kategorieë: DekorLeefstyl

Wenke vir ’n klein spasie

Wenke vir ’n klein spasie deur Elandrè Swart. Hooffoto : pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligter materiaal

Vermy swaar materiaal en gebruik ’n materiaal soos linne vir gordyne om dadelik ’n “oop” gevoel te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Stilering met strooikussings: Wenke om jou spasie te vervolmaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kleur

Fokus op een kleur en gebruik verskillende skakerings. Dit is sagter op die oog en jy sal die hele ruimte kan inneem sonder om van item tot item te spring. Sagter skakerings laat enige vertrek groter en kalmer voel. Dink aan liggrys, millenniumpienk en laventel vir jou kleurkeuses. Verf jou vloerlyste en deurrame wit of ’n skakering ligter as die muurkleur om die effek te skep van die mure wat verder van mekaar af is.

Wees slim met jou rakke

Moenie jou rakke vul met alles wat ’n berêplek nodig het nie. Wees slim en dink mooi oor wat jy wil uitstal

Pak weg

Alles moet sy plek hê. Pak weg wat nie meer gebruik word nie en gebruik mandjies om elkedagse items binne bereik te hou.

Lees ook: Ontklotter en organiseer jou huis; hier’s raad

Spieëls

Spieëls laat enige vertrek groter vertoon, maar om groot spieëls te koop kan duur raak. Vir ’n meer bekostigbare opsie kan ’n klomp kleiner geraamde spieëls gekoop word en dieselfde kleur geverf word.

Beligting

Ons oë is geneig om die lig te volg. ’n Hanglig sal meebring dat jy die hoogte van die vertrek sien. ’n Staanlamp in die hoek van die vertrek  sal die vertrek groter laat lyk.

Was jou vensters

Vuil vensters keer nie net natuurlike lig nie, dit trek ook dadelik jou aandag weg van die fokuspunt van ’n vertrek.

Langer gordyne

Net omdat jou venster klein is, beteken nie jou gordyne moet ook wees nie. Hang jou gordyne so na moontlik aan die dak en kry ekstra lang gordyne. Dit sal jou dak hoër laat lyk.

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

Verwyder jou deure

’n Oopplanvertrek laat die ruimte groter lyk. As jy nie ʼn muur kan afbreek nie, kan jy die deure tot jou leefvertrek afhaal om ’n oopplan-gevoel te skep.

Lees ook: Wenke vir ’n klein woonkamer

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.