kategorieë: Skoonheid

Wenke vir ’n sagte wintervel

1. Vermy lang, warm baddens

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hou eerder jou badwater louwarm en gebruik eerder ’n wateroplosbare produk wat jou vel sal bevogtig as ’n borrelbad met baie parfuum in. Probeer Epizone Bath and Shower Milk by uitgesoekte apteke en winkels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Bevogtig terwyl jy was

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vervang ’n koekie seep met ’n lyfwas wat ook bevogtig. Probeer Clicks Tissue Oil Body Wash.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

3. Druk jou lyf droog

Moenie hard met jou handdoek oor jou lyf vryf nadat jy uit die bad of stort klim nie. Druk dit eerder droog.

4. Smeer dadelik lyfroom aan

Smeer lyfroom of -olie aan terwyl jou vel nog klam is om vog binne te hou. Probeer Eucerin Dry Skin Complete Repair Intensive Lotion 10% Urea of Bio-Oil.

5. Gebruik ’n hidrerende serum

Gebruik ’n serum wat hidreer voordat jy jou dag- of nagroom aanwend. Onthou, jy kan meer as een serum gebruik. Jy kan byvoorbeeld nog steeds jou teenverouderingserum gebruik (smeer dit eerste aan) en dan ’n hidrerende serum. Die goue reël by serums is om die serum wat jou hoof bekommernis aanspreek (soos teenveroudering of pigmentasie), eerste te gebruik en dan jou volgende serum. Jy kan ook een bedags en die ander een snags gebruik as jy nie tyd het vir meer as een serum nie.

6. Vervang jou vogroom met ’n ryker een

As jy bang is vir te veel vog of dat jou room nou te ryk gaan wees, vervang bv. slegs jou nagroom en nie jou dagroom ook nie. Probeer Clarins Hydra Quench Cream.

7. Moenie van jou hande vergeet nie

Ons hande word die heeltyd blootgestel aan wind en weer; die vel op ons hande is boonop dunner as die res van ons lyf en bevat minder oliekliere. Smeer sommer ekstra handeroom aan en dra handskoene as jy buite is.

8. Bly droog

Nat handskoene en sokkies kan jou vel skaaf, irriteer en inflamsie veroorsaak.

9. Bevogtig jou lippe gereeld

Gebruik ’n klam waslap om jou lippe liggies af te skilfer om ontslae te raak van dooie velletjies. Smeer jou gewone dag- en nagrooom oor jou lippe en gebruik ’n balsem soos Elizabeth Arden Eight Hour Intensive Lip Repair Balm wat ’n lagie los en keer dat vog ontsnap.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.