kategorieë: Sukses en geld

Die wêreld van eiendom nou binne jou bereik

Alhoewel eiendom my altyd geïnteresseer het en ek self eiendomme besit, het ek nooit daarop gefokus as ’n geleentheid nie, meestal omdat die groei van my besigheid my hoofprioriteit was, maar ek dink ook dat ek, soos baie ander mense, nie eintlik vertroue in myself gehad het wat belegging in eiendom betref nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het sowat ’n jaar gelede by die beheerraad van ’n internasionale eiendomsmaatskappy aangesluit. ’n Tipiese maatskappy met ’n sterk fokus om mans in bestuursposisies te hê, in plaas van vroue. Ek het onmiddellik besluit om die geleentheid aan te gryp om die ‘stem van vroue’ te verteenwoordig, met die droom om in die toekoms geleenthede vir vroue te kan skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek geniet dit vreeslik om te leer hoe mans hulle beleggingbesluite neem en wat die fundamentele aspekte is as jy na eiendombelegging kyk. Dis reeds moeilik om in ons eie land besluite te neem in terme van eiendomsbeleggings, wat nog te sê in 3 kontintente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek is nie seker of ek op my eie braaf genoeg sou gewees het om in ander lande in eiendom te belê nie, maar wat ek wel weet en geleer het, is dat soos met enigiets in die lewe, jy jou kennis moet opbou en jouself moet skaar met die beste in die bedryf.

Ons vrouens is nie net bang om in hulle eie land te belê nie. Die gedagte om eiendomme in ’n ander (vreemde) land te koop, is so ’n uitheemse konsep vir baie dat hulle dit nie vir hulself sal oorweeg nie. As jy in vandag se ekonomie enige spaargeld in buitlandse beleggings sit, neem jy een van die beste besluite wat jy kan om jou geld teen die dalende Rand te beskerm. Ons wisselkoers raak nie beter nie en deur goeie en sterk eiendombeleggings te maak, kan jy nie net geld maak deur profyte in die eiendom nie, maar trek jy ook voordeel soos wat die Rand verswak. Deur ’n internasionale portefeulje op te bou, besit jy in harde geldeenheid ekonomie in stabiele ekonomieë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die groot geleentheid vir almal, veral vir vroue, is groepbelegging (crowdfunding). Dit is groot in die VSA en begin ook goeie momentum kry in Suid-Afrika. Dit is ’n uitstekende manier om in groot kommersiële geboue of ontwikkelings te belê saam met ander wat die risiko verminder. Jy het nie die hoofpyn om na die eiendom om te sien nie en jy deel in die kwartaalikse winste.

As jy die paadjie na finansiële vryheid wil stap, is die feit dat jy aksie neem belangrik. Vind meer uit, vra vrae, bestudeer die feite en leer jouself om die geleenthede beter te verstaan. Wanneer jy die vertroue het, investeer en bou jou portefeulje oor tyd. Hoe vinniger jy begin, hoe vinniger sal jy die vrugte pluk.

“Hilda is ’n entrepreneur en een van die min vrouen wat haar besigheid in minder as 10 jaar opgebou het tot 9-syfer omset per jaar voor sy die internasionale besigeidswêreld betree het. Vandag het sy belange in verskeie besighede maar is veral passievol as spreker vir vroue, sukses en is veral opgewonde oor die geleenthede wat die wêreld se eiendomsmark bied veral vir vroue om eiendoms porteulje op internasionale vlak, te kan opbou. Hilda is ’n toegewyde ma van twee jong kinders, skrywer en filantroop.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

24 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.