kategorieë: Ons menseBekendes

Wie is Tali Babes?

Julia Anastasopoulos verskyn in die Showmax Original-reeks, Tali’s Wedding Diary. Hierdie mokumentêre reeks volg die lewe van ’n selfbehepte Sandton-prinses genaamd Tali (Anastasopoulos) wat Kaapstad toe trek en haar troue saam met die eiendomsagent Darren (Anton Taylor) beplan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie reeks met agt episodes is sedert 14 Desember 2017 beskikbaar op Showmax. As jy wil binge watch kan jy dit alles op een slag aflaai …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees hier vir meer agtergrond oor dié nuwe reeks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die program is ontwikkel deur Julia en Ari Kruger, Julia se man en die vervaardiger van Suzelle DIY. Hulle sê hul eie troue was die inspirasie vir dié skreeusnaakse reeks. “Daar is soveel komiese situasies rondom troues reël,” sê Julia. “Jy ontmoet die snaaksste mense en daar is soveel goed wat gebeur wat amper te vreemd is om te glo. Tog het ons nog nooit ’n parodie oor troues in ’n Suid-Afrikaanse konteks gesien nie.”

Foto deur Gareth Wiese met vergunning van Showmax

Kruger en Anastasopoulos het ’n blink rolverdeling geskep wat name soos Lara Lipschitz, Glen Biderman-Pam, Kate Normington en Guy De Lancey insluit. Jy kan ook kamee-verskynings verwag van bekendes soos die Top Billing-aanbieder Lorna Maseko, Nic Smal van Derek Watts and the Sunday Blues, Nicci Saint Bruce van Push Push, lede van Al Bairre en, natuurlik ook Gina Collins wat Marianne in SuzelleDIY vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na Tali se Instagram-rekening

Julia sê Suzelle en Tali is baie uiteenlopend. “Almal is lief vir Suzelle, maar gehore gaan daarvan hou om vir Tali te haat – sy is ’n bridezilla wat vasbeslote is om die perfekte troue te hê – met of sonder haar toekomstige man.”

Kyk hier na Suzelle en Tali se eerste ontmoeting.

Lees ons onderhoud met Julia Anastasopolous hier

Loer hier na die amptelike lokprent vir Tali’s Wedding Diary:

Klik hier om Tali’s Wedding Diary op Showmax te kyk.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.