kategorieë: In die nuus

Sosiale media se flaters

Daar was ’n tyd toe ’n sosiale flater iets was soos die stil kollega wat op die Kerspartytjie op die tafels dans ná sy te veel vonkelwyn gedrink het. ’n Tydelike verleentheid wat oorwaai en vergeet word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hedendaagse sosiale flaters kan soos slegte weer binne elf uur om die aardbol versprei. Justine Sacco sal weet waarvan ons praat. Haar rassistiese twiet oor vigs wat sy net voor ’n vlug uit Londen na Suid-Afrika aan ’n paar volgelinge gestuur het, het voor sy nog geland het wêreldwyd opskudding veroorsaak. Sy is sosiaal verwerp en was ook haar werk in New York kwyt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tog bly mense dieselfde foute maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Reëls van sosiale media

• Ouers moet seker maak dat tieners en studente bedag is op wat hulle op sosiale media pos.
• Onthou, alles wat jy aanlyn pos, is vir ewig. Jy kan dit uitvee, maar dit kan opgespoor word en kan selfs teen jou in ’n hofsaak gebruik word. (*Lees die kassie oor sosiale media en die reg.)
• Behandel ander soos jy behandel wil word. Dink of jy dit sou sê as julle mekaar in die oë kyk.
• Moenie alles in hoofletters skryf nie. Dit lees moeilik en is ’n vorm van “digitale skree”.
• Moenie iets skryf as jy kwaad of emosioneel is nie. Wag tot jy afgekoel het, want dis moeilik om gedane sake ongedaan te maak.
• Bly weg van twitter en facebook as jy aangeklam of ontsteld is. Jy gaan dit berou.
• Maak dit ’n reël dat jy nie saans ná tien enigiets stuur nie.
• Dink mooi voor jy foto’s van jouself en ander mense pos. Op facebook kan ander mense dit tag en aanstuur.
• Nie almal hou daarvan om in ’n foto ge-tag te word nie. Stuur ’n e-pos of private boodskap aan die persoon voor jy dit die eerste keer doen en vra of jy dit in die toekoms mag doen.
• Moet nooit persoonlike inligting oor jouself bekend maak soos jou volle naam, adres en foonnommer voor jy mense baie goed ken nie. Dis vir jou eie veiligheid en om identiteitdiefstal te keer.
• Moenie die status van jou verhouding verander voor jy dit met jou metgesel bespreek het nie.
• Voor jy ’n status update doen, kan jy die friends-knoppie (wat net langs die post-knoppie is), druk en besluit wie van jou vriende dit mag sien. Almal, of net familie en goeie vriende.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In die kantoor

• Maak ’n afspraak voor jy ’n videopraatjie met iemand het.
• Maak seker jou omgewing is geskik voor jy tot ’n videopraatjie instem. Kyk na alles wat die kamera sou kon sien. Dit sluit onvanpaste leesmateriaal of vertroulike dokumente in.
• Vra voor jy ’n YouTube-video laai wat ander mense insluit.
• Wees versigtig voor jy kritiek lewer of iemand se blog afkraak. As jy nie iets opbouends kan sê nie, bly stil.
• Moenie in ’n woordewisseling betrokke raak met iemand wat op jou blog onvanpaste kommentaar lewer nie. Vee dit uit en moenie tyd daarop mors nie.
• As jy wel besluit om te antwoord, lees jou pos hardop uit. Soms kan dit dubbelsinnig of onduidelik wees, wat tot verdere misverstande lei. En dink twee keer voor jy die knoppie druk.
• Kies jou profielfoto met sorg – selfs as dit jou persoonlike facebook is. Geen foto’s in ’n kroeg of waar jy aan ’n betoging deelneem nie, behalwe wanneer dit deel van jou werk is.
• Lees twee keer vir spelfoute en moenie te veel afkortings gebruik wat tot misverstande kan lei nie.
• Gebruik direkte boodskappe as jy privaat wil gesels, maar hou sensitiewe inligting en onderwerpe vir ’n foonoproep of ontmoeting.
• As iemand iets oor jou pos wat jou ongemaklik laat voel, laat hulle weet en vra dat dit verwyder word.
• Kry verskillende profiele vir jou werk en private gebruik.

Sosiale media kan teen jou in ’n hof gebruik word

Vakansiefoto’s en selfs private boodskappe op facebook kan nou teen jou gebruik word as bewyse in die hof. Dit sluit alle inligting op twitter, DropBox en iCloud in. Dus alle inligting wat jy aanlyn stoor.

• In Februarie 2016 het ’n saak in die Oos-Kaap voorgekom waar ’n man onregmatig (sonder soekbevel) inligting van sy voormalige vennoot se facebook gekry het wat bewys dat lg. besig was om wederregtelik kliënte van hom af te rokkel. Hoewel hy die inligting onwettig verkry het, het die hof steeds bevind dat die inligting as bewyse gebruik mag word. Dit het getoon dat alle regte,
soos jou reg op privaatheid, beperkinge het.
• ’n Regter in die staat New York het ’n man toestemming gegee om toegang tot sy gewese vrou se facebook te kry om te bewys dat sy bitter min tyd saam met hul vierjarige kind deurbring en gedurig op reis en vakansie is.

Laat facebook vir jou werk

Jy word aan jou vriende geken. Volgens Snelling.com, ’n leier in die werkverskaffingsbedryf in Amerika, lyk dit of byna 90% van werkgewers na jou facebookblad kyk voor hulle ’n onderhoud toestaan. Dink weer voor jy foto’s van daardie vrolike strandpartytjie pos waar mense op die agtergrond dagga rook.
– Raak ontslae van negatiewe pos op jou facebook, of dit nou goed is wat jy gepos het, of dinge waar jy ge-tag is.
– Onthou jy het ook ’n aanlynpersoonlikheid en voornemende werkgewers kyk daarna voor hulle aanstellings maak.
– Raak betrokke by liefdadigheid en pos daaroor op jou facebook.
– Skryf oor prestasies sodat dit in ’n Google-soektog opgespoor kan word, maar doen dit subtiel, soos om die mense te bedank wat jou ondersteun het.

Jou privaatheid op facebook

Aktiveer jou privaatheidsverstellings op facebook so:
Gaan na jou boonste gereedskapslys (toolbar) en klik op die pyltjie wat heel regs langs die slotjie verskyn. Hier is ’n verskeidenheid verstellings wat jy kan doen.
– Jy kan spesifiseer dat jy eers alle foto’s wil sien waarin jy ge-tag word voor dit aan jou profiel gekoppel word. Dan kan jy besluit of jy dit so wil hê.
– Jy kan ook facebook-vriende groepeer sodat jou familie alles sien, maar minder intieme vriende net sekere goed.

Ligloop

Onthou, sosiale media maak dit maklik vir iemand om ’n potensiële slagoffer te agtervolg, waarsku Robyn Farrel, uitvoerende hoof van First for Women Insurance. Wees baie versigtig vir verstellings op jou foon en facebook wat aandui waar jy is, en moet nooit verklap in watter jaar jy gebore is nie. Dit verhoog die risiko op identiteitsdiefstal.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.