

Die toestand van jou vel

Maak seker jou vel is in ‘n goeie toestand. Onderlaag wat aan droë velletjies kleef, is nie ideaal vir foto’s nie. Skilfer jou vel af en maak seker dit is goed bevogtig. ‘n Goed gehidreerde vel lyk mooi en glansend op foto’s.

Gebruik ‘n voorbereidingslagie

‘n Goeie voorbereidingsproduk (primer) is belangrik. Jy wil graag hê jou grimering moet langer aanbly. Kies ‘n voorbereidingslagie wat jou plooie sal “vul” indien jy dié minder opsigtelik wil laat lyk, of kies een met ‘n mat afwerking as jy met ‘n olierige vel sukkel.

Kies die volgende kleure vir die volgende probleme:

  • Rooiheid: Kies ‘n groen voorbereidingslagie.
  • Donker kringe onder jou oë met ‘n ligte vel: Kies ‘n geel voorbereidingslagie.
  • Donker kolle en verkleuring: Kies ‘n appelkoos skakering.

Oogskadu eerste

Wend jou oogskadu voor jou onderlaag aan. Dit sal  makliker wees om af te vee indien jy mors.

Cheryl se beste wenk vir oogskadu: Maak die  oogskadukwassie nat sodat die oogskadu nie mors nie.

Lees ook: Wat gaste na troues toe moet dra

Kies die regte onderlaag

Die regte kleur onderlaag is baie belangrik. Wanneer jou veltoon meer pienk is, moet jy ‘n onderlaag met ‘n geel ondertoon kies, en wanneer jou ondertoon koel is, moet jy skakerings soos sand, beige of ivoor kies,” stel Cheryl Parker voor.

Kies ook produkte wat as “Photo”, “Studio”, “Insta” gemerk is. Hierdie produkte is gewoonlik spesifiek gemaak om mooi te lyk op foto’s.

Vul jou wenkbroue in

Gebruik ‘n wenkbroupotlood of wenkbroupoeier en vul jou wenkbroue in. Trek veerligte strepies met die wenkbroupotlood waar die haartjies min is. Borsel ook jou wenkbroue opwaarts, dit sal dit laat voller lyk.

Lees ook: Hoe om blompatrone hierdie jaar te omhels

Blosser

Kies ‘n roomblosser eerder as ‘n poeierblosser. Dit sal jou vel ‘n mooi, natuurlike glans en ‘n jeugdige voorkoms gee. Wend dit subtiel aan op jou wangbene en smeer egalig in. Dit is dalk ‘n goeie idee om eerder jou vingers te gebruik, stel Cheryl Parker voor.

Verbronser

Verbronsers sal jou wangbene definieer en vorm ‘n kontras saam met die sagte blosser. Kies ‘n verbronser met ‘n mat tekstuur.

Verbloem donker kringe onder die oë

Kies ‘n verbloemer met ‘n ligte tekstuur. Moenie te dik aanwend nie, want dit gaan jou plooie beklemtoon. Cheryl stel voor dat jy lig begin en meer aanwend as jy sien dit is nodig

Wimpers

Kies ‘n waterbestande maskara, indien jy ‘n traantjie pink wil jy nie hê jou maskara moet oor jou gesig stroom nie. Kies ook ‘n maskara wat jou wimpers voller laat lyk. Dit sal jou oë beklemtoon.

Jy kan ook altyd vir jou vals wimpers laat aanwend.

Lipstiffie

Skilfer jou lippe af voor jy jou lipstiffie aanwend sodat jy van daardie los velletjies ontslae kan raak.

Bevogtig eers jou lippe wanneer jy ‘n lipstiffie met ‘n mat tekstuur aanwend. Dit sal keer dat jou lippe droog lyk. Wend die stiffie in die middel van jou lippe aan en rol dan jou lippe.

Hou jou ooggrimering eenvoudig wanneer jy donker skakerings soos rooi lipstiffie kies.

Laat jou grimering langer aanbly

Kies ‘n poeier wat ligte mineraaldeeltjies bevat en wend dit met ‘n poeierborsel aan. Dit sal dimensie gee en jou grimering mooi afrond terwyl dit jou grimering langer laat aanbly.

Gebruik ‘n gesigsproei voor en ná jy jou grimering aanwend. Dit sal jou grimering seël en help dat jou grimering langer aanbly, en jou vel lekker vars laat voel.

Lees ook: 5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.