kategorieë: TrendsMode

Winter 2016 se kleurwiel

Ek hou meer van winter- en herfskleure as van die somer se helder skakerings of sagte pastelle. Die aardse en juweelkleure van die winter skep ’n gesofistikeerde gevoel en die kleure werk goed saam met (tydlose) swart, wat deesdae my gunstelingkleur is. Jy sal  altyd elegant lyk wanneer jy van kroontjie tot toontjie in swart uitgevat is. Dit bly maar stylvol. – Susra Matthee (moderedakteur).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moet-hê items

• Bloese met hoë halse en strikkrae
• Leergordel
• Aanglipskoene
• Geplooide romp
• Borsspelde
• Bruin of grys jas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kleurwiel

• Goud

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir ’n moderne, minder uitspattige goue voorkoms, kies ’n blink goue romp by ’n fyn gebreide truitjie. Die besondere styl is die ideale werkvoorkoms. Vermy ’n bonkige trui by die romp omdat dit maklik outyds kan lyk. Let ook op die snit van die romp. Ons het vir seker nog nie die laaste van die immergewilde midi-romp gesien nie. Volgens die modetydskrif InStyle is dié rompe met die Winter/Herfs 2015/16-vertonings glo 2 627 keer op Pinterest te sien. Volg ons op Pinterest.


• Swart

‘Victoriaanse swart’  is die nuwe swart. Die gevoel is sag, maar met baie drama – dink fladderende chiffon, delikate borduurwerk en die mooiste kant.

Een van die winter se moet-hê items (in enige kleur) is die bloes. Die keer is die kledingstuk sagter, vrouliker en van ligte materiaal (nie katoen nie). Die bloes is met valle en kantdetail versier en met ’n strik of ’n hooggesnyde kraag afgerond.


• Rooi

Skarlakenrooi, bloedrooi, tamatierooi, noem dit wat jy wil, solank jy net rooi dra, want dié baldadige kleur is in. Dra rooi van kroon tot toon, of saam met ligpienk. Ja, saam met ligpienk, en moenie bang wees nie, jy sal nie soos ’n Valentynsgeskenk lyk nie.

Wie lyk goed in rooi? Vroue met medium tot donkerbruin hare en helder groen of blou oë lyk goed in helder rooi. Mense met ligte velle lyk beter in ’n ligter rooi, en moet liefs donkerder skakerings soos maroen vermy.


• Roes

Dis nou nie juis of ’n mens gaande raak oor roes nie, maar kom dit by haarkleur, grimering en klere, bly dit ’n gunsteling en is dit gelukkig ook een van die kleure van die seisoen.


• Mostert

Die ‘afskeepkleur’ is met mening terug en boonop statiger as voorheen. Victoria Beckham en Prada was van die eerstes wat mosterd op die loopplank gebruik het.

Wie lyk goed in Mosterd? Mosterd lyk goed by donker velle en donkerbruin hare.


• Mosgroen

Dink aan al die skakerings van mos in die natuur: van die helderder geelgroen kleure en kakiegroen tot donker, byna dennegroen. Dié kleur word ‘mosgroen’ genoem en is perfek vir die luukse, stedelike styl met sy weelderige materiale.


• Geskroeide lemoen

Die sewentigerjare se style is vanjaar effens deftiger: lang rokke met Boheemse patrone, weelderige materiale, fraiings en in herfskleure. Maar dit beteken nie jy moet die uitklokbroeke en rolhalstruie wegpak nie.


• Eiervrug

Dink aan al die skakerings van ’n eiervrug – van ’n ligter tot ’n diep-pers – en jy het die presiese skakerings wat dié winter hoogmode is.


• Kameel

Die sogenaamde ‘nerd’-styl lyk besonder goed in kameelkleur, rooskwarts en kakao. Ikoniese items soos strikbloese, brille en (nagemaakte) skouerpelsies is die moet-hê stukke vir die voorkoms. Die stukke werk ook goed saam met jasse in die vintage-styl en herfskleur rompies met baie tekstuur.

Wie lyk goed in kameel? Roesbruin- en rooikoppe en natuurlike, aarbeikleurige blondines lyk die beste in skakerings van kameel- en roomkleur. Die kontras tussen ’n porseleinvel teen ’n donker kameel- en taankleur lyk ook baie goed.


• Rooskwarts

Rooskwarts, een van die Pantone-kleure van die jaar, pas goed by die sagte kleure van die skoonheidskoningin-neiging. A-lyn mini’s, ‘babydoll’-rokke en blink skoene in rooskwarts en ander pastelkleure was volop op die loopplanke. Hou by afgeronde lyne soos ’n snyers- jas of gestruktureerde rok sodat jy nie te jonk te lyk nie.


• Kakao

’n Bruin jas is een van dié moet-hê items vir die winter. Vanjaar se jas is oorgroot met ’n effense militêre gevoel. Bruin is ook die stapelkleur van klere in die sewentiger- en stedelike styl.


• Sement

Grys en al sy skakerings is in die mode. Jy kan die verskillende skakerings van grys saam dra, of met bruin of kameelkleur kombineer.

Onder mans en vroue, in al die wêreldstede, bly grys die grootste “stadskleur”. ’n Kleur wat ’n stelling maak. Skoon lyne werk goed saam met grys.


• Cabernet

Van die kleur in jou wynglas tot die vlek wat dit op jou lippe maak, hier is ’n kleur wat jy ernstig moet opneem.


• Diepsee blou

Die blou kleur vir die seisoen moet een van die skakerings van die diepblou see wees – dink van donker turkoois tot vlootblou.

Dra ’n helder blou jas of rok saam met ander skakerings van blou of neutrale kleure, of ’n oorgroot donkerblou gestreepte hemp met opgerolde moue en toegeknoopte kraag by denims of ’n swart broek. Die nuwe blou denim is nie rekbaar nie, pas losser en moet by die some opgerol word.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.