kategorieë: FiksheidGesondheid

Wenke vir winterfiksheid

Doen wat jy kan

Dis nie ’n geheim dat oefening jou gesondheid bevorder nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanbevole riglyn is ’n halfuur se matige oefening vyf keer per week. As jy jou oë hieroor rol en skuldig anderpad kyk, is daar ’n oplossing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Philipe de Souto Barreto, ’n navorser aan die Universiteitshospitaal van Toulouse in Frankryk, sê dié voorskrif skrik juis die mense af wat oefening die nodigste het sodat hulle uiteindelik niks doen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy glo kleiner mikpunte het ook belangrike gesondheidsvoordele. Een studie wat meer as 250 000 volwassenes betrek het, het bevind dat selfs ’n uur se oefening per week die sterftesyfer met 15% laat afneem het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Swem en hardloop beter!

Dis nat, koud en goor om in die winter te hardloop. Maar die goeie nuus is dat swem jou hardloop kan verbeter, want as jy lid van ’n gimnasium is, kan jy enige tyd van die dag in die verhitte swembad swem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die probleem
Hardlopers sukkel dikwels met beserings van die Achillestendons, dy- en kuitspiere. Die konstante impak van hardloop veroorsaak mikrotrauma aan die skelet en sagte weefsel en dit herstel stadiger namate ons ouer word.

Navorsers sê die skade bou veral onder ouer hardlopers op. Die eindresultaat is akute beserings en spiere en gewrigte wat hul elastisiteit en veerkragtigheid verloor en jou tree korter en “skerper” maak. Dit veroorsaak dat jou tye stadiger word.

Die oplossing
Swem het min impak en dus minder mikrotrauma. Die masserende effek van die water verbeter sirkulasie, versnel herstel en verbeter spiere se veerkragtigheid. Die weerstand van die water verbeter ook krag.

Ys dit gesond

As jy ’n spier gerek of geskeur het, of iets verstuit het, kan jy vinniger herstel as jy gou en reg optree. Onthou net die Engelse akroniem R.I.C.E wat staan vir “rest, ice, compression and elevation”. Dus: laat die beseerde gedeelte rus, plaas ys daarop, draai ’n verband om en lig die gedeelte.

Onthou om nie die ys (of pak bevrore ertjies) direk teen jou vel sit nie, veral nie op gedeeltes waar min vet en weefsel is soos op jou tone en vingers nie. Jy kan vriesbrand kry en permanente senuweeskade opdoen, want ys kan die bloedtoevoer strem as dit te lank op die vel gelaat word. Op sensitiewe dele: nie langer as 10 minute nie.

Hier is drie verskillende boeke met unieke oefensoorte wat jy in die gim of by die huis kan doen.

Spierkrag

Dis ’n hartseerfeit dat jy ná 25 stadig maar seker jou spiermassa begin verloor. Dis die grootste rede hoekom vroue met hul gewig en figuur begin sukkel, want spiermassa versnel jou metabolisme. In Strength Training for Women deur Joan Pagano word spesifiek gefokus op oefeninge om jou spiermassa te verbeter.

Nie net sal dit jou spierdefinisie gee nie, maar jou klere sal beter pas en jou metabolisme sal ’n hupstoot kry sodat jy maklik gewig verloor. Boonop is dit uitstekend om jou teen osteoporose te beskerm. Daar is ook nuttige wenke by elke oefening om seker te maak dat jy dit korrek doen.

Soepelheid

In The Pilates Promise wys die skrywer, Alycea Ungaro dat tien weke genoeg is om jou ’n heel nuwe figuur te gee. Die boek is baie duidelik uiteengesit met wenke om seker te maak dat jy die oefeninge korrek doen. Die unieke trefkrag van pilates is dat dit jou postuur verbeter en diep spiere oefen. Dit laat jou fier en regop vertoon en oefen spiere waarvan jy lankal vergeet het.

Kitsfiks

Niemand is so besig dat hulle nie 20 minute per dag vir oefen kan afknyp nie. Voeg daarby dat jy van die programme maklik by die huis kan doen, en jy het nie meer ’n verskoning nie. In The PHA (peripheral, heart, action) Workout van Matt Roberts word oefensessies met die helfte verkort deur spiergebruik af te wissel en jou hartklop aan die gang te hou.
Die boek bevat verskillende programme vir vetverbranding, spierdefinisie, spierbou en stamina. Die oefeninge vir vetverbranding kan maklik by die huis gedoen word, maar vir die ander programme het jy sekere gimtoerusting nodig. Daar is ook nuttige vraag-en-antwoord-bladsye wat probleme oplos. Toe nou, inspireer ’n vriend, metgesel of kind en durf dit aan. En dis net 20 minute …
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.