1. Berei jou lyf vir die selfverbruiningsproses voor: skilfer twee keer per week al die plekke af wat jy gaan bruin maak en bevogtig daagliks.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }2. Die beste tyd vir aanwending is vroegaand sodat die room kan ontwikkel en jy die volgende oggend nog noodhulp op onooglike strepe kan toepas, of noodgedwonge kan wegsteek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }3. As jou kleur streperig uitgekom het, wend lyfskrop aan, was af, smeer ’n bietjie vars suurlemoensap aan en bevogtig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }4. Moenie probeer om ’n ligte vel met een laag diepbruin te kry nie. Kies eerder ’n geleidelike verbruiner en bou die kleur op.
5. Jou kitsbruinlyf gaan op sy natuurlikste lyk wanneer jy produkte kies wat ontwikkel is vir die bepaalde skakering van jou vel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }6. Moenie vergeet om ook ’n bietjie selfverbruiningsroom aan jou voete te smeer nie, anders lyk dit of jy ’n “sokkietan” het.
7. Vra iemand om ’n handjie by te sit op plekke soos jou rug waar dit ’n gesukkel is om by te kom.
8. Gebruik produkte wat afgewas kan word as jy nie weet hoe die selfverbruiningsgrimering op jou gesig gaan lyk nie – sommige produkte is selfs water- en sweetbestand!
9. Die voordeel van selfverbruiningsrome wat gekleur is, is dat jy kan sien waar en hoe deeglik jy dit aanwend.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.