Lentelippe – hoe om warm pienk lipstiffie te dra deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff
Hooffoto: Johan Wilke
’n Helder lipstiffie kan enige vaal dag ophelder. Ons het die mooiste lipstiffies gevind wat vir jou sal werk en ons wys jou hoe om warm pienk lipstiffie te dra.
Eers moet jy uitvind wat jou veltoon is om seker te maak dat jy die regte tipe pienk vir jou gelaat kry.
Kies so die regte skakering vir jou veltoon
Wanneer jy ’n koel veltoon het, kies ’n lipstiffie met koel ondertone, soos blou-pienk, en wanneer jou veltoon warm is, kies warm skakerings soos koraal of helder pienk.
Hoe weet jy watter veltoon jy het?
Kyk na die are op jou pols: as dit meer blou lyk, het jy ‘n koel veltoon, en as dit meer groen lyk, het jy ‘n warm toon. Warm veltone is gewoonlik meer olyfkleurig of “geel”.
Blou-pienk lipstiffies vir ’n koel veltoon

Lentelippe – hoe om warm pienk lipstiffie te dra
- essence – colour up! shine on lipstick in 07 crystal polish (R49,95 beskikbaar by Dis-Chem & Clicks)
- MAC Cosmetics Satin Lipstick in REBEL (R260)
- Bobbi Brown Luxe Collection in Vibrant Violet (R550)
- Bobbi Brown Luxe Liquid Velvet Matte in Brocade (R550)
- Urban Decay Vice Lipstick in Cream “Crank” (R255)
Koraal en helder pienk skakerings vir ’n warm veltoon

Lentelippe – hoe om warm pienk lipstiffie te dra
- YSL Tatouage Couture Lipstain “Rose Ink” (R590)
- Bobbi Brown Luxe Collection in Bright Peony (R550)
- CATRICE Power Plumping Gel Lipstick in 070 (R79,95 beskikbaar by Dis-Chem)
- Clarins Joli Rouge in 749 Bubble Gum (R345)
- Urban Decay LoFi Lip Mousse in “Noise” (R300)
- Elizabeth Arden Plush Up Lip Gelato in Strawberry Sorbet (R299)
- CATRICE Matt Lover Lipstick Pen in 040 (R99,95, beskikbaar by Dis-Chem)
#rrWenke vir pragtige pienk lentelippe

Lentelippe – hoe om warm pienk lipstiffie te dra Foto: Pexels
- Mat lipstiffies is steeds mode, maar kan velletjies op jou lippe erger laat lyk. Skilfer die velletjies met ’n tandeborsel en Vaseline af.
- Wanneer jy ’n helder pienk lipstiffie gebruik, is dit ’n goeie idee om eers ’n lipvlek aan te wend en dan die lipstiffie met jou vinger in die middel van jou lippe aan te tik.
- Vol pienk lippe: Hou die res van jou grimering natuurlik met lekker baie maskara.
- As jy van nature geneig is om effens rooi in die gesig te word, gebruik ’n kleurregstellende voorbereidingslagie (primer) voor jy jou grimering aanwend.
- Gebruik ’n neutrale oogskadu op jou ooglede wat die rooiheid verbloem en steeds natuurlik lyk.
- Gebruik ’n oogpotlood in die binnekant van jou boonste ooglede om jou wimpers voller te laat lyk.
- Wees versigtig om nie te veel blosser aan te wend nie, want pienk blosser en lippe gaan te veel wees.
- Onthou altyd om dieselfde skakering blosser en lipstiffie te kies, maar saam met die helder pienk lipstiffie moet jy ’n sagter skakering blosser kies wat net help om vorm eerder as kleur aan jou gesig te gee en jou wangbene te definieer.
Vir nog wonderlike grimeringraad, loer hier